Author Topic: Voormalige Plaasjapie se 'CV'  (Read 4344 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Voormalige Plaasjapie se 'CV'
« on: January 23, 2013, 02:23:18 AM »
Duisend dankies PM vir die aandra en deel van hierdie woordpret!

Jongman-soek-plaaswerk

Het ervaring in:

•    Die verkeerde perd opsaal
•    Te veel hooi op die vurk laai
•    ‘n Eiertjie bylê
•    Jongosse inspan
•    Katte skiet
•    Ou koeie uit die sloot grawe
•    Met die hele mandjie patats uitkom
•    Deur die wingerd loop
•    Wrange vrugte pluk
•    Die put demp as die kalf verdrink is
•    Die room afskep
•    Op eiers loop
•    Balke saag
•    Twak verkoop
•    Appels swaai
•    Wys waar Dawid die wortels begrawe het
•    Pêrels voor die swyne werp
•    Met anderman se kalwers ploeg
•    Met die hoenders gaan slaap
•    Die bul by die horings pak
•    Vir wolf skaapwagter maak
•    Gods water oor Gods akker laat loop

– Dom Boer