Author Topic: Staker, wat is jou probleem?  (Read 5026 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Staker, wat is jou probleem?
« on: January 22, 2013, 07:24:42 PM »
Staker, wie hou 'n pistool teen jou kop om te werk waar jy werk?   Hoekom bedank jy nie net en gaan kry vir jou 'n werk wat meer lonend is nie?   Ek belowe jou, daar is honderde mense wat in 'n ry staan vir jou werk. 
Van wanneer af kan jy in elk geval vir jou werkgewer voorskryf wat hy jou moet betaal?  Die wêreld het so mal geword soos 'n haas!
Wie gee jou die reg om te staak en dan 'n oproerige barbaar te word deur almal se goed af te breek en te vernietig of blatant te steel?  Jy is 'n barbaar en dit is wat jy altyd sal wees - 'n barbaar wat onskuldige mense met klippe bestook en hul swaar verdiende eiendom te vernietig!   Jy het geen respek vir die individu of die wet nie.  Jy eien jouself alle regte toe.  Jy het regte.  Jy, jou krimineel.  Wetsgehoorsame burgers het geen regte nie, alles kom jou toe?  Hoe kom jy tot hierdie gevolgtrekking?  Jy is 'n skande vir jou ras en vir die samelewing!

Meneer die president!  Waar de hel is jy?  Terwyl jou mense en die land in duie stort, hou jy iewers vakansie onder die vaandel van?   Of is dit net lekker om die belastingbetaler se geld op te vreet en uit te djol?  Skuus, dit moes 'n uitroepteken wees, nie 'n vraagteken nie. 
« Last Edit: January 23, 2013, 08:27:11 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #1 on: January 22, 2013, 11:23:12 PM »
Wens hierdie boodskap kon aan elke lamp- en telefoonpaal gepryk het PM!!  :notworthy: :icon_salut:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #2 on: January 23, 2013, 07:58:07 AM »
ons ken mos die storie van Jan Bos: jy kan jan uit die bos haal maar nie die bos uit Jan nie.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #3 on: January 23, 2013, 09:54:27 AM »
Feit soos 'n paal bo water daai Stefaans  :notworthy:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #4 on: January 23, 2013, 08:27:24 PM »
Feit soos 'n paal bo water daai Stefaans  :notworthy:

(G)rieta...jy weet mos daars dinge in di elewe wat dieslefde bly al verander baie ander goed.

maar ek het steeds hoop, baie hoop. kyk vorentoe en boontoe.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #5 on: January 23, 2013, 09:05:52 PM »
Ek is pal aan die wonder.  Ek wonder of dit 'n goeie ding is om in hierdie land vas te byt.  Met Zuba en sy gespuis wat praat van "land reform" wonder ek hoeveel mense is verseker van hulle grond en hulle voortbestaan.  Ek wonder of dit nie die begin van nog 'n Zimbabwe is nie?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #6 on: January 23, 2013, 11:12:04 PM »
Tyd sal leer liefste matertjie en ons saam met julle bekommerd. Stefaansie, (G)rieta en haar gesin kyk saam met julle Boontoe en hoop, hoop, hoop vir uitkoms vir SA, want behalwe vir ons kinders en kleinkinders hier, is al ons geliefdes wat julle insluit - nog daar.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #7 on: January 24, 2013, 06:52:17 AM »
dis een van die redes dat ek vir die seuns geseg het hulle moet gaan leer en werk en nie plaas toe kom om te boer nie, die ander rede is dat die plaas te klein is om nog 'n geslag duer te dra tot hulle einde. en dan al is dit hoe ongelukkig en nie lekker om jou kinders min te sien nie, as hulle werk kry in ander land en hulle wil moet hulle maar oppak en trek.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #8 on: January 24, 2013, 07:09:16 AM »
Ek is oortuig daarvan dat dit nie kan werk om 'n plaas vir 'n man met geen kennis en kapitaal te gee nie.  Al betaal jy al die eerste jaar se finansiĆ«le insette, sal dit nog nie werk nie. 

Daar is nou heelparty buurstate wat boere verwelkom, maar wat le^ nou weer in die toekoms en wag?  Ek glo nie ek sal daardie kans waag nie.  "Once bitten, twice shy."
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Staker, wat is jou probleem?
« Reply #9 on: January 24, 2013, 07:59:38 AM »
Ja ek is ook bevrees dat dit kan gebeur in die afrik lande dat ons boere nou die landbou opbou en 20 tot 40 jaar van nou is daar 'n geslag aan bewind wat nie die geskiedenis ken en nie weet en besef hoekom die blanke boere in hulel lande so goed boer en dan hulle weer land uit jaag soos in die verlede. Met 'n ander regering as wat nou in daardie lande is weet mens nooit.