Author Topic: 'n Paar grappies  (Read 12891 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Paar grappies
« on: January 22, 2013, 12:39:00 PM »
Ek het 'n paar grappies hier gaan leen om ook 'n laggie in ons daggie te sit.

http://www.proagri.co.za/oppiestoep/boer-se-lag/Jongman-soek-plaaswerk.html

Die blondine betrap haar kêrel en ‘n ander meisie warm aan die vry. Sy druk ‘n pistool teen haar eie kop. Haar kêrel spring op en sê: "Wag, wag! Moenie iets onverantwoordeliks doen nie!"
"Bly stil, jy is volgende," antwoord sy.

‘n Man loop in die park waar hy 'n vrou op 'n bank sien sit met 'n hond wat langs haar lê. Hy is baie lief vir honde en wil die hond streel, maar eers vra hy haar: "Mevrou, byt jou hond?"
"Nee, my hond byt nie."
Die man vryf oor die hond se kop, maar die dier hap sy hand dat die bloed loop. Woedend skree hy vir die vrou: "Ek dog jy sê jou hond byt nie!"
"Hierdie hond,'' sê die vrou komkommerkoel, ''is nie my hond nie."

Die passasier tik die taxidrywer op sy skouer en sê vir hom iets. Die drywer skree, verloor beheer oor die kar, mis 'n aankomende bus met 'n haarbreedte, ry oor die sypaadjie en kom sentimeters van 'n vertoonvenster tot stilstand.
Vir 'n oomblik is alles doodstil, toe sê die drywer "Kyk meneer, dit moet jy nooit weer in jou lewe aan my doen nie. Ek het my half dood geskrik!"
Die passasier vra om verskoning en sê hy het nie geweet die klop op die skouer sou hom so laat skrik nie.
Die drywer antwoord: "Alles reg - eintlik is dit my skuld. Jy sien dit is vandag my eerste dag as 'n taxidrywer. Vir die afgelope agtien jaar het ek lykswaens bestuur!"

'n Man jaag deur 'n snelstrik en besef sy flater toe hy die patrolliemotor sien wat oorgaan tot aksie. Hy besluit om weg te jaag, maar sien hoe die patrolliemotor hom stadig maar seker inhaal. Ten einde laas besluit hy maar om te stop en die gevolge te dra. Toe die beampte by hom kom, haal dié sy boekie uit sy sak en sê vir die bestuurder. "Kyk man, ek het 'n moeilike dag gehad en nou staan jy nog en wegjaag ook. Jy beter 'n baie goeie verskoning op dis sodat ek jou nie moet toesluit nie!" "Ag," sê die man " . . .my vrou het verlede week met 'n patrollieman weggeloop en ek dog toe dis jy wat haar dalk wil terugbring!"

Hennie se hond kom by die huis aan met die buurman se duur, ingevoerde Angora-konyn in sy bek. Die konyn is erg besmeer en deeglik dood. Hennie wil nie kwaaivriende met die buurman raak nie en maak ‘n plan: Hy was die dooie konyn deeglik, blaas hom met sy vrou se haardroër droog en gaan sit hom stilletjies in sy hok terug.
‘n Rukkie later loer die buurman oor die heining en sê: “’n Baie snaakse ding het gebeur. My konyn het gister gevrek en ek het hom begrawe. Vanmôre lê hy sowaar silwerskoon terug in sy hok.”

Hennie: “Ek hoor jy’s verlede week getroud. Hoe lyk jou nuwe vrou?”
Heinie: “Om die waarheid te sê, is sy nie eintlik mooi nie; trouens sy is maar lelik, maar sy het ‘n pragtige innerlike.”
Hennie: “O. Dis jammer jy kan haar nie omdop nie.”

Stadsboer: “Wat het jy verlede jaar vir jou koei ingegee toe sy siek was?”
Dorpsboer: “Terpentyn.”
Die volgende dag sê die stadsboer: “Ek het die koei toe terpentyn ingegee, maar sy het net daar op die plek dood neergeslaan.”
Dorpsboer: “Dis snaaks. Myne het presies dieselfde gedoen.”

Die minister van Landbou besoek ‘n plaas en maak of sy baie belangstel in die boerdery. “Hoekom het daardie bees nie horings nie?” vra sy.
“Daar kan verskeie redes wees waarom beeste nie horings het nie,” antwoord die boer geduldig. “Horings kan ander beeste beseer, daarom onthoring boere beeste chemies of met ‘n onthoringbout wat met hitte werk of met ‘n horingknipper- of saag. Sommige rasse word ook totaal sonder horings gebore. Maar hierdie besondere bees het nie horings nie omdat dit ‘n perd is.”

Jare lank het ‘n bedelaar voor die koöperasie gesit en die jammerhartige boer het elke maand as hy sy goedjies kom koop vir die stomme man R20 gegee. Een maand begin die boer egter om net R15 gee. Die bedelaar is ‘n bietjie dikbek, maar aanvaar dit maar.
 ‘n Jaar later gee die boer net R10 en die bedelaar vererg hom: “Haai ou,” sê hy, “toe jy van R20 na R15 afgekom het was ek geduldig, maar nou gee jy net R10. Hoekom so min?”
 “Ag ek is jammer Meneer,” antwoord die boer verleë. “Jy sien, my seun is verlede jaar technikon toe en dit kos my baie geld, sodat ek nie genoeg geld gehad het om jou elke keer R20 te gee nie. En nou is my dogter universiteit toe en dit kos nog meer geld...”
 “Hoor hier, hoeveel kinders het jy?” vra die bedelaar.
 “Daar is nog twee in die hoër skool en een in die laer skool,” antwoord die boer.
 “Wel, ek hoop nie jy is van plan om hulle almal op mý koste te laat leer nie!”

‘n Man loop die kroeg binne en skree: “Alle politici is rowers!”
‘n Groot ou gryp hom vas, skud hom rond en sê: “Jy sal daardie woorde sluk of ek slaan al jou tande in jou keel af.”
“Is jy ‘n politikus?” vra die eerste ou.
“Nee, ek is ‘n rower.”
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Paar grappies
« Reply #1 on: January 23, 2013, 02:16:33 AM »
Dankie baie baie vir ons lagpilletjie virrie dag van vandag PM  :love7: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Paar grappies
« Reply #2 on: January 23, 2013, 08:40:56 AM »
'n Mens moet lag, al is dit net vir die dom blond.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 'n Paar grappies
« Reply #3 on: November 21, 2018, 12:30:42 PM »
Die blond se IK was os laag, as sy tot by tien tel kry sy hoogtevrees.

Oupa se altoos blondines is nie so dom soos wat hulle lyk nie... Niemand kan so dom wees nie.




 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Paar grappies
« Reply #4 on: November 21, 2018, 12:35:21 PM »
Dit is regtig lelik.   :icon_biggrin:
Naas, help my onthou asseblief, wat en hoekom skree die hadida so?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Paar grappies
« Reply #5 on: November 21, 2018, 12:48:43 PM »
'n Hadida is n snaakse voël. Hy ly aan hoogtevrees en as hy afkyk terwyl hy vlieg gil hy aanmekaar haaaaa deeee daaaa!!!


 :icon_bigsmurf: 
« Last Edit: November 21, 2018, 05:02:19 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 'n Paar grappies
« Reply #6 on: November 21, 2018, 01:05:42 PM »
Buurman vra aan sy blonde buurvrou wat sy elke dag so lank in die groentetuin doen in haar kamerjapon.

Sy antwoord: "Ek flash vir die tamaties dat hulle kan rooi word."

Buurman: "Enige sukses?"

Blond: "Nee, maar die komkommers groei buite beheer!"


 :mumum:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 'n Paar grappies
« Reply #7 on: November 21, 2018, 01:10:07 PM »
Twee blonds sit en gesels.
Eerste blond: "Ek het 'n swangerskap toets gedoen!"
Tweede blond: "Was die vrae moeilik gewees?"


Wat het die blondine gesê toe sy eendag sien hoe 'n vrag kitsgras by haar buurman afgelaai word?
"As ek eendag ryk is gaan ek ook my gras wegstuur om gesny te word."




Die blondine is al desperaat om werk te kry en met die onderhoud vra die werkgewer haar watse vergoeding sy sou verwag.
“Meneer” sê sy, “ek is bereid om vir R500 'n maand te werk so desperaat is ek.”
“Net R500 'n maand? Met plesier!” roep die werkgewer uit.
“Nee, meneer, met plesier ingesluit sal dit jou R1000 per maand kos.”


 :mumum:
« Last Edit: November 21, 2018, 08:01:01 PM by Naas »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Paar grappies
« Reply #8 on: November 21, 2018, 06:07:55 PM »
Ek ken daai vrae, dit is baie moeilik.   :evil6:   Wie, wat, waar, wanneer, maar moenie komkommer oor waarom nie!   :icon_biggrin:


Om te weet is om te verstaan.