Author Topic: Eksamen(v)laters  (Read 8035 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Eksamen(v)laters
« on: January 21, 2013, 12:01:02 AM »
Aurora: Hierdie een het werklik in 'n matriek eindeksamen voorgekom:

*Maak 'n sin met: DIE LOEF AFSTEEK
"Toe my suster se kerel kom kuier, en my pa hulle op heterdaad betrap, het hy haar kerel se loef afgesteek"

*Uit 'n Engelse opstel wat ek gemerk het:
It was a wonderful holiday. Every day I went to lie on the bitch.

*In die Afrikaanse vraestel: Maak 'n sin met 'peusel'
Antwoord: "My ma het per ongeluk my pa se peusel in die laai vasgeknyp"

*In die Aardrykskunde klas: Gebruik Helsinki in 'n sin, sodat ek kan aflei waar dit gelee is.
Antwoord: "Toe ek my pa se motor stamp, het hy gese: Helsinki, vir jou gaan ek opmooooo....ker!

Vossie:
Die twee Japanese stede wat getref was: Herosjima(?) en Kawasaki!  Ekke self!  (Verskoon die spelling)
 
Piet Magriet:
In st. 6 (daai jare) het ons ook so 'n geskiedenis onderwyser gehad.  Jy het aan sy lippe gehang en hy was ook baie lief vir sy stories.  Die einde van die jaar kry ek 13% (as dit so baie was) met 'n briefie onder aan in rooi geskryf.  "Hierdie was 'n Geskiedenis vraestel, as jy nou in die Afrikaanse klas was kon ek jou 100% vir jou opstel gee!
« Last Edit: January 21, 2013, 02:12:23 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Eksamen(v)laters
« Reply #1 on: January 22, 2013, 12:52:30 AM »
• Die koekoek is ’n voël wat nie sy eie eiers lê nie.

• Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy en of altwee van hulle buig.

• ’n Sirkel is ’n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end.

• Die maan is ’n planeet net soos die aarde, maar dis selfs nog meer dood.

• Vegatiewe voortplanting is ’n proses waarin een individu per ongeluk ’n ander individu vervaardig.

• Bloed vloei in die een been af en in die ander been op.

• ’n Mens behoort een keer in die somer te bad en nie heeltemal so dikwels in die winter nie.

• As jy nie genoeg jodium in jou bloed het nie, kry jy ’n gletser.

• Hulp met beenbreuke: om te sien of die ledemaat gebreek is, wikkel dit saggies heen en weer.

• Raad vir neusbloeding: plaas die neus baie laer as die liggaam.

• Raad by verstikking: pas kunsmatige asemhaling toe totdat die pasiënt dood is.

• As jy ’n reuklose gas ruik, is dit waarskynlik koolstofmonoksied.