Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Diereversies

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
PM: Die verkluimde akkedis

Net hier voor my op die grond
Het ek die liefste ding gekry-
Stertjie rooi, en verder bont
En nie die minste bang vir my!

Kyk, ek neem hom in my hand.
Foeitog, kleinding, wat is jy?
Hier-jy, haai! Jou klein kalant!
Kyk nou hoe laat skrik jy my!


My Skilpad

Dit is my skilpad (maak vuis met duim vorentoe)
hy woon in sy dop (steek duim in vuis weg)
Wanneer hy kos kry, dan loer hy daaruit (uit met duim)
Maar dis nie lank nie, of in is sy kop. (in met duim)


Trippe Trappe Trone

Trippe  trappe trone,
varkies in die bone,
koeitjies in die klawer,
perdjies in die hawer,
gansies in die groene gras
eendjies op die waterplas.
Ek wens dat kindjie groter was,
om al die diertjies op te pas.


Die honger hasie

Ek sien 'n honger hasie (steek twee vingers soos hasie-ore in die lug)
en 'n groen koppie kool. (bal die ander hand in 'n vuis)
Toe begin die ander hasie
lekker knibbel aan die kool. (regterhand knabbel aan linkervuis)
Maar nou hoor die hasie iemand ("spits" twee hasie oor vingers)
en hy sien 'n boer kom aan.
Toe sê daai hasie haastig:
Ek sal liewer huis toe gaan (hand huppel weg)


Die wind die waai

Die wind die waai,
Die haan die kraai,
die bok staan op sy tone
en steel die boer se bone.
Die boer kom met 'n kweperlat
en slaan hom op sy linkerblad.
Wielie, wielie, walie

Wielie-wielie-walie,
die aap sit op die balie.
Tjoef-tjaf val hy af;
tjoef-tjof
klim hy op!
Wielie-wielie-walie.

Apie

Daar is 'n apie op 'n stokkie
voor my ma se agterdeur,
daar's 'n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie loer daardeur.

Kat en Muis

'n Kat sê eendag vir 'n muis:
"Ek voel tog so alleen,
kom speel hier met my in die huis,
dan gee ek jou 'n been!"

"Nee dankie," se die slimme muis,

"Ek bly maar weg van jou -
by katte voel ek glad nie tuis,
hulle wil my beentjies kou"

Naas:
Jakkals nooi vir gansie
Kom eet vanaand by my
Daar's heerlike kossies
en uintjies uit die vlei.
Nee dankie se die gansie
as ek vanaand by jou kom eet
vreet jy my sekerlik op.

Aurora:

Daar's 'n diertjie op die weiveld
Voor my ma se agterdeur
Daar is kolle op sy lyfie
En hy probeer die blad beheer!

PM:
WIPPIE EN SNIPPIE

    Wippie en Snippie loer uit by ‘n gaatjie.
    Wip is ‘n muisie en Snip is sy maatjie.
    “Wippie en Snippie, daar kom die groot kat!”
    Woerts glip die twee muisies weer trug in die gat.

DIE JAKKALS EN DIE EENDJIE

    ‘n Vette eend het eendag al met die pad geloop.
    Sy wou gaan rys en ertjies en lekkernye koop.
    Maar langs die pad het Jakkals haar stil-stil voorgelê;
    ‘n eend hier in sy bladsak, is net wat hy wou hê.
    “Goeiemore, liewe Eendjie, ek sien jou voete pla.
    As jy in hierdie sak klim, sal ek jou mark toe dra.”
    “Nee dankie, meneer Jakkals, al pla my voete ook,
    dis beter in die paadjie as in jou pot te kook.”

PM:
BOBBEJAAN

    Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan?
    Bo uit die berge, onder die maan.
    Bobbejaan, bobbejaan wat maak julle daar?
    Ons grawe vir uintjies en stoei met mekaar.

MY SWEPIE

    Ek maak ‘n lekker swepie,
    ‘n riempie aan ‘n stok –
    daarmee laat ek die varkies
    hardloop uit hul hok.
    Ek gee ‘n harde hou –
    o, nie regtig raak –
    net om die stoute varkies
    goed skrik te maak.
    Helena F Lochner

KIEPIE

    Kiepie, Kiepie, kom tog gou
    hier is lekker kos vir jou,
    maar dan moet jy my eers sê
    waar jy al jou eiers lê.

Naas:
Oom Olifant

Oom Olifant
jou reuse dier
Die mense lag
van pure plesier
want waar het jy al ooit gehoor
Van 'n stertjie van agter
en 'n stert van voor.

Volstruis

Ou volstruis
met jou lang nek
en jou plat bek
na wie vry jy?
na Vallie Vaaljas


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Besef ek weer hoe groot is die liefde vir ons taal en die deel daarvan met mekaar  :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version