Author Topic: Diereversies  (Read 29918 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Diereversies
« on: January 20, 2013, 12:36:28 AM »
PM: Die verkluimde akkedis

Net hier voor my op die grond
Het ek die liefste ding gekry-
Stertjie rooi, en verder bont
En nie die minste bang vir my!

Kyk, ek neem hom in my hand.
Foeitog, kleinding, wat is jy?
Hier-jy, haai! Jou klein kalant!
Kyk nou hoe laat skrik jy my!


My Skilpad

Dit is my skilpad (maak vuis met duim vorentoe)
hy woon in sy dop (steek duim in vuis weg)
Wanneer hy kos kry, dan loer hy daaruit (uit met duim)
Maar dis nie lank nie, of in is sy kop. (in met duim)


Trippe Trappe Trone

Trippe  trappe trone,
varkies in die bone,
koeitjies in die klawer,
perdjies in die hawer,
gansies in die groene gras
eendjies op die waterplas.
Ek wens dat kindjie groter was,
om al die diertjies op te pas.


Die honger hasie

Ek sien 'n honger hasie (steek twee vingers soos hasie-ore in die lug)
en 'n groen koppie kool. (bal die ander hand in 'n vuis)
Toe begin die ander hasie
lekker knibbel aan die kool. (regterhand knabbel aan linkervuis)
Maar nou hoor die hasie iemand ("spits" twee hasie oor vingers)
en hy sien 'n boer kom aan.
Toe sê daai hasie haastig:
Ek sal liewer huis toe gaan (hand huppel weg)


Die wind die waai

Die wind die waai,
Die haan die kraai,
die bok staan op sy tone
en steel die boer se bone.
Die boer kom met 'n kweperlat
en slaan hom op sy linkerblad.
Wielie, wielie, walie

Wielie-wielie-walie,
die aap sit op die balie.
Tjoef-tjaf val hy af;
tjoef-tjof
klim hy op!
Wielie-wielie-walie.

Apie

Daar is 'n apie op 'n stokkie
voor my ma se agterdeur,
daar's 'n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie loer daardeur.

Kat en Muis

'n Kat sê eendag vir 'n muis:
"Ek voel tog so alleen,
kom speel hier met my in die huis,
dan gee ek jou 'n been!"

"Nee dankie," se die slimme muis,

"Ek bly maar weg van jou -
by katte voel ek glad nie tuis,
hulle wil my beentjies kou"

Naas:
Jakkals nooi vir gansie
Kom eet vanaand by my
Daar's heerlike kossies
en uintjies uit die vlei.
Nee dankie se die gansie
as ek vanaand by jou kom eet
vreet jy my sekerlik op.

Aurora:

Daar's 'n diertjie op die weiveld
Voor my ma se agterdeur
Daar is kolle op sy lyfie
En hy probeer die blad beheer!

« Last Edit: January 21, 2013, 12:36:17 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #1 on: September 20, 2013, 10:19:47 AM »
WIPPIE EN SNIPPIE

    Wippie en Snippie loer uit by ‘n gaatjie.
    Wip is ‘n muisie en Snip is sy maatjie.
    “Wippie en Snippie, daar kom die groot kat!”
    Woerts glip die twee muisies weer trug in die gat.

DIE JAKKALS EN DIE EENDJIE

    ‘n Vette eend het eendag al met die pad geloop.
    Sy wou gaan rys en ertjies en lekkernye koop.
    Maar langs die pad het Jakkals haar stil-stil voorgelê;
    ‘n eend hier in sy bladsak, is net wat hy wou hê.
    “Goeiemore, liewe Eendjie, ek sien jou voete pla.
    As jy in hierdie sak klim, sal ek jou mark toe dra.”
    “Nee dankie, meneer Jakkals, al pla my voete ook,
    dis beter in die paadjie as in jou pot te kook.”
« Last Edit: September 20, 2013, 10:48:13 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #2 on: September 20, 2013, 10:42:45 AM »
BOBBEJAAN

    Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan?
    Bo uit die berge, onder die maan.
    Bobbejaan, bobbejaan wat maak julle daar?
    Ons grawe vir uintjies en stoei met mekaar.

MY SWEPIE

    Ek maak ‘n lekker swepie,
    ‘n riempie aan ‘n stok –
    daarmee laat ek die varkies
    hardloop uit hul hok.
    Ek gee ‘n harde hou –
    o, nie regtig raak –
    net om die stoute varkies
    goed skrik te maak.
    Helena F Lochner

KIEPIE

    Kiepie, Kiepie, kom tog gou
    hier is lekker kos vir jou,
    maar dan moet jy my eers sê
    waar jy al jou eiers lê.
« Last Edit: September 20, 2013, 10:46:58 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Diereversies
« Reply #3 on: September 20, 2013, 11:56:49 AM »
Oom Olifant

Oom Olifant
jou reuse dier
Die mense lag
van pure plesier
want waar het jy al ooit gehoor
Van 'n stertjie van agter
en 'n stert van voor.

Volstruis

Ou volstruis
met jou lang nek
en jou plat bek
na wie vry jy?
na Vallie Vaaljas


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diereversies
« Reply #4 on: December 17, 2015, 09:01:30 AM »
Besef ek weer hoe groot is die liefde vir ons taal en die deel daarvan met mekaar  :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Diereversies
« Reply #5 on: December 17, 2015, 02:08:05 PM »
'n ou bekende. Wonder wie onthou hom nog uit 19lankgelede.

Jakkals nooi vir gansie
"kom eet vanaand by my.
Daar's heerlike kossies
en uitjies uit die vlei."
"Nee dankie," se die gansie.
"al is daar uitjie sop. (Al staan jy op jou kop)
As ek vanaand by jou kom eet
vreet jy my sekerlik op."


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diereversies
« Reply #6 on: December 17, 2015, 11:39:04 PM »
Hierdie versie het die perfekte ritme Naas. Mal daaroor. Ons het die weergawe van 'al staan jy op jou kop' geleer  :love7:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #7 on: December 18, 2015, 08:33:24 AM »
Ek weet nou nie of dit hier geplaas moet word nie maar wanneer daardie onrustige hennetjie moeilikheid op die plaas uitbroei se Oupa jimmers die rympie op.
"Twee tarrentale jaag 'n afkophaan.
Daar kommie duiwel in die appelboord aan
en hy jaag sy dissiepels dat die stof so staan.
Twee tarrentale jaag daai afkophaan."


 :mumum:
« Last Edit: December 20, 2015, 06:34:04 AM by Assie »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diereversies
« Reply #8 on: December 18, 2015, 08:51:05 AM »
Hy staan reg, en ek, ek hebt geniet!  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #9 on: December 18, 2015, 02:22:53 PM »
Swart skaap
Swart skaap, swart skaap,
het jy baie wol?
Ja baas, ja baas,
drie sakke vol.
Een vir die nooi,
en een vir die baas,
en een vir die seuntjie wat so baie kan raas.

Tien klein paddatjies
Tien klein paddatjies kom sit in ‘n kring,
bring julle boekies en laat ons sing.
Maak julle bekkies wawyd oop
en sing vir my so soet soos stroop.
Kwak-kwak-kwak,
Kwek-kwek-kwek,
Tien klein paddatjies maak my gek!
(W. D. Bosman)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diereversies
« Reply #10 on: December 18, 2015, 09:24:33 PM »
Wat 'n voorreg om die ou ou versies weer te sien blom  :toothy4: Dankie vir aandra en deel matertjie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #11 on: December 19, 2015, 01:20:17 PM »


Moeder Makou en haar kleine Piet

 

Dis moeder Makou en haar kleine Piet,

as jy nader kom dat sy  dit bespied,

dan lig sy haar kop en kyk vir jou

asof sy vra : "Wat is dit nou?

Wil jy Pietjie hê, wil jy Pietjie steel -

my liewe klein bolletjie goudfluweel?"

 

En sy sê met haar omdraai al skuddend haar stert:

"Nee, die hele wêreld is Pietjie nie werd.

Kom ons loop." En hy volg haar in trippeldraf klein

op sy sagte voetjies van geel satyn.

 

as sy waak, sit hy en slaap, onbewus van haar angs.

of hy trippel rond op 'n goggatjie-vangs;

pik mis en te laat na 'n motjie wat vlug

en struikel onhandig en val op sy rug.

 

Die wêreld daarbuite mag staan of mag val,

ons erf is vir Pietjie en Ma die heelal,

want Ma het vir Pietjie en Piet het vir Ma,

daar's niks wat hul meer van hul daggie vra

as, totdat hul tydjie word opgesê,

net lief te hê, net lief te hê.

 

-- Jan F.E. Cilliers  --
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #12 on: December 19, 2015, 01:22:58 PM »
Kokkewiet

 

Kokkewiet, kokkewiet,

my vrou is siek

in die middel van die week

maar Sondag niet.

Gee ek haar boontjies

dan roer sy haar toontjies,

gee ek haar 'n ertjie

dan kwispel haar stertjie,

gee ek haar sop

dan skop sy agterop.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diereversies
« Reply #13 on: December 19, 2015, 10:22:12 PM »
Uit die skatkis van ons verlede   :love7: :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #14 on: December 24, 2015, 07:15:53 AM »
Die weergawe waarmee ek groot geword het is:

Kokkewiet Kokkewiet

my vrou is siek

in die middel van die week

maar Sondag niet.

Sondag gaan sy na die kerk,

maar in die middel van die week

dan moet sy werk.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Diereversies
« Reply #15 on: August 21, 2018, 05:50:10 AM »
Eendjies, eendjies
Stap in 'n ry
Die middelste een
Het maagskuttery.
Reguit dam toe
Kwaak,kwaak kwaak
Die middelste een
Het uitgesak.

Hierdie is my weergawe. Oupa s'n het 'n ouderdomsperk op.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diereversies
« Reply #16 on: August 21, 2018, 06:30:40 AM »
Giggel myself in 'n melkskommel in  :icon_biggrin:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Diereversies
« Reply #17 on: August 21, 2018, 06:40:03 AM »
melkskommel ?-    ek moet dit met Freda op kampforum deel   :toothy4:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diereversies
« Reply #18 on: August 21, 2018, 06:55:04 AM »
Ek gaan eendag nog my eie kaasfabriek oopmaak as ek nie ophou giggel nie Anton  :icon_bigsmurf:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Diereversies
« Reply #19 on: August 21, 2018, 07:25:43 AM »
Die ou apie versie wat ek nog destyds vir 'n man met 'n erg Joodse naam geskryf het, wat ek my so lelik voor vererg het met sy opdringerige maniertjies hier, (Kyk links, kyk regs, kyk WEER links) ... 



Laat my dink aan die een wat ek eintlik geskryf het op daardie deuntjie:

Daar's 'n Apie op 'n stokkie
Voor my ma se agterdeur
Daar's 'n gaatjie in sy hart
En my siel die loer daardeur ....
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #20 on: August 21, 2018, 05:08:03 PM »
Anton, ons wag vir Freda! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Diereversies
« Reply #21 on: September 09, 2018, 07:02:46 AM »
Kapoete, Kapoete, kapat
Die eseltjie staan in die pad
Hy pluk aan sy toompie
En sukkel met oompie
En trek sy twee lang ore plat.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diereversies
« Reply #22 on: September 11, 2018, 11:16:06 AM »
Ek onthou hoe ek na jou verlang het toe ons in Botswana was waar die eseltjies elke dag so na jou geroep het Naas.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.