Author Topic: Jannie, Jan van Riebeeck  (Read 4025 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Jannie, Jan van Riebeeck
« on: January 20, 2013, 12:28:58 AM »
Hy was 'n skeepsdokter daar op die see,
wat matrose purgasies moes gee,
maar Jannie word toe 'n kommandeur
om aan die Kaap te gaa-aan regeer.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .

Hy vat toe drie skepies na ou Afrika --
doer in de Goede Hoop-Peninsula --
hy en Maria de la Quel-lêrie.
In die waai van die baai wag sy pêl ou Hêrrie.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .

O, hy was pas daar of hy bou 'n fort,
maar die reën se water het daar ingestort
en al sy manne die word toe krank --
oom Jannie moet kophou teen wil en dank.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .

Oom Jannie skryf in sy dagverhaal:
"Ach, de Strandlopers stelen me rot en kaal!"
Maar Jannie het nie in die Kaap gesterf --
Want Wagenaar het sy plek geërf.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .