Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Rooi hakskene

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
As jy kruip soos 'n krap en jy giggel jou slap --
rooi hakskene!
As jy sweef deur die laan en jy voel soos 'n haan
in jou gene . . .
Tippie-tei, tippie-tippie-tei, tippie-tippie-tei, jy's so vry
Nota bene!
Hei-o-jooi, tippie-tippie-tooi, tippie-tippie-tooi, jy's so rooi
aan jou skene!

As die maan in die nag soos 'n perd vir jou lag --
rooi hakskene!
As jy "trim" aan jou snor en jou maag vir jou knor:
"Jy's verlief!"
As jy hop deur die dou soos 'n wyfie-makou
met bak bene,
dan't jy die skoot hoog deur, skoot hoog deur, skoot hoog deur
-- rooi hakskene!

Bron: Mieliestronk se Lekker Ou Saamsing-werf
Rooi hakskene

http://www.mieliestronk.com/hakskene.html

Anastasia:
Nog een!  Hoe lanklaas het ek die uitdrukking "Rooi hakstene" gehoor.  Dit het so lekker galoppetie hop ritme.  My skoonma het altyd toe my dogter tiener geword het gese sy het rooi hakstene.  Ai Meraai, die forum se mense het juwele onder hulle uit laat glip!

Naas:
As ek kyk na die aantal loere wat die onderwerp gekry het dan word rooi hakskene nog gereeld gegogel.
Ek wonder nou of julle weet waar die rooihaakskene sy geboorte gevind het?
'n Sinonieme gesegde is "oor die onderdeur loer"
As jy dus met rooihaakskene oor die onderdeur loer is jy nou toutologies besig om rond te soek vir 'n deksel.

 :icon_bigsmurf:

Anastasia:
Ja, Naas.  Ek het geweet dit is as die jongklomp 'jeukerig' raak.  Dis so oulike uitdrukking. Wonder of die hakskene rooi word omdat hulle die hakskeentjie teen die deur stamp om uit die kampie te kom.   :BangHead:

Naas:
Die uitdrukkig kom van die volstruise af, wanneer dit paartyd is word die volstruismannetjies se hakskene rooi.

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version