Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Waar is my Sannie met haar vlegsels?

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Waar is my Sannie met haar vlegsels
En oë so blou?
Waar is die koesisters en melktert,
Waar is jou wafeltjies nou?
Waar's jou tjoklitkoek en jellie
Waarvan ek so hou?
O, Sannie, ek verlang so baie
Om weer jou oortjies te kou!

My Sannie woon nou by die Aussies
Doer oor die see.
Jy't land verlaat -- en waar's my kossies?
Jy vat jou soetigheid mee!
Waar's jou poeding en jou pan'koek
Waarvoor ek nou skree?
O, Sannie, ek verlang so baie
jou ook 'n sweetie te gee!

Waar is my Sannie met haar vlegsels
En oë so blou?
Waar is die koesisters en melktert,
Waar is jou wafeltjies nou?
Waar's jou tjoklitkoek en jellie
Waarvan ek so hou?
O, Sannie, ek verlang so baie
Om weer jou oortjies te kou!

*waar my bron heen verdwyn het, weet nugter en sy nefie alleen.

Mieliestronk se Lekker Ou Saamsing-werf
Waar is my Sannie met haar vlegsels?
http://www.mieliestronk.com/sannie.htm







Anastasia:
Ai, smul ek lekker hier saam.  Dit was seer sekerlik 'n verlang dag na die Afrika Suide.  Hoe het so juweel ongekommentaar verbygegaan?  Ek het geniet!  Ek het baie geniet!

Naas:
Lees ek ook nou eers van Sannie se verlange. Of is dit Jannie wat na Sannie verlang?



 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Iewers was my bron geskaai, ek het dit nou gaan aanbring. Dink dit was in die jare toe ek ou lirieke opgediep en weer bewaar het in ons eie woordskuur.

Naas:
Maak nie saak wie verlang nie. Langpad verlang is en slegte verlang. Die tye toe die lerieke geskryf is het hulle mos nog met 'n wa en osse Australie toe getrek. Vandag se vlieg maak dit mos sommer net 'n paar maande se salaris ver.

Die ingelsman se mos hoeka "Distens makes the heart go wonder" so ek is seker daarvan Jannie sit en sing die liedjie al klaar met sy arm om 'n ander stukkie tjoklit wat soeter is.  :headbang: :angel4:



 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version