Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL
Woorde: C.J. LANGENHOVEN

'n Klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
'n klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
en al wat aan my lyf is, is 'n linkersy.

'n Skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
'n skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
en al wat aan my skoon is, is die swart van my nael.

'n Asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
'n asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
en al wat op my plaas is, is die stof in die sloot.

'n Sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
'n sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
en al wat op my plaas is, is die rondte van die naaf.

'n Bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
'n bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
en al wat in my huis is, is die wit van 'n kers.

'n Jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
'n jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
en al wat in my kas is, is die knoopsgat van 'n mou.

'n Pragtige voorbeeld van ons eie "Digters Eggo' struktuur  :love7: :notworthy:

Meraai vannie Baai:
En hier is ons eie Langenhoven Naas se skepping  :toothy4:

Minnelied!
Ek vis op die walle van die Visrivier
Ek vis op die walle van die Visrivier
Eet mieliepap om die karp te versuur.

Ek sit aan die tafel van Tafelberg
Ek sit aan die tafel van Tafelberg
Eet skerpioene om die bojane te terg.

Ek soebat op die plein van Soebatsfontein
Ek soebat op die plein van Soebatsfontein
Eet adamsvy en saltanarosyn.

Ek graaf in die grond van Graafreinet
Ek graaf in die grond van Graafreinet
Eet Joodse brood saam met varkvet.

Ek vry in die strate van Vryburg
Ek vry in die strate van Vryburg
Eet verbode vrugte en meerminmurg.

© Naas


Naas:
R100 vir die eerste een at my mooi, vers vir vers kan verduidelik waarom die een van my "minnelied" heet.



 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Hehehehe, ek alweer R100 armer. Terwyl jy in die strate van Vryburg aan't vrye was, het ek gou gaan grawe tussen ons ou plasings om te soek na nog minneliedjies (nou het ek 'n mandjie vol koudlei-liedjies wat smeek vir 'n plekkie in die skuur).

My plek is net hier geboek om te sien wie gaan wegstap met die prys  :`ip2:

PM:
Is dit omdat dit al jou gunsteling plekke is Naas?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version