Author Topic: Gewilde kinderversies en liedjies  (Read 104618 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #30 on: January 15, 2019, 11:52:07 PM »
More Ta Raaitjie
Ek sien ons maak altwee hier n draaitjie.
Jy omdat dit vroeg is
Ek wat vir misluktekiete moeg is.

Saggies raas ons nou
Oubaas slaap nog ou.
Ek is ook maar stil
Wyl misluktekiete om my gil.

Zoom zoom is maar al
Die misluktekiete maak my mal.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #31 on: January 15, 2019, 11:56:17 PM »
 :wave: Oe, my dag is gemaak. Watter heerlike verrassing. Naas, jy en die oubaas diekant moet familie wees. Hy voer elke aand sy moorddans uit en hoop die tannie langsaan dink nie dit is vir my wat hy so voeter met die kussing nie :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #32 on: January 16, 2019, 11:17:26 AM »
 Ons miskiete is eintlik raakskiete.  Die klein vabondjies is klein pikswart en geluidloos.  Jy voel net die vreeslike brand en daarna die gejeuk wat jou wil mal maak.   :crybaby2:   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #33 on: January 16, 2019, 11:58:14 AM »
Die raakskiete hier oppie plaas loop almal op Diesel. Hulle raas as hulle klaar gesteek het.




 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #34 on: January 23, 2019, 09:30:23 AM »
Muskiete-jag 
Jou vabond, wag ek sal jou kry
van jou sal net 'n bloedkol bly
hier op my kamermure.
Deur jou vervlakste gonsery,
deur jou gebyt en plaery
kon ek nie slaap vir ure.
Mag ek my voorstel, eer ons skei,
eer jy die doodslag van my kry -
my naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
wees ook nie so kieskeurig nie,
jy moet tog eendag sterwe.
Verwekker van malaria,
sing maar jou laaste aria -
nog een minuut van grasie.
Al soebat jy nou nog so lang,
al sê jy ook, ek is nie bang,
nooit sien jy weer jou nasie.
Hoe sedig sit hy, o, die ding!
Sy kinders kan maar kranse bring,
nou gaan die vabond sterwe.
Pardoef ! Dis mis ! Daar gaan hy weer !
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer -
my naam is Van der Merwe !

AD Keet
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #35 on: September 25, 2021, 03:41:36 PM »
Hickery dickery dok
Drie muise hardloop op teen die klok
Die klok slaan een
En die ander twee
Kom weg met ligte beserings.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #36 on: September 26, 2021, 08:44:03 AM »
 :icon_biggrin: :notworthy: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #37 on: October 03, 2021, 11:17:37 PM »
Het ek nou weer heerlik deur die gange gewandel en saam gespeel.  Baie dankie, dit is altyd 'n groot plesier!
Om te weet is om te verstaan.