Author Topic: Gewilde kinderversies en liedjies  (Read 104617 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #15 on: October 18, 2018, 10:26:25 AM »
Dit is prettige vermaak sowaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #16 on: November 09, 2018, 10:53:32 AM »
Een, twee, drie, vier
Hoedjies van, hoedjies van
Een, twee, drie, vier
Hoedjies van papier.

Het jy nie 'n hoedjie nie
maak dan een van bruin papier
Een, twee, drie, vier
Hoedjies van papier

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #17 on: November 09, 2018, 11:03:51 AM »
Pollie ons gaan Paarl toe
Pollie ons gaan Paarl toe
Pollie ons gaan Paarl toe
Ek en jy alleen

Wat gaan ons in die Paarl maak?
Wat gaan ons in die Paarl maak?
Wat gaan ons in die Paarl maak?
Ek en jy alleen

Ons gaan na my kerel toe
Ons gaan na my kerel toe
Ons gaan na my kerel toe
Ek en jy alleen

Wat gaan ons by jou kerel maak?
Wat gaan ons by jou kerel maak?
Wat gaan ons by jou kerel maak?
Ek en jy alleen

Jy gaan vir ons koffie maak
Jy gaan vir ons koffie maak
Jy gaan vir ons koffie maak
dan is ek en hy alleen

Stadig stap in die harde pad
Stadig stap in die harde pad
Stadig stap in die harde pad
ek en jy alleen

Pollie ons gaan Paarl toe
Pollie ons gaan Paarl toe
Pollie ons gaan Paarl toe
Ek en jy alleen

 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #18 on: November 09, 2018, 11:10:49 AM »
Hansie Slim
Het op die bed gespring
Toe kom sy pa die kamer in.
Stok en lat
slaan sy gat
Nou's sy broekie nat.

Maar sy moeder hart is seer
Hans is nou geen kind nie meer
Hoor nou net moeder sug
hardloop gou gou terug


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #19 on: November 09, 2018, 11:14:58 AM »
As ek moeg word vir die lewe in die stad
Lok my die wandel pad
as ek moeg word vir die lewe in die stad
lok my die wandel pad
By die jood leen ek 'n vyfpond noot
wat ek hom sal skuld tot na sy dood
en ek sing my vryheids lied
ek sing my vryheids lied

As ek moeg word vir die lewe in die stad
Lok my die wandel pad
as ek moeg word vir die lewe in die stad
lok my die wandel pad
in die veld pluk ek 'n wandelstaf
van die naaste doringboompie af
en ek sing my wandellied
ek sing my wandellied


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #20 on: November 09, 2018, 11:18:34 AM »
En hier is ek so sing-sing oppad kooi toe. Julle is sterre aan die kuberruim maters. Wat 'n wonderlike voorreg om weer ons taal saam te geniet. Liefffffffff julle. Naas ou maat, jy sal nooit weet hoe dankbaar die ou antie is dat jy nog in onse midde is. Drukkie vir elkeen wat hier verby kom XXX

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #21 on: November 09, 2018, 11:20:56 AM »
Saai die waatlemoen

Saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen!
My mamma roei in die skuitjie,
my pappa blaas 'n fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen!

Braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen.
My tannie dra 'n kruikie
vol water uit die spruitjie,
sy saai 'n koringkorreltjie,
en kry 'n boerpampoen!

Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Spyker in my skoen!
Die nooi'ntjie brei 'n truitjie,
sy trek haar mond 'n tuitjie,
sing 'n wysie deur haar gorreltjie.
Wat sal ek tog doen?

Almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen!
Dan bak sy maar 'n kluitjie
en sę sy's klaar 'n bruidjie,
die vonkelwyn maak 'n borreltjie,
almal wil haar soen!


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #22 on: November 09, 2018, 11:24:27 AM »
Ek verstom my aan die herhaalde reels wat telkens voorkom in ons ou liedjies en versies. Toe ons dit gesing het, het jy skaars agtergekom dat daar tot vier herhalings van 1 reel is! Duisend dankies vir aandra Naas. Ek gaan regtig sing-sing nou in die bed spring.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #23 on: November 09, 2018, 12:14:19 PM »
Ek is bly om jou weer so aktief te sien Naas. 
Kyk wat kry ek!  'n Goudstaaf! 



http://tortel.net/~lochner/blerkas/
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #24 on: January 14, 2019, 06:23:31 AM »
Hoe ry die Boere ?
Sit, sit so ! Sit, sit so ! Sit, sit so !
Hoe ry die Boere ?
Sit, sit so ! Sit, sit so ! Hoera !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera !
Hoe ry die Boere ?
Sit, sit so ! Sit, sit so ! Hoera !

Hoe fluit die Boere ?
Fluit, fluit so ! Fluit, fluit so ! Fluit, fluit so !
Hoe fluit die Boere ?
Fluit, Fluit so ! Fluit, fluit so ! Hoera !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera !
Hoe fluit die Boere ?
Fluit, fluit so ! Fluit, fluit so ! Hoera !

Hoe dans die Boere ?
Polkadraai ! Tiekiedraai ! Tiekiedraai !
Hoe dans die Boere ?
Polkadraai ! Tiekiedraai ! ou perd !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, ou haan !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, ou haan !
Hoe dans die Boere ?
Polkadraai ! Tiekiedraai ! ou perd !


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: January 14, 2019, 12:56:20 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #25 on: January 14, 2019, 08:36:25 AM »
Ek wonder wie gaan hier kan lees sonder om saam te sing en met die voet tyd hou?  :toothy4:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #26 on: January 14, 2019, 01:31:40 PM »
Ta ra ra boemdery
Oupa het 'n vark gery
afgeval en seer gekry
opgeklim en weer gery.



 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #27 on: January 14, 2019, 08:42:53 PM »
Assie, jou tante verwonder haar nou vanoggend wat sou die 'ta ra ra boemdery' beteken? In my soektog na 'n antwoord kom ek toe op die volgende skatte af:

Wippie en Snippie loer uit by ‘n gaatjie
Wip is ‘n muisie en Snip is sy maatjie
Wippie en Snippie daar kom die groot kat!
Woerts wip twee muisies weer terug in hul gat.

en...

Hessie Tessie
Spinnekop nessie
Goei dit in ‘n bottel
of vee dit in ‘n flessie.

en...

Kleine Pietertjie met sy gietertjie,
Gooi sy mamma se rose nat.
Met die watertjies wat so klatertjies,
Mors hy hom so sop-sop nat.

en...

Ou Tannie Slof Slof
slof deur die huis
dwarsdeur die eetkamer
en in die kombuis.






 
« Last Edit: January 14, 2019, 08:55:35 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #28 on: January 15, 2019, 01:31:01 PM »
Ek ken net die eerste een, die ander is nuut vir my.  Dankie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gewilde kinderversies en liedjies
« Reply #29 on: January 15, 2019, 11:40:44 PM »
Vir my self splinternuut al is dit horingoud PM. Kon nie help om te wonder of ek nou ook 'n ou tannie Slof-slof is as die treurigheid mens se skaduwee word  :icon_bigsmurf: