Author Topic: My naam is Chock Nel,,, wil myself net voorstel en hoor of ek op di regte plek i  (Read 24805 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Bouspan
  • Melkbaard
  • Posts: 1463
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Chock, luister gou vir oupa want hy help my baie.
Hy se dat niemand hier jou skryfstyl veroordeel het behalwe jyself nie. Hy verduidelik soos volg:
Jy het kom vra of jou skryfstyl aanvaarbaar is maar op so 'n manier dat almal dadelik geweet het dit gaan nie wees nie. Jy het nooit 'n voorbeeld gegee vir almal om te lees en te besluit nie. Jy het namens ons besluit deur jouself te tipeer omdat jy partykeer skaam is vir jou eie skrywes. Veral wanneer jy nie langs die braaivleisvuur is nie.
Oupa stel voor dat jy ophou om om verskoning te vra vir jou skryfstyl en dit met selftrots te skryf, maak nie saak wat ander se of dink nie.
As jy trots is op jou werk sal dit vir jou vreugde bring.
Ek is nog by Woes en het gaan kyk na jou werk en je, dit gaan dalk hier die hare verkeerde kant toe vryf maar dit is net hier. Ander mense op ander plekke sal baie van jou eiesoortige skryfstyl hou.
Gaan dus asseblief in vrede en weet dat jy nie 'n mislukking is omdat jy nie soos ons skryf nie.
Oupa se: "Die man wat nie in homself en sy vermoens glo nie is nie geloofwaardig in  die samelewing nie."

 :mumum:

Chock, ek verstaan jou hartseer en frustrasie. maar weer sê ek, daardie "slegsê" is nie hier van Petra se werfie nie. lees Aspoestertjie se kommentaar en volg dit.
jy weet nou al baie van ons hou van goeie Afrikaans ens ens en ons kraak nie jou storievertel af nie. die manier waarop jy dit doen is net nie iets waarin ons belangstel nie. so gee ons ook krediet vir ons voorkeur.

laastens, as jy moeite doen om meer oor forums uit te vind, sal jy sien dat daar 'n "rangorde" is en dit is die eienaar van die forum, in dié geval PM, se keuse wat sy wil gebruik. elke nuweling tree in op die laagste rang en klim dan na 'n sekere aantal deelnames. gaan kyk by ander "topics" en na ons name, dan sal jy sien. jy is dalk net vir Petra 'n verskoning verskuldig omdat jy "Matroos Suigeling" as 'n skeldnaam beskou.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Ja kom ons los dit maar daar,,, soos gese,, ek het hierheen gekom en regtig iets anners verwag,, maar soos gese,, ek is heel onder op di sogenaamde ranglys,, dus is ek voelvry en enige een kan iets erens uitkrap om my te probeer oortuig hoe vermetel ek was om iets aan te pak en in my onkunde en al,, reg te kry wat ek reg gekry het tot dusver,, Ek is absoluut oortuig daarvan ek het "Huilige grond" betree,, dus wat soek n "Biker" hier!!! My skryfstyl is uniek,, daaroor kan nimand stry ni,, kortom,, nerens hier sal jy enige regte uit di hart uit ondersteuning kry vir wat ek gedoen het ni,, foute ja,, reels wat julle uit daardi duk boek van afrikaanse letterkunde kan loop uitgrawe,, di is daar genoeg van,, en dit alles omdat ek n boeki geskryf het van 63 bladsye,, 32000 woorde,, mens sou sweer ek het probeer om vir ons n nuwe grondwet te skryf,, En di feit dat daar n horde mense is wat verby daardi duk boek met letterkunde reels kyk,, en di stori lees,, soos ek dit in di voorwoord se,, "Lees dit asseblief in di konteks wat dit vertel word,,, daardi dinge tel hoegenaamd niks ni,, Di stori lyn,, dit boodskap wat deur di stori vertel word,, daardi dinge tel hoegenaamd ook niks ni,,, maar di feit dat ek durf waag het om van di vasgestelde reels van daardi duk boek met reels,, weg te breek,, daardi tel ALLES,,,, Soos gese,, ek word herhaaldelik deur di "Establishment" oor di kole gehaal oor my skryfstyl,, maar ek wil nou by julle weet,, is n taal ni maar net soos n boom wat groeie ni,, dit verander met tyd,, dit "Evolve" Wi van julle praat afrikaans soos wat julle skryf,, absoluut suiwer,, absoluut di regte gramatika,,, alles volgens di taal reels,, ek wonder of dit n fraksi van een persent is ??? Ek het asgevolg van di dinge wat gebeur het tot di besef gekom dat ek ni n skrywer is ni,, dit sal ek julle toegee,, want n skrywer is imand wat volgens n baie duk boek met gestagneerde reels ens skryf,, Ek is n stori verteller,, ek van daai duk boek met reels,, steek n braai vleis vuur brand met hom laat nag,, sluk n paar biere,, en dan vertel ek n stori uit di hart uit,, en 95% van mense,, (Van alle vlakke van di samelewing) is absoluut gaande daaroor... Hier is nog iets vir julle om oor te herkou,, n kommentaar op di E Boek weergawe gekry,,, Dink bieki daaroor,,,
By Sandra - See all my reviews
Amazon Verified Purchase(What's this?)
This review is from: Ouboet ! Dit gebeur toe nou sooo, (Afrikaans Edition) (Kindle Edition)
Hierdie boek bewaar ek vir my nageslag saam met "Griet , Triomf en Antjie Krog se digterlike waarde van .., Koos Kombuis se sex,drugs en boeremusiek. Die skryfstyl is uniek uit die hart en uit die siel.
Help other customers find the most helpful reviews ...Dis al wat ek gedoen het,, en ek glo wragtag ni dat ek ni net hier,, maar deur di "Establishment" as sulks,, behandel moet word soos dit di geval is ni,,,Laaste vraag,, hoeveel van julle het regtig daardi 63 bladsye gelees,, verby di Taalreels gekyk,, en di stori gesien vir wat dit is???? en dan kommentaar gelwer,, ek weet ni,, maar ek glo ni daar is meer as n enkele hier en daar ni,, Maar is dit ni maar ook n trademark van ons afrikaners ni,, ons vrek mos liewer voor ons di son sien skyn op imand anners ni,, dis ook seker maar een van di groot redes hoekom ons as n tweede klas nasi in ons eie land vandag gesien en behandel word,, En di in beheer sit heerlik agteroor en se vir hulleself,, Los hulle  want di afrikaner is sy eie grootste vyand,,Kom ons los dit nou maar daar met di gedagte,, "Vir di wat ni verstaan ni,, geen verduideliking sal help ni,, en vir di wat wel verstaan,, hulle het ni n verduideling nodig ni!!! 

Offline adele

  • Bouspan
  • Melkbaard
  • Posts: 1463
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
ai tog, grote griet ... dis goed.
jy het iets gedoen wat min van ons voor kans sien ... selfpublikasie en toe nog goeie verkope op die koop toe. so hou op om jouself jammer te kry.

jou vermetelheid is nie in jou skrywe en waagmoed nie, maar in die feit dat jy mense wil dwing om daarvan te hou. die dag as jy erkenning gee aan elkeen se uniekheid, soos wat jy verwag ander aan jou moet gee, sal jy in jouself rustig raak.

en onthou, jou titel onder jou naam het NIKS te doen met vernedering nie. loop lees weer waar kom dit vandaan. kom neem gereeld deel aan ons ander gesprekke en sien hoe gou klim jy na die vlg rang.

 :grommit:



adéle  :grommit:

Offline adele

  • Bouspan
  • Melkbaard
  • Posts: 1463
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Soos gese,, ek word herhaaldelik deur di "Establishment" oor di kole gehaal oor my skryfstyl,, maar ek wil nou by julle weet,, is n taal ni maar net soos n boom wat groeie ni,, dit verander met tyd,, dit "Evolve" Wi van julle praat afrikaans soos wat julle skryf,, absoluut suiwer,, absoluut di regte gramatika,,, alles volgens di taal reels,, ek wonder of dit n fraksi van een persent is ??? Ek het asgevolg van di dinge wat gebeur het tot di besef gekom dat ek ni n skrywer is ni,, dit sal ek julle toegee,, want n skrywer is imand wat volgens n baie duk boek met gestagneerde reels ens skryf,, Ek is n stori verteller,, ek van daai duk boek met reels,, steek n braai vleis vuur brand met hom laat nag,, sluk n paar biere,, en dan vertel ek n stori uit di hart uit,, en 95% van mense,, (Van alle vlakke van di samelewing) is absoluut gaande daaroor...  

ek weet nou al daardie ? 95% mense is gaande oor jou boek en ek gun jou dit, maar ons 5% wat nie is nie ... los ons dan eenkant. wat jou vraag betref, nee, ons praat nie almal soos ons probeer skryf nie en gee dit ook nie voor nie, maar ek verseker jou, baie min skrywers skryf deesdae uit daardie dik grammatika boeke, soos jy dit beskryf ... gaan lees die sg akademiese en bekende en beroemde skrywers se boeke ... jy mag dalk die verrassing van jou lewe kry. die meeste skryf in die milieu en tydperk waarin hulle storie afspeel. en ja, ek het al geweier om van my griffels te plaas in saamgestelde digbundels en kortverhaalbundels waar ander skrywers se werke vloek- en vulgêre taal bevat. en dis my goeie reg want ek hou nie daarvan nie en daarom lees ek dit ook nie.

en gepraat van daardie akademici ... jy dink verniet dis net jou werk wat sleggesê word. jy mis die aanvalle op ons Fb skrywers wat as straatdigters uitgeskel word ... ons werk is nog minder as joune aanvaarbaar in daardie hogere kringe [gaan lees op versindaba en litnet]. maar, ons het die naam "straatdigters" met trots ons eie gemaak, want ons skryf vir die gewone mense iets wat hulle kan verstaan en nie 'n woordeboek nodig het wanneer hulle probeer lees nie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Melkbaard
  • Posts: 1416
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Jy sal sien dat niemand wat jou boeke lees hier deelneem nie so... gaan asb in vrede.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.