Author Topic: My naam is Chock Nel,,, wil myself net voorstel en hoor of ek op di regte plek i  (Read 25393 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
My skryfgoete is in na di drukkers,,,,, Wat daarmee gaan gebeur sal net tyd leer,,,, maar mens sal nooit n vis vang as jy ni n lyn inni water het ni,,,,, Sooo ek verlaat julle vir eers,,,miskien eendag kruis ons paaie weer,,, Ek los julle met n gediggi wat ek in my styl geskryf het,,,,,
       
In di pik van donker reg deur di nag tot lank na vroeg dag,,, verby di ooste tot oorkant di wes,,,,,
regs van links tot annerkant regs,,,, bo op bo middel deur na onder,,,op n kieki,, daar is jy ,,,, al wat ek sien,,,,,, myself !!!!,,,, al di anner plekke ???? daar kry ek jou,,,, Mamma,, ek mis jou,,,, want Mamma,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,Jy is weg ...............................................  :wave:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Geluk Chock Nel! Alle voorspoed. Glo jou lesers en familie gaan geniet  :notworthy: Vergun my die voorreg - 007 wou bitter graag sien hoe lyk jou woorde wat my hart gesteel het, in ons 'eietydse skryfstyl' en kon myself nie keer nie.

In die pik van donker
reg deur die nag
tot lank na vroegdag;

verby die ooste tot oorkant die wes(te)
regs van links, tot anderkant regs
bo op bo, middeldeur na onder

op 'n kiekie, daar is jy
al wat ek sien - myself!
Al die ander plekke... daar kry ek jou.  

Mamma     ek mis jou       want Mamma       jy is weg.      

*Kopiereg behoort aan Chock Nel.

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Danki Maraai,, en danki dat jy my skryfstyl ni pak gegee het ni,,, dis di beste wat ek kan doen aangaande di saak,, en regtig,,, daar is verskeie reds hoekom ek dit ni wil of sal verander ni,, maar ek het geen probleem as jy dit doen ni,,,,soos ek al vroer gese het,,, daar is altyd twee kante van n saak,, en solank ons dit kan aanvaar en mekaar gelyk gee met wedersydse respek,,, sal ons n baie ver pad in vrede  stap,,,,in vandag se tye,,, is dit ni iets waarna ons almal moet streef ni???? En al kry ek daardi boodskap oorgedra in hoe n klein of groot mate ookal met my skryf goete,,, dan het ek iets posetiefs in my lewe gedoen,,, daar is heelwat ander dinge in my lewe wat ek doen of be oefen met di selfde oogmerk,, maar dit het n verband met wat ek hier doen ni,,, Nl,, Skryf Ek gaan my bes probeer om my skryf goete en  my gedigte inkluis,, di lig te laat sien,,, ek is oortuigd dat daar een van twee dinge gaan gebeur,,,, of NIKS ni,,, want almal skryf my af as n mallekie,,, of daar gaan baie bohaai wees,,, wat my gedigte,, en daar is nogal n paar,,, is toetaal aan di teen oorgestelde kant van di spektrum,,, en mense se dis baie goed!!!!! :headbang:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 104
  • Gender: Female
Chock, luister gou vir oupa want hy help my baie.
Hy se dat niemand hier jou skryfstyl veroordeel het behalwe jyself nie. Hy verduidelik soos volg:
Jy het kom vra of jou skryfstyl aanvaarbaar is maar op so 'n manier dat almal dadelik geweet het dit gaan nie wees nie. Jy het nooit 'n voorbeeld gegee vir almal om te lees en te besluit nie. Jy het namens ons besluit deur jouself te tipeer omdat jy partykeer skaam is vir jou eie skrywes. Veral wanneer jy nie langs die braaivleisvuur is nie.
Oupa stel voor dat jy ophou om om verskoning te vra vir jou skryfstyl en dit met selftrots te skryf, maak nie saak wat ander se of dink nie.
As jy trots is op jou werk sal dit vir jou vreugde bring.
Ek is nog by Woes en het gaan kyk na jou werk en je, dit gaan dalk hier die hare verkeerde kant toe vryf maar dit is net hier. Ander mense op ander plekke sal baie van jou eiesoortige skryfstyl hou.
Gaan dus asseblief in vrede en weet dat jy nie 'n mislukking is omdat jy nie soos ons skryf nie.
Oupa se: "Die man wat nie in homself en sy vermoens glo nie is nie geloofwaardig in  die samelewing nie."


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Darem ook ni heeltemal soos jy dit ste ni Aspoesterki,,, Dit is net dat ek al so siek is om aangeval verneder en verkleineer te word met verneinige aanmerkins deur n baie klein gedeelte van di lesers korps dat ek dit van di begin af duidelik maak waaroor my goete gaan,, soos gese,, reg van di begin af,, ek het hiernatoe gekom om tegniese hulp te kry,, maar soos dit maar gewoonlik gaan,, ek was eers bieki geroskam,,, deur mense wat ni eers my goete al gelees het ni,,, voor ek uit eindelik gekry het dit waaroor ek hiernatoe gekom het in di eerste plek,, dat ek werklik so gatvol is vir dit ek kan braak!!!!,,, Ek en my vrou is al gedreig,, deur mense om n n kaapse drug gang na ons te stuur,,, om haar te verkrag terwyl ons hond voor haar dood gemartel word en ek met n piksteel dood geslaan word oor MY MANIER VAN SKRYF !!!!!!!EN DIT DEUR AFRIKANERS!!!! miskien sal jy di saak nou in n ander lig sien!!! ek weet presies wat se soort reaksi my skryf goete uitlok,,, van di een uiterste tot di ander,,, ek het nooit hier n voorstel gemaak uit my eie uit om my goete hier te pos ni,, ek was GEVRA,, en ek het my vereistes baie duidelik gestel ,, onder andere om di toestemming van di site admin te kry voor ek dit doen,,, Ek wil net een ding by jou en jou Oupa weet vandag,,, Hoekom is ons afrikaner  so geneig om eers di negatiewe in n situasi te ontlok ??????? En dit is ni net hier van toepassing ni,,, kyk maar om jou rond,,, dis n kenmerk van ons tribe!!!!!!!!!!!!
 :dontknow:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 8712
  • Gender: Female
Chock, al wat belangrik is, is dat jy reggekom het met 'n drukker.  Ons is seker maar almal 'n produk van ons omgewing en dit word baie hard en duidelik vir ons op die hart gedruk dat geen uitgewer na ons werk sal kyk as dit nie op die voorgeskrewe reëls gedoen is nie.   Om self te publiseer is 'n ander saak.  Jy gee jou werk vir die drukker, betaal self daarvoor en doen jou eie bemarking.  Daar is heelparty uitgewers daar buite wat jou werk uitgee en jy kry bitter min vir die werk wat jy ingesit het. 
Ons boeke is nie in die boekwinkels te koop nie, om die eenvoudige rede, hulle sit nog 40% by jou prys en dan is dit onbekostigbaar. 
Met skryfwerk gaan dit soos met so baie ander smake, of jy hou daarvan of jy hou nie daarvan nie.  50% van die samelewing sal daarvan hou en die ander 50% nie.  So, ons as skrywers moet maar verlief neem daarmee.  Sodra ons verstaan dat die leser nie sy kritiek oor ons as mens uitspreek nie, maar net oor ons werk, is die Kaap hollangs.   :icon_biggrin:
Laat weet vir my as jy jou boek in jou hande het.  Neem 'n foto en stuur die inligting aan my en ons plaas dit vir jou in die boekwinkeltjie aanlyn. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Pm,, Danki ja,,, dit is di soort inligting wat ek hier kom soek het,,, realisties,, geen doeke omgedraai ni,, lyk of ek en di drukker wat julle anbeveel het kan regkom,,, soos in so baie dinge in di lewe is daar ook in hierdi publiseer ding groot skelms,,, ek het persoonlike ondervinding daarvan,, en ek verwys hier na "Real Dream Publisher",,,, gelukkig kom ek al n lang pad en het dadelik gevoel iets is ni reg toe ek di son en di man belowe is want my boeke sal kwansuis van di rakke af gevlieg het,,, al wat dit my sou kos is R24000-00,, Mense ,, hoeveel boeke moet ek verkoop voor ek daardi bedrag terug gemaak het!!!! in n mark wat onder di beste van omstandighede ni baie groot is ni!!! jy hoef mos ni n Einstein te wees om reg deur di scam te sien ni,,, Ek gaan nou bv R5000-00 spandeur,,, is dit n flop,, dan is dit ni di einde van di wereld ni,,,is dit ni,, en ek maak R5000-00 wins,, wel dan koop ek n nuwe stel bande vir my M/fiets,, vat vir Ma uit vir n ete en lag my alli af,, nog iets wat ek in my lewe gedoen het!!!!En di boeke wat ek ni verkoop kry ni,,, di gee ek uit by di volgende Old Timer Biker Reuni (Derde een) desember maand,,,, Ek het hierdi Reuni twee jaar terug heel per ongeluk begin toe ek probeer het so n paar van my era bikers in Swakopmund bymekaar te kry,,, Dit het absoluut alle verwagtinge toetaal oorskry,, Dit het ontaard in n Reuni wat opslae oral maak,, En di beste van alles,, ek doen dit net uit liefde vir di saak,, Dis di enigste by eenkoms van n groot klomp bikers ( 70 op di eerste en150 op di laaste Reuni) waar alles kosteloos is,,, dit sluit in jou kampeer plek,, geen ingangs fooi,,, jou kos,, en dit het ingesluit 2 x skappe op n spit,, wors rollekies vir almal,, slaaie,, koffi,, krummelpap en vleis,,, en n orkes reg deur di nag,,, My konsep was van di begin af  toetaal di teen oorgestelde van di norm gewees,, iets vir bikers deur bikers,,, en dit werk,,, Alles aangebied word deur een of ander Old Timer gesponser,, in so n mate dat ek op hierdi oomblik al meer sponsers het as wat ek dinge het om te sponser vir di volgende reuni,, wat ek hier probeer se in kort,, dis ni noodwendig net di aanvaarde norm van hoe om n ding te doen wat noodwendig di beste resultate gaan gee ni,,, Wi weet,, dalk kry ek dit reg met my skryf goete,,, nimand sal weet voor ek dit ni gedoen het ni,, as julle wil kan ek fotos hier laai dan kan julle self sien dat daar altyd nog n pad is om te loop om by di wenpaal uit te kom! :icon_salut: 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 8712
  • Gender: Female
Ja asseblief.  Kom wys vir ons foto's by die kiekiekykplek.  Ons hou van foto's en die storie daaragter. 

Hoeveel bladsye het jou boek en is dit net wit en swart?  Hoeveel boeke laat jy druk en van watter bindmetode maak jy gebruik?  Vir hoeveel gaan jy jou boeke verkoop?

Breyten gee vir ons 'n goeie prys om ons boeke te laat druk en hy is 'n baie aangename mens. 

Dit het my maande se soek gekos om by Breyten uit te kom.  Hy het vir ons ook net 'n kwart van die prys gevra van wat ek by ander drukkers gekry het.  Ons koffietafelboek is in "landscape-formaat", het 250 bladsye en dit is in volkleur.  As 'n mens reken hoeveel tyd en aandag daarin gegaan het, kan niemand jou ooit vergoed daarvoor nie.  Een plek het my R14 000 gevra net om die inhoud in 'n ander program te plaas, wat volgens hulle, meer "drukkersvriendelik" is. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Danki,, ja ek weet ni veel van wat se manier di boeke gedruk gaan word ni,, ek het vir Breyten gese hy moet maar besluit want dis sy afseling daai,, ek gaan 500 boeke laat druk,,,ons praat later,,, ek is al weer op pad land uit!!!!!!!!!!!!

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 316
hallo daar Chock

van my kant af welkom en die bietjie wat ek nou gelees het klink vir my interessant. ek persoonlik het nie 'n probleem met hoe jy skryf nie en as dit wat jy skryf uit die hart kom maar taalkundig nie so korrek is nie, wel wie is ek om jou voor die inquisition te sleep en op 'n brandstapel te braai. weereens welkom

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 8712
  • Gender: Female
Ouens, intussen het ons vir Chock en sy vrou ontmoet.  Hulle is pragtige mense.  Ons het ook 'n kopie van sy boek gekry.  Ek het so in die ryery vir Hannes daaruit voorgelees en ons is dit eens dat daar genoeg vleis om die lyf is en die humor ontbreek nie. 
Ons begin vandag die lang pad huistoe en ek sal meer kom skryf daaroor as ek meer gelees het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
 Chocknel! Lili RossouwI just finished reading your ",,,,Ouboet!!!!!" and I have to tell you I haven't had such fun reading in a loooooong while!
Dis brilliant geskryf. Die taal... is sy eie genre en geen ander taal sou werk nie. Die taal het vir my persoonlik baie lekker gelees. Ek stem nogal saam oor die geen onder 21's maar kan loshande aan 'n hele klomp mense dink vir wie ek hierdie boekie in hulle hande wil druk.Het in die eerste deel trane gelag. Toe arme Snoepie,,,,,,,,,,,, het ekso 'n blue funk getref.Ok. Het jy 'n website? Waar kan ek nog van jou boeke in die hande kry (behalwe by Breyten wat ook vir my boeke druk)? Het jy al 'n sequel uit? (Wil regtig hoor hoe het Chocknel daardie twee slimes opgedinges.)
Groete
Lyz Russo (Lilli is n skrywer van verskeie kinder Boeke)
32 minutes ago · Like
Thursday at 10:35am · Like
August 3 at 9:32pm · Like
Chock Nel Dawie Nel ,,,,n Man het gedroom dat hy n skoenlapper is ....toe hy wakker word weet hy nie of hy eintlik n skoenlapper is wat droom dat hy n man is. Die grens tussen realiteit en fiksie word in die boek so slim gemanipuleer dat ek met tye self deur mekaar geraak het. Die karakters word so werklik dat ek nou lus is om Springbok toe te ry en gaan soek na mense. Snoepie is n droom vrou of bestaan sy regtig? Ek kon nie die boek neersit nie, het heeltemal verlief op haar geraak, Snoepie verdien haar eie boek...storie...selfs iets meer. Dan die einde wat soos n vuishou tussen die oe my laat steier het. Was dit net n droom ? wat is die realiteit? wie weet?. Briljante storielyn. Kan nie wag vir die vervolg nie.
Thursday at 10:39am · Like (Dawie is n argitek in Mosselbaai)
August 3 at 9:35pm · Like · 2
Chock Nel Cindy Halgreen
Wat kan ek se, behalwe SPEECHLESS! Die was nou voorwaar die beste leesstoffi in n baaie baaie laang tyd. Die woorde is so fyn, tog so eenvoudig gekies dat mens letterlik pens en pootjies inklim, sommer als so duidelik soos daglig (soos jy sal se) in jou prenki boks kan sien. Jy beleef die emosies, avontuur, adrenalien..... Dit gee ook n goeie idee van hoe brotherhood die proper biker way was, en nie soos deur baie vandag net n fashion statement nie. Als word so eenvoudig, yet very much intense beskryf. Wat dit nou uber leesbaar maak is dat dit genuine met enige iemand kon gebeur, dis moerse realisties and as a matter of fact is very much true. You lived to tell the story. Wens tog so dit kon anders eindig, wat mens net meer in suspence laat wag vir die 2de boekie. Geen, absoluut GEEN deel van die storie was voorspelbaar nie, neee die is geen soetsappige soapy nie. Jy kani wag om die bladsy om te draai nie, jy leef jouself so diep is dat jy letterlik van als om jou vergeet (PS Dis nou eintlik n tip die, tensy jy gefire wil word moeni bydi werk lees nie ) Die einde ruk jou so onverwags, Heeltemal GENUINE onverwags. And thats when I became speechless. Die storie gaan nie sommer uit die prenki boks van my uit nie......
Thursday at 10:49am · Like (Cindy is die eienaar van n M/Fiets besigheid in Gauteng)
August 3 at 9:39pm · Like · 2
Chock Nel Leon Van Der Merwe
Hallo Chock !
Jammer vir die wag maar dit was nou net een van daai dinge waar ek voluit moes werk om geld vir die 2014 fees vas te maak. Op 3 na was al ons aansoekke vir befondsing se "due date" 29 Maart en dis bladsye en bladsye van invul en skryfwerk - Vir die Lottery het ek nog kans tot 12 April.
Toe ek vanoggend “Ouboet…” klaar gelees het, dink ek onwillekeurig terug aan iets wat Prof Johan Louw eendag in die klas gesê het en iets wat my nog altyd bygebly het : “Die reis van ‘n skrywer is ‘n eensame reis die nag in. Die leser moet nooit bewus raak van die skryfproses nie, maar moet eerder deur die storie wat die skrywer vertel, ingesluk word.” Nou hier is ‘n goeie voorbeeld daarvan. “Ouboet …” is so geskryf dat ek nooit bewus was daarvan dat jy besig was om ‘n storie te skryf nie – eerder dat jy besig is om ‘n storie te vertel en dit so te vertel dat ek die res daarvan wil hoor.
Aanvanklik in die begin van die lesery het die taal my gepla (al het ek die voorwoord gelees) maar namate ek verder gelees het het ek besef dat hierdie is heeltemal ‘n ander genere, ‘n ander deel van die samelewing met sy eie soort van taal.
Ek kan nogal sien dat met die regte draaiboek skrywer verskeie van die stories sal werk vir kortfilms en studente kortfilms. Maar dit moet iemand wees wat ook die “bikers-lewe” ken. Enige iemand anders wat die stories gaan probeer herskryf in ‘n draaiboek gaan ‘n f….op daarvan maak.
Ek hou my ore en oë oop indien ek so iemand raakloop laat weet ek jou.
Dankie Chock vir die vooreg om dit te kon lees.
Groetnis

Thursday at 10:46am · Like (Leon is betrokke by di Cape Wine Festival en verskeie ander Kunste Feeste)
August 3 at 9:47pm · Like · 3
« Last Edit: November 26, 2013, 06:55:04 PM by Chock »

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24

                                  <<<<<<<<<<<<<<<<<<< *OUNAG* >>>>>>>>>>>>>>>>
Vroeg oggend dou tot di bitter alleen van ou nag.. Bruinrooi herfs tot di swoeg van nog n bestaan maak dag.. Sweef n yskoue verlange na dinge wat eens daar was.. Omgee dinge,, vashou dinge,, danki dinge,, een siel dinge,, saam wees dinge.. Na alles,, dinge wat nooit weer sal pas,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,behalwe in di bitter alleen van ou nag,,,,,,,,,,,,,,,,,,Cn
« Last Edit: November 26, 2013, 06:48:30 PM by Chock »

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Hallo aan almal,, Soos hierbo genoem,, ek het toe di 500 boekis laat druk en op my premetiewe manier op Facebook begin adverteer.. Om di minste te se,, ek het ni n idee gehad waarin ek my inlaat ni,, en aanvanklik het ek net pakslae gekry ,, soos hierbo,, en in sommige gevale nog baie erger.. Net soos hierbo was ek baie keer afgemaak as di grap van di jaar,, maar ek het aangehou en vas gebyt,, en toe begin di kommentare inkom ( https://www.facebook.com/groups/Ouboet/),, Ek gaan ni uitbrei oor di kommentare gekry want ek gaan dit hier pos en julle is welkom om by di groep aan te sluit en julle self te vergewis of di kommentare werklik so is,, Dis baie maklik,, kliek net op di persoon se naam,, gaan dan direk na hulle blad,, en as julle dit nog ni glo ni,, kontak di persone,, Dan wil ek ook net noem,, Bike SA (Simon Fourie) Het my boeki in di hande gekry en van my stori gepubliseer,, Vir 5 maande in n ry was di briewe afdeling uitgawe vir uitgawe bladsye vol van my boek,, Ek het n horde posetiewe kommentare gekry,, en twee negatiewe kommentare,, (Ironies genoeg,, ni een van di twee het my boek gelees ni,,Julle sal sien op di Facebook Groep vir di boeki (Link hierbo) Di fotos van al di bladsye met di kommentare is ook daar te sien.. Dan wil ek ook dit toegee aan di wat my so tot in di grond in afgebreek en bespot het,, Vandat ek laas hier was tot nou toe,, het ek twee dinge wya geword,, (1) Julle is 100% reg,, ek is ni n skrywer ni,, hoofsaaklik omdat n skrywer imand is wat volgens n baie duk boek met taal reels,, gramatika reels,, spelling ens ens ens  skryf,, Ek is n Stori vertel,, Wat is n stori verteller????? n stori verteller is imand soos ek wat daardi duk boek met reels vat,, laat aand n stori vertel aan sy Biker Tjom,, beide al n hele paar biere sterk,, en terwyl hy di stori vertel,, steek hy di braai vleis vuur brand met daardi duk reel boek,, en dan vertel hy n stori uit di hart uit,, en dan kry hy hierdi soort van kommentare van mense van reg deur di hele spektrum van di Lesers publiek,, vanaf manne/ dames (70% van hulle het geen verbintnis met n motorfiets ni.. Di boeki het nu al so goed gedoen dat ek di aanvanklike kostes terug gekry het,, genoeg verdien het om di opvolg te laat druk,, en di plasing van my boek op E Boeke te doen,, waar ek ook heel toevallig van di beste kommentare denkbaar kry.. Al di links na di E boeke is beskikbaar op di Boeki groep,, (2) Ek het ook heel toevallig ondek dat ek n gawe het met gedigte,, n Dame het dit erens raak gelees,, my aangemoedig om dit te plaas,, en om n lang stori kort te maak,, Ek eindig toe op om n Radio program van n uur te doen ,, en dit net oor een gedig wat sy raak gelees het,, Di skakel na di Radio program is ook op di boeki groep,, Ek het toe voort gegaan en baie van my gedigte op di boeki groep geplaas,, weereens,, gaan kyk wat het di mense daarvan te se,, let ook op van watter kategori persone di kommentare kom,, Ek plaas di gedig wat soveel deur skielik vir my oop gemaak het hier asook di meer as 60 kommentare gekry op my boeki,,
                                  <<<<<<<<<<<<<<<<<<< *OUNAG* >>>>>>>>>>>>>>>>
Vroeg oggend dou tot di bitter alleen van ou nag.. Bruinrooi herfs tot di swoeg van nog n bestaan maak dag.. Sweef n yskoue verlange na dinge wat eens daar was.. Omgee dinge,, vashou dinge,, danki dinge,, een siel dinge,, saam wees dinge.. Na alles,, dinge wat nooit weer sal pas,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,behalwe in di bitter alleen van ou nag,,,,,,,,,,,,,,,,,,Cn

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Hallo aan almal,, Soos hierbo genoem,, ek het toe di 500 boekis laat druk en op my premetiewe manier op Facebook begin adverteer.. Om di minste te se,, ek het ni n idee gehad waarin ek my inlaat ni,, en aanvanklik het ek net pakslae gekry ,, soos hierbo,, en in sommige gevale nog baie erger.. Net soos hierbo was ek baie keer afgemaak as di grap van di jaar,, maar ek het aangehou en vas gebyt,, en toe begin di kommentare inkom ( https://www.facebook.com/groups/Ouboet/),, Ek gaan ni uitbrei oor di kommentare gekry want ek gaan dit hier pos en julle is welkom om by di groep aan te sluit en julle self te vergewis of di kommentare werklik so is,, Dis baie maklik,, kliek net op di persoon se naam,, gaan dan direk na hulle blad,, en as julle dit nog ni glo ni,, kontak di persone,, Dan wil ek ook net noem,, Bike SA (Simon Fourie) Het my boeki in di hande gekry en van my stori gepubliseer,, Vir 5 maande in n ry was di briewe afdeling uitgawe vir uitgawe bladsye vol van my boek,, Ek het n horde posetiewe kommentare gekry,, en twee negatiewe kommentare,, (Ironies genoeg,, ni een van di twee het my boek gelees ni,,Julle sal sien op di Facebook Groep vir di boeki (Link hierbo) Di fotos van al di bladsye met di kommentare is ook daar te sien.. Dan wil ek ook dit toegee aan di wat my so tot in di grond in afgebreek en bespot het,, Vandat ek laas hier was tot nou toe,, het ek twee dinge wya geword,, (1) Julle is 100% reg,, ek is ni n skrywer ni,, hoofsaaklik omdat n skrywer imand is wat volgens n baie duk boek met taal reels,, gramatika reels,, spelling ens ens ens  skryf,, Ek is n Stori vertel,, Wat is n stori verteller????? n stori verteller is imand soos ek wat daardi duk boek met reels vat,, laat aand n stori vertel aan sy Biker Tjom,, beide al n hele paar biere sterk,, en terwyl hy di stori vertel,, steek hy di braai vleis vuur brand met daardi duk reel boek,, en dan vertel hy n stori uit di hart uit,, en dan kry hy hierdi soort van kommentare van mense van reg deur di hele spektrum van di Lesers publiek,, vanaf manne/ dames (70% van hulle het geen verbintnis met n motorfiets ni.. Di boeki het nu al so goed gedoen dat ek di aanvanklike kostes terug gekry het,, genoeg verdien het om di opvolg te laat druk,, en di plasing van my boek op E Boeke te doen,, waar ek ook heel toevallig van di beste kommentare denkbaar kry.. Al di links na di E boeke is beskikbaar op di Boeki groep,, (2) Ek het ook heel toevallig ondek dat ek n gawe het met gedigte,, n Dame het dit erens raak gelees,, my aangemoedig om dit te plaas,, en om n lang stori kort te maak,, Ek eindig toe op om n Radio program van n uur te doen ,, en dit net oor een gedig wat sy raak gelees het,, Di skakel na di Radio program is ook op di boeki groep,, Ek het toe voort gegaan en baie van my gedigte op di boeki groep geplaas,, weereens,, gaan kyk wat het di mense daarvan te se,, let ook op van watter kategori persone di kommentare kom,, Ek plaas di gedig wat soveel deur skielik vir my oop gemaak het hier asook di meer as 60 kommentare gekry op my boeki,,
                                  <<<<<<<<<<<<<<<<<<< *OUNAG* >>>>>>>>>>>>>>>>
Vroeg oggend dou tot di bitter alleen van ou nag.. Bruinrooi herfs tot di swoeg van nog n bestaan maak dag.. Sweef n yskoue verlange na dinge wat eens daar was.. Omgee dinge,, vashou dinge,, danki dinge,, een siel dinge,, saam wees dinge.. Na alles,, dinge wat nooit weer sal pas,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,behalwe in di bitter alleen van ou nag,,,,,,,,,,,,,,,,,,Cn

Henk Burgers Nou-net ou Chocca se boek klaar gelees.Ek en Chock kom al n laang pad van Katima se dae af en is goeie vriende.Nooit het ek gedroom dat die man oor soveel talent besit nie! Die boek is asof jy self met Chock in gesprek is,- niks word terug gehou nie en dis baie eerlik en opreg. Natuurlik gaan daar besware wees teen sy taalgebruik onder sommiges,-maar ons beleef dit nog maar altyd dat almal nie hou van hoe ons n ding se nie,-ek se "tough"- dis hoe ons is en dis eerlik en opreg met geen lelike of gemene konnektasies bedoel nie. Lees eerder wat die man bedoel en leer ken die man agter die storie,-dis die moeite werd. Ek kan daarvan getuig, want ek ken hom.
June 7 at 11:47am · Unlike · 1 (Henk is die eienaar van n Drankwinkel in Vrystaat en ons is vriende)
August 3 at 9:51pm · Like · 1
Chock Nel Fritz Wehnert
Dis reg so ouboet.Moenie te veel edit nie dan raak die storie te civilized. Jou storie verhaal was tops en dit kry jy nie in enige boek nie. Dis lekker om 'n storie te lees soos dit is en was. As ons praat dan praat ons soos ons wil maar om die gesprek op skrif te sit is 'n ander storie. Vergeet van al die negatiewe bliksem wat net negetiewe komentaar lewer. Ek het jou boek vreeslik geniet en het 'n paar keer kliphard gelag dat my rondekop huisdierkie gevra het wat gaan aan.
July 7 at 9:37pm · Like (Frits is die tegniese besuurder van n Meatco vleis verwerkings aanleg in Namibia)
August 3 at 9:57pm · Like
Chock Nel E Mal gekry van Ouboet Willi Saunderson wat kosteloos help met di verspreiding van my boek vir my in Pretoria. Hi Adele
So glad you enjoy this piece of genius that came from Chock's pen, he has a unique writing style (I have never came across) and he call a spade a spade, which is also a reflection of his integrity and the way he live life as a true bike.
I cannot wait for the next book, from which I understand is well in a progressed phase.
As they say laughter is the best medicine - hope you get well soon
Regards - Willi

From: Trevor Freshwater [mailto:27768448338@vodamail.co.za]
Sent: 21 July 2013 12:42 AM
To: 'Willi Real Estate'
Subject: RE: Ordering of book: Ouboet
Hi WilliReceived the book Wednesday thanks... Sorry for only replying now
Trevor got it for me. I really enjoyed reading it, I was in hospital and it made the day’s fly pass. Reading it bit by bit as the laughing was not good for the staples I feared I might pop a few
July 21 at 3:54pm · Like
Thursday at 11:02am · Edited · Like (Willi het sy eie eiendoms besigheid in Pretoria)
August 3 at 10:04pm · Edited · Like
Chock Nel Willi Saunderson
Ek het uiteidelik vandag opsy gesit om ,,,,Ouboet!!!!!! klaar te lees, WOW foken WOW, vir die van julle wat dit nog nie gelees het nie is aan die slaap, ek is nie groot op die boek lees ding nie, lees mos net wêreld goete op my tab en laptop maar dis die 1ste boek in ek weet nie hoeveel jaar wat ek net nie kon neersit nie, my gevoel ek lê lateraan op iemand anders se sye op die bank maar ek kon nie los nie. Die manier van skryf, die man skryf soos daar gepraat word, niks word terug gehou nie, en op die einde van die die boek net wanneer jy dink daar is lig in die tonnel, is dit toe al die tyd 'n trein se lig. Wel gedaan my vriend, ek kan nie wag vir die opvolg uitgawe nie,,,,, groetnis
Like · · Follow Post · 14 hours ago
April 15 at 8:33am · Like · 3
Thursday at 11:51am · Like (Dis die selfde Willi as op di vorige pos)
August 3 at 10:08pm · Like · 1
Chock Nel Rina en Hannes Moukarzel vanaf Windhoek,,,,
9:37pm
Moet jou gou eers vertel. Ek het eers Sondag namiddag jou boek klaar gelees. Vertel toe my suster van Snoepi en gee haar ook die boek 21h00 gisteraand. Gedink sy sal dit oor so 2 dae lees. Vanoggend sê sy het toe begin lees en kon nie boek neersit voor vanoggend 02h30 nie! Sy sê die blerrie Chock neuk met my slaaptyd! Maar sy kon nie boek net nie neersit nie...nou ja - moet jou gelukwens - Snoepi is 'n baie mooi en hartseer storie..en die vloekwoorde was darem nie te onder die rok uit nie - ons het dit BAIE geniet!
July 1 at 9:45pm · Like
Thursday at 11:07am · Like Hannes is die eienaar van n Bou en reperasie besigheid in Windhoek en ons is vriende al vir baia jare)
August 3 at 10:13pm · Like · 1
Chock Nel Bertus BigShow Swart posted to Chock Nel
3 hours ago via BlackBerry Smartphones App
Hi Ouboet Choc, ek't jou boekie klaar gelees............damm man dit was goed! Hel wens ek het so n Snoepi geken, dit het my terug laat verlang en terug laat dink aan my jonger stoutgat jare en ek wil jou uit die dieptes van my hart, siel en gees bedank vir die eer om jou boekie te kon gelees het. Thanx Ouboet Choc
June 2 at 10:23pm · Like (Bertus is die eienaar van n M/fiets handelaar besigheid in di Kaap)
Thursday at 11:17am · Like
August 3 at 10:18pm · Like · 1
Chock Nel Nadia Lambrechts Kannemeyer
WOW!! Excellent boek! Ek kon nie die boek neer sit nie. Het hom in een dag klaar gelees. Het nie verwag dat ek die boek so sou geniet het nie. Wag in spanning vir die volgende boek.
See Translation
Unlike · · Follow Post · Share
June 21 at 10:19pm · Like
Thursday at 11:19am · Like (Nadia is n gegradueerde Dame en gee klas by n Kollege in die Kaap)
August 3 at 10:24pm · Like · 1
Chock Nel Ronel Gresse Gresse,,, Ek het hierdie boek wragtag baie geniet. Dit is ongeskonde so uit die mond van 'n biker in vlees en bloed. Die styl s eie aan die bikers meen ek en dit help nie om dit te verander nie. Bikers is 'n groep op hulle eie, met eietydse segoed en hulle verstaan mekaar. Bikers, julle het deur Chock Nel nuwe lig gewerp op wat al die jare 'n "geslote" groep was. Nou verstaan mense wat die boek lees baie beter en kry nuwe insig in die harde, werklike lewe van Chock Nel en al die ander bikers in Suid Afrika. Welgedaan Chock! Skryf voort my vriend!!!
June 2 at 4:33pm · Unlike · 2 (Ronel is n dame in di omgweing van 60 mat haar eie besigheid in Windhoek)
Thursday at 11:22am · Like
August 3 at 10:40pm · Like · 1
Chock Nel Des Fontaine JP posted to Chock Nel

Chock, as n khaki ek het daai ou stoeirtjie van jou baie geniet. stuur sommer die opvolg automaties vir my. (en daar was so min gevlok ek moes vir my vrou gee om te lees om seker te maak ek het nie n paar bladsye gemis). Daar was eerens n post waar jy iets gese het van vertaling. My opinie is nee, iets sal verlore raak. Vir die mense wat jou gekritiseer het - shame vir hulle. Ek is nie n pro nie maar van my kant af is jou boekie (veral die storie van Snoepie) uitsteekend. Blessing Broer. L&R
May 24 at 5:09pm · Like · 1
Thursday at 11:26am · Like
(Des is n Facebook friend en bly in di Kaaap)
August 3 at 10:44pm · Like · 2
Chock Nel Gunther Sass
Hulo uncle hoe ga dit nou.uncle se boek was nog di beste boek wat ek nog gelees het.as ek mag vra het van di goed rerig gebeur ini verlede?ek kan ni wag vi nr 2 ni.waneer ga hy kla wees.groete.
June 16 at 3:10am · Like
Thursday at 11:30am · Edited · Like (Gunter is n tegnikus in Swakopmund)
August 3 at 10:46pm · Like
Chock Nel Kobus Rens
Ouboet Chock, ek het jou boekie gelees. Eerstens gaan jy die mense laat besef dat Bikers ook diep mense is. Twwedens, jou storielyn is baie goed. Derdens, jy skryf baie beter as ander gewilde skrywers. Vierdens, as kak praat n siekte was, was jy al lankal moertoe gewees. Vyfdens, dat bikers bymekaar kan staan en omgee. Sterkte met jou opvolg.
Like · · Follow Post · Share · Sunday at 7:33pm
June 4 at 10:55am · Like
Thursday at 11:32am · Like (Kobus is n gestremde atleet en bly in Potchefstroom)
August 3 at 10:48pm · Like
Chock Nel Amanda Bruwer r,, Chockie, ek is nou nie 'n girl wat gebore is met die "gift of the gab" nie, maar kyk, hierdie boek van jou is absoluut uniek. Ek het hom gister gekry en sommer so tussen deur by die werk begin lees. Ek't so gelag dat een van ons direkteure kom ondersoek instel het en nou wil hy dit ook lees. (Ek sal sy kommentaar ook vir jou hier opsit sodra hy klaar gelees het.) Ek't verder op die busrit huis toe ook gelees en so gelag, dat die mense op die bus eintlik omgedraai het om te kyk wat ek lees!!! Hierdie boekie is die absolute 100% regte medisyne vir mense wat so 'n bietjie emosioneel laag is en opkikkering nodig het, want dit prikkel die lagspiere en laat 'n mens sommer beter voel. Alles is uitstekend beskyf, net soos jy kan - 'n mens kan letterlik 'n "mental picture" vorm van jou stories. Wel gedaan, Chockie en doen so voort, ek wag vir die volgende boekie!! En by the way, vir die ander wat nie weet nie, ek is die "W-O-M kort op Korporaal se gat met 'n skoot wat eintlik onner Chockie se gat hoort"!!!!! (uittreksel "Di Stori van di Buff Troue en die Viagra poeier")
April 12 at 4:34pm · Like · 1
Thursday at 11:37am · Like (Amanda werk by n groot Prokereurs firma in di Kaap)
August 3 at 10:52pm · Like