Author Topic: My naam is Chock Nel,,, wil myself net voorstel en hoor of ek op di regte plek i  (Read 26032 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Soos gese,, My naam is Chock Nel,,, 60 jaar jonk,,, Swaar stroom Elektrisien van beroep,, getroud met Mara,, ook bekend as W-0-M (woman-o-matic),,, Ek werk vir n internasionale Kompanie waar ek huidiglik n 2 jaar kontrak (as n Expat) doen op my gebied nl. di elektriese kant van groot Diesel Krag opwekkers,, Biede ek en W-0-M is kranige Bikers,, Tusen ons twee het ons a garage vol van di goete,, Ons is op di Buffalo Rally getroud in Mosselbaai in di grot op di punt.. Ons stokperkies  draai alles om bikes,, Ons gaan bv elke jaar vanaf Gordansbaai na Swakopmund waar ons di Old Timers Biker Reunie bywoon,, ons is gemiddeld 5000km in di saal,, gesamentlik met di bikes neem ons geweldig baie fotos en di geleerde mense se nogal ons het n oog vir n foto,,,Deur my lewe is ek menige keer vertel ek het n gawe om n storie te vertel,, toe na heelwat aansporing het ek op n dag besluit om iets te probeer op papier kry,,, Voor ons verder gaan,, wil ek julle net inlig oor my skryfstyl,, Ek is lief om dinge te skryf geskoor op denkbeeldige dinge wat met ek en W-0-M kwansuis sou gebeur het in ons rondryery op n bike,, Di stories word vertel vanaf die volgende standpunt,,Nl,, n Biker,, wat langs n braai vuur staan,, al n hele paar biere sterk,, en n storie vertel van iets wt met hom en sy W-0-M erens gebuer het,,, Hier wil ek dit prontuit stel,,, Di taal gebruik is di van n biker tusen sy vriende,, dit kan rof raak maar dit is nooit vulger nie,, daar is n fein lyn tusen di twee en ek probeer by dit hou,,, Ek gebruik basies n "Slang" (soos di engelse dit sal noem,,,) Dit neem n bladsy of twee om gewoont te raak daaraan,,, Op n dag het bekendes soos Rillette Meyer van my skryf goete te hoor gekom en na n bieki gekoukus is van dit gepubliseer,, Ek word gereeld vertel dat ek iets met my "Talent" moet doen,, maar al wat tot dusver gebeur het is dat ek af gerip wil word van mense soos "Real Dream Publisher" en dat my goete gepubliseer word en ek het geen se daarin ni,,, Ek wil ook noem dt my skryf styl in twee kampe val,, Of jy is mal daaroor en lag jou n papi oor hoe ek n ding vertel of jy haat my oor my taal gebruik,, Ek glo vas dat ek  n  unieke "Nitch" in di afrikaner skryfkuns het en voel dat ek di reg het om my goete erens gepubliseer te kry,,,,,, Ek wil dit duidelik stel dat ek op hierdi forum is om te sien of ek hulp kan kry om di droom verder te neem,,, sou ek summier verwyder word,,, ek sal dit verstaan want soos gese,,, daar is twee kampe oor my skryfstyl, di wat my wil ophang,, en di wat dink dis iets baie besonders,,, daarom vra ek opreg,, kan ek hier gehelp word!!!!!!!! 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Ek wil met die stewel op die drumpel skraap voor ek by die deur inval. Welkom by ons Chock. Met die handskud agter die rug kan ons begin gesels oor jou 'fingervout-skryfstyl'. Smaak verskil, waaroor ek baie dankbaar is; so ek glo jou dat daar mense is wat van jou skryfstyl sal hou en ander nie. Jy gooi feitlik alle voorgeskrewe riglyne oorboord en doet voort op eie stoom  Ek glo vas dat ek  n  unieke "Nitch" in di afrikaner skryfkuns het en voel dat ek di reg het om my goete erens gepubliseer te kry,,,,,,

Gaan eerlik met jou wees, persoonlik verkies ek om gemaklik te wees met 'n skryfstyl wat ek geniet. Jou 'Nitch' val buite my verwagtinge. Soos ek reeds genoem het: smaak verskil. Wens jou sterkte en sukses toe met die najaag van jou droom.

NS: Ek sou graag twee vrae aan Chock wou stel. Indien daar 'n persoon by jou opdaag wat saam met jou wil werk, en hy doen alles agterstevoor en sonder in ag neming van enige veiligheidsreels, sou jy hom toegelaat/vertrou het as julle as 'n span moes funksioneer?

As bestuur jou inlig dat die persoon oorweeg om betrokke te raak by die skryf van handleidings ens. sou jy sy ortodokse manier van dinge doen, aanvaar en hom aanmoedig?
« Last Edit: January 11, 2013, 06:40:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1278
 :hello:

Hallo en welkom Chock. Ek het nou in my geestesoog prentjies gesien oor 'n grottroue waar jy en jou geliefde omhels word binne Moeder Natuur se binne-arms en jy jouself  hoor eggo in haar hart. Dit moes 'n kosbare ervaring gewees het.

Ek lief stories waar die karakters eg is en dit emosionele onderstrominge het wat in jou eie lewe weerklank vind. Bygesê, ek glo ook dat in elke kunsvorm of dit nou skilder, skryf, dig ens. is, jy die basiese grondreëls moet ken en kan toepas, voordat jy begin om jou vlerkte te sprei en jou eie stem te vind. Die Vaders in die verskillende kunsgenres het met realisme en die kunsstyl van die tyd begin, totdat hulle dit bemeester het en dan het hulle voortgegaan en hulle vlerke gesprei soos Picasso met Kubisme, Jackson Pollok met Abstrak Ekspressionisme ens.  Miskien kan 'n mens soiets dalk regkry deur in jou beskrywings tradisioneel te bly en by die reëls te hou soos spelling en grammatika en dan die egtheid en geloofwaardigheid van die karakters d.m.v. hulle dialoog of monoloog? Tydens Nl se vertellery kan sy manier van praat dan dalk ook afgewissel word met sy herinneringe wat dan weer op tradisionele manier beskryf of gedeel word?

Sterkte en ek hoop dat jy jou droom kan bewaarheid.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Liefste Fransi jy som dit sooooo pragtig op!

Die Vaders in die verskillende kunsgenres het met realisme en die kunsstyl van die tyd begin, totdat hulle dit bemeester het en dan het hulle voortgegaan en hulle vlerke gesprei soos Picasso met Kubisme, Jackson Pollok met Abstrak Ekspressionisme ens.  Miskien kan 'n mens soiets dalk regkry deur in jou beskrywings tradisioneel te bly en by die reëls te hou soos spelling en grammatika en dan die egtheid en geloofwaardigheid van die karakters d.m.v. hulle dialoog of monoloog?

 :love7: :notworthy: :icon_salut:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1278
Dankie Meraai.  :love7:

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
Fransi,,, Ek gaan nou ni met jou stry oor di egtheid van my gramatika en gebruik van di skrywers  reels ni,, dood eenvoudig omdat ek ni di kennis het om dit te doen ni,,, As jy my oorspronklike stuk lees sal jy sien ek probeer myself geensins voordoen as n geleerde skrywer ni,,,, Maar om terug te kom na wat julle voorstel ek moet doen,,,, Dit sal presies diselle wees as om vir oorlede Tolla van der Merwe te se hy moet tog net hou by di reels van taal gebruik as hy sy stories vertel,,, so sal dit ook diselle wees as om vir n Kaapse klops te vertel hy moet tog oplet na di suiwerheid en taal gebruik as hy sy stori vertel,,,en dis reeds oor hierdi rede,, Nl,, dat di soort van skrywe of taal gebruik toetaal afwyk van wat veronderstel is om di norm te wees,, dit presies daaroor so gewild maak ni???????????? is dit ni presies wat julle nou besig is om met my te doen ni???????sou julle daarop aandring dan versmoor julle di karakter van di skrywe nog voor dit di kans gehad het om sy eerste teug lug te neem,,,Toe ek na di forum gekom het,,, het ek dit baie duidelik gestel waaroor my skryf styl gaan,, ek het dit ook duidelik gestel dat daar twee kampe is oor my skryf goete,,, Dat dit radikaal verskil van di norm waaraan julle gewoond is en ken,,, stry ek hoegenaamd ni oor ni,, maar om my skryf  styl summier af te kraak of te wil verander sonder dat julle eers van dit gelees het?????????????? Ek het ni hiernatoe gekom om geskool te word in di korrekte skryf styl ni want ek is geensins van plan om dit te doen ni,, dood eenvoudig soos reeds gese,, dit sal di  karakter toetaal versmoor,, nog voor ek begin het,,,,Ek is hier om hulp te vra oor di logistiek van skryf,, MAW di tegniese kant van hoe ek my skryf goete di daglig gaan laat sien,,,, Ek hou vol dat daar genoeg sonskyn vir ons almal is,, so is daar ook genoeg ruimte vir ons almal se skryfstyl,, dis julle goeie reg om ni saam te stem oor hoe ek skryf ni,, maar dit is hoe ver dit gaan,,, laat di leser self besluit of hy van my goed hou aldan ni,, moet ni namens hom besluit geskoor oor joulle sieninge van di saak ni!!!,, Ek bedoel hiedi skrewe geensins as n aanval op kulle ni,, maar eerder dat daar altyd twee sake in enige geskil is,, en erens tusen di twee le di waarheid!!

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 104
  • Gender: Female
My Oupa se altoos: "Pasop vir die vrae wat twee antwoorde het want jou antwoord gaan elke keer die verkeerde een wees. In stilte sal jy welgeluksalig kan terugsit sonder om jouself die vraer se roede op die hals te haal."
Chock laat my nou dink...
As ek drink word ek dronk.
As ek dronk is gaan ek slaap.
As ek slaap pleeg ek nie sonde nie.
As ek nie sonde pleeg nie gaan ek hemel toe.
Moet ek drink om in die hemel te kom?  :icon_scratch: :icon_scratch: :icon_scratch:
 :icon_scratch: miskien nagmaal, maar dis nie genoeg om my vaak te maak nie.  :icon_scratch:


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1712
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Chock Nel. Jy het ons nie nodig vir skryf nie.
Ons het jou nodig vir lees. Plaas 'n paar van jou deurmekaar stories dat ons dit kan waardeer.
Sover die skryflogistiek aan betref is die antwoord eenvoudig:
  Graad 1:    Papier en vetkryt
  Graad 3:    Papier en potlood
  Graad 5:    Papier en pen
  Graad 12+  Rekenaarskerm en sleutelbord - sit om in pdf formaat en stuur na uitgewer. As uitgewer nie jou werk wil publiseer nie weet hy niks van talent nie. Stuur pdf na drukker, bestel soveel boeke as wat jy kan bekostig en publiseer en verkoop jou eie boeke. As die lesers nie die boeke wil koop nie weet hulle niks van talent nie.
Whala! Probleem opgelos.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1921
hallo Chock

welkom hier
hoop jy vind jou ook tuis. ek skryf nie juis nie maar hou van in prentjies gesels. lyk my jyt ook paar prentjies.
kom wys gerus daarvan en skryf so paar sinne by om van julle wedervaringe te vertel asb. hier is 'n blad spesiaal daarvoor.

groetnis en geniet die naweek.

is jy van gordonsbaai?

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
AB,, ja ek is van Gordansbaai,,,ek het ni n probleem om een van my kort stories hier te plaas ni,, maar ek wil dit duidelik voor di tyd se,,, en hier herhaal ek myself soos in my eertse pos,,, Daar is n fein lyn tussen vulger en kras,,, ek probeer my bes om daardi lyn ni te oorskry van kras na vulger ni,, maar dan moet ek in diselle asem se,,, dit is net my opini,, ni almal sal met my saamstem ni,,, ook moet ek noem dat in di stukke daar elke dan en wan n kragwoord gebruik word,,, MAAR,, en di stukki is belangrik,, di leser moet altyd in gedagte hou dat hierdi stori word vertel langs n braai vleis vuur baie laat in di aand en almal is al lekker sterk van n paar biere,,, Ek sal sover gaan om te se in di wereld waar ek in leef  di storie soos ek dit vertel heeltemal pas!!!! en laastens,, di leser moet NOOIT vergeet om di stuk geskryf en di krag woorde asook di taal gebruik,, in di konteks te sien van hoe en waar en deur wie dit aangebied word ni,,, op daardi verstand houding en met di toestemming van di admin van hierdi forum,, sal ek n storie plaas,,,,Naas,,, ek wil graag met iemand praat wat al reeds deur di skool is en ek wil graag meer weet van boeke versus E boeke en in beide gevalle presies hoe om te werk te gaan !!!!!!!!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9160
  • Gender: Female
Chock, ek wil jou sommer 'n troetelnaampie gee van "Tjoklit".   :icon_biggrin:

Tjoklit, ons is 'n groepie skrywers wat hou van die konvensionele.  Ons sit 'n ê agter ons ni en ons gebruik slegs een vraagteken agter elke sin.  
Jy vra of hierdie die regte plek is om jou van hulp te wees en ek antwoord jou daarop dat ek nie so dink nie.  Jy vra nie vir hulp nie.  Jy probeer jou eksotiese skryfstyl aan ons opdring en omdat jy dink dat dit die regte manier is om 'n ding te doen, wil jy ons dwing om dit so te aanvaar.  Ons hou daarvan om elke dotjie op die i te plaas en daar hoort 'n kolletjie agter elke sin.  Jy sien, ons is geleer deur die ou meesters.  Ons hou nie van kras taal nie en as dit "rof" gaan, dan gaan ons huistoe.  
Naas het vir jou die beste raad gegee.  Nader 'n drukker, kry 'n kwotasie, bestel soveel boeke as wat jy kan bekostig en doen jou eie bemarking.  Ons het dit gedoen en is heel tevrede met die uitkoms.  In dien jy so sou verkies, kan ek of Naas vir jou die beste drukkers teen die beste pryse voorstel.  Skryf vir my 'n briefie, ek sal die nodige inligting vir jou per e-pos aanstuur.  
Ons verstaan dat jy 'n unieke skryfstyl vir 'n uitgelese leserskring daarstel, maar ek glo nie dat dit hier op die forum sal slaag nie.  Ons is 'n klompie ou suurknolle wat 'n hewige liefdesverhouding met ons taal het.  Ons let op spelling en gramatika.  Dit is ons kos!  Ons taal is ons trots.  Indien jy van plan sou verander, en werklik by ons wou leer hoe om reg te skryf, sal ons almal hier in 'n ry sit om jou hand en tand met raad en daad by te staan.  Tjoklits, ek wens jy wou van ons aanbod gebruik maak.  Afrikaans is die mooiste mooiste taal.  'n Mens kan daarmee toor.  



Om te weet is om te verstaan.

Offline Chock

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 24
PM,, Danki vir jou opregte antwoord,, jy sal sien dat op my heel eerste pos ek gevra het op ek op di regte plek is,,, Ek is ni en dit is dit,, Ons het almal n reg op n opini en ek is groot genoeg om te weet wanneer dit tyd is om my baaiki te vat en te loop,,, Daardi tyd het aangebreek en ek verlaat julle met di engelse gesegde,,, No Hard Feelings,,,, Ek sal egter graag van jou aanbod gebruik maak om di inligting aangaande di drukkers ens te kry en sal jou per e pos kontak,,,, Wees so gaaf en delete my rekening asseblief ,, Verder wens ek julle almal net di beste vir di nuwe jaar toe,,,, Droom n droom,, jaag hom,,, as iets in jou pad staan,,, gaan verby,,, moeni tyd mors,,, en gaan voort!!!!!! Groetnis Chocknel!!!!!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1278
Ek is jammer, ek het nie bedoel om op tone te trap nie. Ek het die vraag om hulp verkeerd verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Fransi  :love7: ek skryf weer: jou antwoord het my hart gesteel. Chock sê self ons het elkeen die reg op 'n opinie. En so het ons daardie reg uitgeoefen in ons kommentare hier. Ek wil afsluit deur vir hom te sê dat ons beslis die raad sal volg waarmee hy gegroet het: Droom 'n droom, jaag hom - as iets in jou pad staan - gaan hom verby, moenie tyd mors nie en gaan voort. Sela!  :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: January 12, 2013, 06:09:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9160
  • Gender: Female
Ek wil nie graag jou naam uitvee en vergeet van jou nie.  Jy is altyd welkom om saam met ons te kuier.  Jy kan ook jou werk by Woes plaas en vir ons 'n skakel hier gee waar die ouens wat dit wil lees so kan maak.  
Hier is vir jou 'n selfoon nommer van Breyten.  Sê vir hom jy het die nommer by my gekry (Petra Smit) en hy sal vir jou 'n goeie kwotasie gee.  
Wanneer jou boek gedruk is kan jy dit hier op die forum in ons boekwinkeltjie gratis adverteer.

Ek is bly jy is volwasse genoeg om dit nie persoonlik op te neem nie.  Hier is 'n paar ouens wat my oor die vingers gaan tik, maar ek sal dit trotseer.  

MC Drukkers:  Breyten  sel  082 823 2867.
Om te weet is om te verstaan.