Author Topic: CJ Langenhoven se Loeloeraai  (Read 5770 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
CJ Langenhoven se Loeloeraai
« on: January 10, 2013, 05:59:05 AM »
CJ Langenhoven se Loeloeraai

Ek is besig om CJ Langenhoven se Loeloeraai, wat vir die eerste keer in 1923 gepubliseer is, weer te lees. Ek was om en by 15 toe ek dit vir die eerste keer gelees het.  Die was nog voor oom "Sterkarm" en sy bende op die maan geland het.  Voor TV en selfone.  Voor die rekenaar soos ons dit ken, voor my ouers se geboortes.  Dit was donkiejare gelede, toe Langenhoven se verbeelding hoogty gevier het.
Toe ek die boek vir die eerste keer gelees het, het dit nie die impak op my gemaak wat dit nou het nie, want toe was 'n vlug maan toe nog net 'n droom en selfone 'n vlug van die verbeelding.  Afrikaans was nog 'n nuwe taal, "vars uit die oond uit" en ek verstom my aan die groei van ons mooi taal deur die afgelope jare.   
Ek is nou daar waar Loeloeraai sy gasheer gerusstel dat hy wel kommunnikasie sal hê met sy redakteur, terwyl hy oppad maan toe en terug sal wees:

“Daar is geen stuk moeilikheid nie,” sê Loeloeraai. “Ek is nog gedurig in verbinding met Venus, wat ’n hele entjie verder is. Ek sal jou ’n draadlose telefooninstrumentjie gee om aan jou koerantmense te stuur. Dan dikteer jy maar week vir week jou artikels. En hulle sal sommer kan teruggesels ook, as jy nuuskierig is om van tyd tot tyd te verneem hoe die mense hier op die aarde sonder jou teenwoordigheid klaarkom.”

“Loeloeraai,” sê ek, “dit sal gaan. Al moet my lesers dan in die tussentyd verlief neem dat my spelling verknoei word.

Ek is seker daarvan dat ek nog sulke brokkies sal kom deel. 
Intussen kan julle saam lees as julle lus het, hier is die skakel.  Deel gerus dit wat vir julle interessant is.

http://mieliestronk.com/loeloeraai.html
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: CJ Langenhoven se Loeloeraai
« Reply #1 on: January 10, 2013, 09:13:40 AM »
Lieflik!! Om te dink hy kon so ver vooruit 'sien' hoe ons gaan kommunikeer. Sal beslis gaan loer PM!!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: CJ Langenhoven se Loeloeraai
« Reply #2 on: January 10, 2013, 09:50:34 AM »
 :hello:

Voer dit my nou ook terug na my kinderjare- my pa het al die boeke gehad. My gunsteling van daardie tyd was die derde boek van Geeste op Aarde en Die Wandelende Geraamte. Ek is sommer nou lus om weer almal te lees. Boek 12 het net een of ander tyd voete gekry. Ai.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: CJ Langenhoven se Loeloeraai
« Reply #3 on: January 10, 2013, 11:40:29 AM »
Daar is mos 16 in totaal nê?  Ek soek so 'n stel van lanktyd terug af.  Adéle het 'n nommer gestuur, Hannes het dit verloor, en sy het beloof om dit weer te stuur as sy dit opspoor.  Hulle het die rooi stel.  'n Ander vriend van my het 'n grys stel, maar ek dink daar is meer as 16 boeke in daardie stel. 

Ek sal ook graag die ander boeke wil lees.  Dalk is dit ook op die internet beskikbaar. 
Om te weet is om te verstaan.