Author Topic: Moskonfyt polka  (Read 4105 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Moskonfyt polka
« on: January 08, 2013, 08:13:36 AM »
Dalk die inleiding tot my volgende boek?

Moskonfyt polka

Loop katvoet deur my woorde
want knyp en byt
is dalk net moskonfyt.

Loop ligvoet waar jy trap
voete vol moskonfyt
keer dalk die joligheid.

Loop dansend tussen my lyne
want moskonfyt se stroop
sal oorsoet daardeur loop.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moskonfyt polka
« Reply #1 on: January 08, 2013, 08:22:19 AM »
Pragtig Naas.  Jy kan dit ook as inleiding vir jou bundel in ons volgende boek gebruik. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Moskonfyt polka
« Reply #2 on: January 09, 2013, 12:38:15 AM »
Ek wil op die pandokkie se dak gaan klim (daar onder by die grot waar dit dit kopstamphoogte is) en met 'n dawerende stem hierdie voorlees. Verkieslik met mikrofoon dat die hele cowboy dorpie kan hoor HOE klink my geliefde taal as dit ingekleur is deur ons eie Langenhoven  :book1: :hello2:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moskonfyt polka
« Reply #3 on: January 17, 2019, 01:31:59 AM »
Ek skouerlees opnuut en polka opgewonde deur die lyne. Watter voorreg dat ons woordskatte hier ook bewaar is! Dankie mater.  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moskonfyt polka
« Reply #4 on: January 23, 2019, 09:20:04 AM »
Kyk hoeveel druppels is al in die emmer.  Amper 'n duisend. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moskonfyt polka
« Reply #5 on: November 12, 2019, 04:01:46 AM »
Naas, jy was 'n slagoffer van die woorddief:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4555.0

 :hello2: :book1: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moskonfyt polka
« Reply #6 on: March 25, 2020, 09:20:04 PM »
As jy my jolig wil sien kan jy my voete vol moskonfyt maak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moskonfyt polka
« Reply #7 on: May 20, 2020, 09:44:29 AM »
En so moskonfyt ons deur die lewe.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moskonfyt polka
« Reply #8 on: May 21, 2020, 02:41:26 AM »
Te lank stil gesit met die gepluk aan my nuwe snare het ek so paar dae gelede besluit dit is tyd om die krakende skarniere te olie. Ongelukkig nie moskonfyt gehad nie maar intussen 'n paar ballerina passies weer probeer baasraak. Spottende het Elle vir Naas genooi om dit ook te probeer en ek het 'n prentjie in my gedagtes geskets van Naas en die uwe met ons verstrengelde pypies...
 :headbang:

Die volgende oggend wag hierdie kosbare verrassing van Naas vir my by die plasing op FB:

Ballet pret...
Eers kyk ons na lings
Dan kyk ons na regs
Pypies die draai
En gewrigte die kners
Op, op die tone
Pirette in die rondte
Spring...
Spring...
Trippel soos mank makou
Pasop...
Die pypies pootjie my nou
Buig vooroor en hyg na asem
Kyk op na die berge
Op soeke na hulp
Los my pypie Maria
Joune is om jou enkels gedraai.
Oooo!!!! Toggie!!!
My rug is in sy maai.

 :toothy4: :notworthy:

*Elke keer as ek nou my paverpolballerinatjie op die klavier kyk, sal Naas se woorde my bybly  :icon_salut:



'n Baie spesiale kommentaar:
Ballet Based Movement
Oh wow, a poem about ballet - that is just wonderful! So glad you are having so much fun - that is what it is all about!
« Last Edit: May 24, 2020, 11:41:53 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moskonfyt polka
« Reply #9 on: May 21, 2020, 03:24:26 PM »
Ag, dit is so pragtig.  'n Mens staan verbaas om so 'n sterk band tussen mense te sien wat mekaar nog nooit eers ontmoet het nie.  :icon_salut:  Dit kan net die liefde vir ons taal wees wat ons so saam snoer.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Moskonfyt polka
« Reply #10 on: June 01, 2020, 06:56:36 PM »
Taal of nie taal nie, ek lief julle almal. MWAH

 :love7: :love7: :love7: :love7:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moskonfyt polka
« Reply #11 on: June 02, 2020, 05:38:11 AM »
 :love7: En ons vir jou my dierbare vriend  :love7:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Moskonfyt polka
« Reply #12 on: June 03, 2020, 08:47:59 AM »
Oom Naas ek gaan vir Tannie Elmarie vertel jy deel liefde uit op die onternet!!!

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Moskonfyt polka
« Reply #13 on: June 03, 2020, 10:54:19 AM »
 :nono: O genadetjie Assie, hang aan nooi. Die is alles heel ordentlik en in die openbaar en jou oom Naas is baie gewild selfs hier in die land van Bloekoms en groot springende hase jongie.  :icon_biggrin: :book1: :bootyshake:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Moskonfyt polka
« Reply #14 on: June 03, 2020, 06:50:32 PM »
Assie kan maar gaan vertel. My vrou weet ek is liefdevol.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.