Die Klaskamer > Hoe werk die program?

PhotoScape (17) Crop & Contras

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Hierdie twee funksies is ideaal wanneer jy dit as verwysingsfoto wil gebruik vir skilder of net so laat druk op canvas. Die kamera se verstellings was op outomaties en sonsondergang. Omdat ons kamera se fotos almal naastenby 10.8 MB is, kan ek die kleinste detail uitsny en die beeld is nog duidelik (hang af waar die fokuspunt was).

Gewoonlik gebruik ek dan die 'kontrasfunksie' van PhotoScape op so +24 om die voor- en agtergrond duideliker te skei nadat ek die deel uitgesny het wat ek wil gebruik. Dit word dan apart bewaar deur net 'n a of b by die nommer te voeg. Die laaste foto is soos dit geneem is sonder om die kleur te verryk met die kontrasfunksie. Heel eerste foto is die kontras op +32 gewees.
 






Meraai vannie Baai:
Die borrels het my tone laat kriewel om te sien wat gebeur as ek met die reflekteerfunksie speel  :icon_biggrin: Hier is my Borrelborsbeeld

PM:
Goeiste maar dit is kunstig gedoen.  'n Borreltjie vasgevang in sy eie spieĆ«lbeeld!   :hello2:

Meraai vannie Baai:
As die oorspronklike foto mooi kleurvol is, het jy die beste wegspringblok in die kreatiewe span mater! En as jy nog jou hande kan plaas op 'n program soos PhotoScape haal jy die wenpaal keer op keer  :notworthy: :icon_biggrin:

Fransi:
Ek lief dit!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version