Woordskuur > Verskombuis

Die Lock Pandok se "2013 P-menu"

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:


Georgie Porgie het puddin' & pie gehad.
Rowley Powley spog met sy pumpkin pie.
Orgy-porgy se Ford & fun - aldus Huxley,
pas so reg in Outop se kraal.

Maar vir die honger gas van oupa en ouma
is die Lock Pandok se menu sommer nommerpas
want daar's pudding & pie EN pizza!
                  :toothy4:
*Sy pa het 'n graafvol groente voorgestel
ek weet die Dokter sou dit beaam ...
maar oumas verstaan wat laat ogies blink,
en dit is hoeka mos net een maal 'n jaar
"nuwejaarsdag"!

Fransi:
So lekker, ons het ook pizza gemaak. :-)

Meraai vannie Baai:
Fransi kan ek seblief jou pizza resep bedel vir hierdie afdeling in ons verskombuis?  :notworthy: :book1: :love7:

Fransi:
 :icon_biggrin: Meraai, ons koop die pizza basis en dan sit ons sommer wat ons ookal in die huis het op as vulsel. :-) Hahaha, ons het nie pynappels gehad nie, net 'n blik met ingelegde appelstukkies- dit het ook op die pizza gekom.

Meraai vannie Baai:
Hmmmm. Ek raak slim hier  :icon_biggrin: Dankie Fransi sal beslis probeer. Ons kaboutertjies kuier nog hier en hulle is soos ruspers ...altoos aan die knubbel  :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version