Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 289019 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #510 on: March 26, 2019, 09:22:25 PM »
Voor operatiewe narkose-ondersoek noodsaaklik vir die PH pasient:

Ons het gister die afspraak met onkologiese chirurg Dr Lee gehad vir verwydering van gebarste borsprosteses. Was gerusgestel deur sy eenvoudige verduideliking van die prosedure sonder dat ons regtig nodig gehad het om 'n vrag vrae te vra. Was gereed vir dit - die ondersteuningsgroep het 'n saamgestelde lys van vrae wat ek op 'n later stadium sal opsom en kom deel vir PH pasiente met bors-prostese probleme.

In die groep waarby ek aangesluit het in AUS en NZ is daar 2 PH'ers (die uwe ingesluit).

Die mede PH'er met dieselfde probleme het gister gehoor weens die feit dat sy bloedklonte in longe het, dat die risiko te groot is om die warfarin dosis te stop vir  die prosedure en dan weer te neem, weens die gevaar van bloeding en klontvorming. Haar plastiese chirurg en narkotiseur het altwee geweier om voort te gaan met operasie.

Ons het gister weer Xtrale van my longe gehad om die gevaar van klonte uit te skakel. Vandag doen hulle ook weer 'n EKG en daarna sal die uitslae seker die finale besluit beinvloed.

Dr Lee het aan ons verduidelik dat hy bereid sal wees om voort te gaan met die verwydering (explant) indien die ICU narkotiseur vandag die groen lig gee vir 20% of minder kans vir 'mortality' tydens narkose met PH. Hulle het ook aangevra vir al die vorige verslae van die kardioloe en narkotiseurs wat reeds betrokke was met en na diagnose van die asemdief.

Ek wil graag ook noem dat ons uitstekende diens ontvang het van alle personeel by die spreekkamer, hospitaal en lab in Toowoomba QLD.

Dit was 'n voorreg en plesier om onder die senutergende, netelige omstandighede rakende die situasie, soveel menslikheid en omgee te ervaar. Nie almal is so gelukkig nie, Vroue getuig van persoonlike ervarings van verbale aanvalle wat selfs 20 minute duur en dit tydens die neem van EKG!

Vir meer inligting:
https://www.uptodate.com/contents/anesthesia-for-noncardiac-surgery-in-patients-with-ischemic-heart-disease?fbclid=IwAR3BkQVhf5VknviIs9D1i4IvTsSWZoJhvkp7i_pNfYdSvTHabNowHw4rrBI

https://www.uptodate.com/contents/perioperative-management-of-heart-failure-in-patients-undergoing-noncardiac-surgery
« Last Edit: March 26, 2019, 11:05:46 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #511 on: April 08, 2019, 11:34:15 PM »
Ek is terug aan't huise. Die giftige sakkies en hulle omhulsels is verwyder. Nou stap ons opgewonde aan op die kronkelpad van genesing en waarneming om te sien hoeveel van die BII (breast implant illness) simptome het oorvleuel met die asemdiefsimptome. Op die oomblik is swelling en kneusing nogals erg ongemaklik maar ons besef dat tyd heling gaan bring.

Die ICU narkotiseur het aangedring op 'n nuwe echo om die PH drukking vas te stel wat nou gedokumenteer is as 60mmHG en daarvolgens was 'n wonderlike spanpoging saamgestel en daar was geen nagevolge van narkose soos gewoonlik nie. Ek het 16 ure in die intensiewe versorgings eenheid deurgebring sodat alles dopgehou kon word en is daarna oorgeplaas na die chirurgiese saal.

Die verwydering van die prostese en omhulsels was gedoen deur die oncoplastic breast surgeon. 'n Man met eg menslike optrede teenoor sy pasiente. Sal my huisdokter ewig dankbaar bly vir die verwysing na hom toe en nie net 'n gewone 'plastiese snydokter' in die volksmond nie.

Vooraf was die grootste uitdaging, die voorbereiding waarvan my warfarindosis aangepas moes word voor die prosedure tot op 'n INR telling van 1.1 met gepaardgaande inspuitings twee maal per dag om bloedklontvorming te voorkom.

'n Dag na operasie het die proses begin om die telling weer op veilige vlak terug te kry. Dosis is van 7.5mg opgeskuif na 10, en toe na 12. Die hoogste wat ek nog moes neem. Na vyf dae in die hospitaal was die laaste dosis net 5mg vir twee dae oor die naweek en ek het gister weer 'n INR bloedtoets gehad.

Ons kry vandag die uitslae en nuwe dosis.

Ter opsomming: Ons is nog besig met waarnemings maar tot dusver kan ek saam met duisende ander vroue getuig dat die eerste gewaarwording was die gemak waarmee jy skielik weer kan asemhaal. Die suurstofaanvulling was net nodig terwyl ek in ICU was.

Die sementgevoel wat my gekelder het vir die afgelope jare, het saam met die gifsakkies verdwyn. Ons is opgewonde om te sien hoeveel, en OF hierdie inwendige vergiftiging wel die PH drukking beinvloed het. 'n Nuwe hoofstuk...



« Last Edit: April 09, 2019, 12:11:14 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #512 on: April 09, 2019, 09:06:44 AM »
Ek lees en lees, moes weer teuggaan hier op jou spoor om regtig te besef wat die impak van jou sakkies was. Maar sowaar, nooit sal ek wonder hoekom jy dit desjare terug gevra het nie, ken ek nie die idee van kurwetjies nie? En hoeveel mense het nie 'n hupstootjie met die linkervoet nodig gehad vir bietjie selfvertroue nie?

maar sjoe, dat jy nou selfs beter asemhaal, wat 'n wonderlike voorreg en verligting, liefste Raaitjie, ongelooflik om te dink wat die verligting vir jou fisies beteken en geestelik moet wees. Ek is soooo bly om dit te weet. Pas jou ekstramooi op, dankie dat Outop jou aan sy sy het.
« Last Edit: April 09, 2019, 01:29:07 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #513 on: April 25, 2019, 11:51:01 PM »
Duisend dankies vir omgee liefste mater  :love7:

Die afgelope drie weke was dit soveel makliker om asem te haal as voorheen en ek het kans gesien vir alles. Die wonder om jou asem diep te kon intrek sonder ongemak en hoesbuie was die grootste geskenk midde die omstandighede van verwydering van die gifsakkies (explant).

Die baba olifantjie het sy weg terug gevind na die Knysna woude en jou hart het verlig en bedeesd in volmaakte ritme geklop vir die eerste keer in jare. Die brandpyn in jou borskas verdwyn vanself en jy praat manlief mal in laaang sinne sonder om uitasem of hees te raak. Geen wakkerskrik meer met die doodse benoudheid wat jou laat regop sit, snakkend na asem.

Onwillekeurig bly wonder jy hoeveel van die ander PH simptome gaan nou makliker hanteerbaar en 'ligter' voel of straks stelselmatig met die verloop van tyd, net verdwyn? Gaan die abnormale drukking in jou hart en longe verminder?

Selfontleding laat jou ook wonder of die rede vir soveel beter voel dalk net was omdat jy basies die minimum gedoen het in die proses van heling of is daar regtig verligting soos duisende ander vroue wêreldwyd getuig na die verwydering van die twee gifsakkies en omhulsels?

Een kampnaweek omring deur die rook van die mooiste kampvure het my laat besef die asemdief se kloue is nog deeglik ingeslaan. Die olifantjie is terug en die gesteelde asems koggel in die pandok se gang terwyl jou hart uitbundig in jou borskas baljaar op 'n foxtrot-ritme.

Gewikkel in 'n emosionele oorlog wou ek tranerig terugkruip na gister se gemak, maar gister is verby en more lê nog toegesluit.

Net tyd gaan leer of daar blywende veranderinge gaan intree rakende die asemdiefsimptome. Intussen het ons net vandag om al die seëninge te geniet en elke pynvrye asemteug te waardeer.




Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #514 on: May 04, 2019, 06:39:28 AM »
Ernstige waarskuwing vir 'explant pasiente' wat bloedverdunners gebruik: Ek het die laaste twee dae so goed gevoel dat ek weer begin bak en brou het. 'n Nuwe broodresep het my verlei en ongelukkig vereis die resep dat jy dit in 'n swaar ysterpot moet bak. Na verwydering van die gifsakkies word jy gewaarsku om vir ses weke so min as moontlik jou arms bo jou kop te gebruik en ook om nie swaar voorwerpe te hanteer nie. Meeste van ons ken die gewig van 'n medium size ysterpot.
 :icon_biggrin: :bootyshake:

Ons gasoond is ooghoogte so die uwe gebruik 'n steppie om by te kom  :icon_bigsmurf: dit help om die armbewegings in toom te hou maar klaarblyklik was die gewoel te gou en te veel.

Ek het weer 'n baie ligte inwendige bloeding opgedoen in die regterbors  en nou is ek doodsverskrik en oorversigtig  :icon_biggrin:

Vir weer oopmaak en klontverwydering sien ek nie kans nie. Hou asb styf duimvas saam met ons dat dit vanself gaan opklaar soos met eerste inwendige bloeding.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #515 on: May 05, 2019, 02:04:21 AM »
Goeiste Raaitjie.  Hier lees ek nou jou verhaal en haal weereens my hoed af vir julle twiekies se deursetttingsvermoee.   Ek is oortuig daarvan dat dit binnekort weer goed sal gaan.  Ek dink met liefde aan julle.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #516 on: May 05, 2019, 09:43:21 AM »
Daar is nie 'n opsie om te kan omdraai nie PM so vorentoe is al uitweg. Die ligte bloeding lyk vanaand beter so heling is besig om plaas te vind waaroor ek innig dankbaar is.  En natuurlik is ek ongelooflik opgewonde want my beloofde pakkie van Gawie met sy kosbare inhoud is gepos!

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #517 on: May 09, 2019, 06:33:57 AM »
Met die draai van ons seisoene protesteer die asemdief en slaan sy kloue dieper in; word jy onwillekeurig gedwing om 'n paar ekstra bitter pille te sluk... dit geskied nie met gemak nie, asof 'n mens net nooit gewoond raak daaraan nie. Hoekom is dit so hard om hulp te vra sonder om te voel jy het gefaal in die onafhanklikheids gespook om 'by' te bly?   

« Last Edit: May 09, 2019, 06:44:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #518 on: May 10, 2019, 04:54:44 PM »
Probeer 'n lepeltjie jogurt.  (Nie jougurt nie, mygurt  :icon_biggrin:  ) dalk help dit. 
'n Mens bly maar mens, ek voel ook dikwels ek het gefaal, maar eintlik het ek niks verkeerd gedoen nie.   :icon_scratch:  Hou maar moed en hou jou kop hoog, dit is waar dit hoort!  (Nie jou neus nie hoor.   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #519 on: May 10, 2019, 10:08:38 PM »
Die 'bitter pille' van die lewe en 'n lepeltjie jou/mygurt het nou my dag gemaak lief PM.  As ons tuin haar herfsjas aantrek, besef ek dat hulp vra met soveel alledaagse takies weer my voorland gaan word want weersveranderinge en die asemdief is aardsvyande. Dit verstom my net weer dat mens jaar na jaar dieselfde emosionele oorlog 'verloor' en voel jy faal wanneer jou kragte te kort skiet en die huishouding jou aanklaer en regter word. Die skuldgevoel word nooit minder nie.  My diebare wederhelf doen alreeds so baie maar terselfdertyd tel ek my seeninge vir die voorreg dat hy daar is vir my.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #520 on: June 07, 2019, 01:07:28 AM »
Soms vergeet ons dat die helingsproses nie altyd in harmonie is met ons verwagtinge nie en selfs met tye in trurat gaan. Nou reeds in die negende week na die gebarste gifsakkies verwyder is (explant) het ek nog steeds lastige simptome weens bloedklontvorming a.g.v interne bloeding weens te hoë en vinnige dosis aanpassings van die bloedverdunners (warfarin) in die hospitaal.

Voor ingrypende prosedures vereis die mediese span dat die warfarin INR tot op 'n veilige vlak (1.2) verminder moet in die voorafgaande week wat dan ook deel vorm van die PH behandeling waar dit normaalweg, verkieslik tussen 2.4 tot 2.8 gehou word ingeval van hartklep- en AF probleme.

Hierdie geleende voorstelling van Suspended Coffees was vir my nogals heel gepas op die oomblik




Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #521 on: June 07, 2019, 01:13:26 AM »
Die gevare van bloedklontvorming tydens inplanting en selfs na explanting van prostese of dit silikon of soutwater is, moet nooit onderskat word nie!

Ek deel hierdie na aanleiding van 'n plasing deur 'n nuwe lid by die 'gifsakkie-groep' waaraan ek behoort. Die jong vroutjie se longfunksie toets het getoon dat daar een of ander probleem met haar asemhaling is. Verdere toetse het bewys dat sy 'n massiewe bloedklont in haar long het.

"I am 34 years old and have life threatening Pulmonary Embolism. The cause...my previous surgery."

Sy het die volgende skakel gedeel vir bewusmaking:

"Pulmonary embolism is a rare post surgical complication, even more so following breast augmentation. Herein we present a case of a 23-year-old woman who survived an episode of massive pulmonary embolism after breast implant surgery. Current literature about this subject is very scarce.

Based upon this experience it is important to emphasize that more restrictive risk assessment scores such as the Caprini score should be used, bearing in mind a possible higher risk of complications secondary to anticoagulant treatment such as bleeding and haematoma.

Our case serves as a warning about the risk of VTE in breast implant surgery, making it paramount to evaluate each patient more closely, employing more restrictive risk assessment tools.

Acute pulmonary silicone embolism (APSE) from cosmetic silicone injections is well known to cause lung disease.

Recently, cases of chronic pulmonary silicone embolism (CPSE) related to silicone and saline breast implants causing dyspnea and pulmonary infiltrates have been reported.

CPSE is embolization of silicone to the lungs in women with breast implantation but with no history of subcutaneous silicone injection. These cases made us wonder whether CPSE is an underrecognized contributor to chronic pulmonary ailments."


https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC4793791/

Hoeveel hierdie gifsakkies bygedra het tot die verergering van die PH drukking sal ons eers weet as ek weer 'n toets ondergaan en die drukking het DALK drasties verminder.  Dan kan ons begin vrae vra en intense navorsing doen.

Daar is so min beskikbare inligting op die oomblik en natuurlik veg 'n mens teen die groot indoenas se multi-miljoen-dollar inplantings-industrie :( Al wat ek kan getuig is dat dit my PH simptome beslis beinvloed het.

Al wat ons op die oomblik kan doen is om te dokumenteer wat ek ervaar en vir my sal dit ewigheidswaarde he as net een persoon betyds gediagnoseer kan word en die asemdief in sy spore gestuit word en met die nuwe rigting wat die lewenspad inhou na kennismaking met BII (breast implant illness), is bewusmaking daaroor net so belangrik vir my.


« Last Edit: June 08, 2019, 11:01:38 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #522 on: June 07, 2019, 02:42:57 PM »
Diit is so belangrik om navorsing oor 'n snydokter te doen.  Weet ook wat die nadele en voordele van 'n operasie is.  Dit is nie maklik nie en ook nie versekering dat alles sal goed verloop nie, maar tog!   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #523 on: June 16, 2019, 10:54:57 PM »
Verseker stem ek saam jou mater. Baie belangrik om 'n goeie chirurg te kies en met die prosedure van explant is dit veral belangrik dat die chirurg kennis het van 'n volledige explant. Indien jy hart- en longprobleme het sou ek aanraai dat jy beslis 'n spesialis narkotiseur kontak wat kennis dra van die gevare van narkose vir PH pasiente.  Ek wil graag die volgende skakel los na 'n ondersteuningsgroep in Suid Afrika waarby ek aangesluit het.

https://www.facebook.com/groups/BIISA/
« Last Edit: June 20, 2019, 10:44:45 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #524 on: June 24, 2019, 11:52:17 PM »
"When you have #pulmonaryhypertension you don't always know how you're going to feel from one day to the next.
Do you ever feel guilty for canceling plans so you can rest?"


'Putting myself first'.

Hierdie drie woorde hou 'n hartseer in wat moeilik beskryfbaar is. Na soveel jare bly dit nog steeds vir my die hartseerste deel en die selfverwyt as jou probleem geliefdes se planne dwarsboom, kou gate in jou menswees. Ons kinders wat in Amerika woon kom kuier so al om die 2de/3de jaar en die opgewondenheid van uitsien en beplan wat ons saam gaan doen is ewe onbeskryflik.

Hierdie jaar se kuiertjie was beplan rondom 'n toer na Fraser Eiland. Ons skoondogter se ouers sou saam toer en daar was groot opgewondenheid rondom die roete beplanning. Oorspronklik sou Outop en die uwe halfpad oornag het en sou by die res van die familie aansluit waar ons met die ferry sou oorgaan tot op die eiland.

Noodgedwonge verandering in planne het ons laat besef dat die asemdief nie gaan saamspeel nie.

Weens probleme met klontvorming kan ons nie langer as drie tot vier ure op die pad wees sonder 'n oornag-breek nie. Die beplande roete van 8 ure aanmekaar ry waarvan ek 3 ure self sou moes bestuur tot op die lughawe waar ons skoondogter en haar familie  sou ontmoet, was die eerste struikelblok.

Duiseligheid en visie probleme sodra die abnormale drukking in die regterhartkamer styg is 'n risiko wat ek nie kan neem deur self te bestuur vir solank nie. Die langste wat ek myself toelaat is 'n uur (ongeveer 80km).  Na die 8 ure rit, sou die res van die roete op die eiland self nog voorle tot by ons beplande bestemming.

Die risiko van bloedklonte sou dus net te groot wees en ek moes 'n selfsugtige besluit neem en ons het die familie ingelig dat dit vir ons onmoontlik gaan wees. Ek kan dit net beskryf as 'n emosionele oorlog van selfverwyt in die proses om na jouself om te sien   :crybaby2: :dontknow:   

https://www.myphteam.com/resources/putting-myself-first
« Last Edit: July 09, 2019, 11:11:50 PM by Meraai vannie Baai »