Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 126592 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1599
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #390 on: May 25, 2018, 11:02:27 AM »
Vanoggend lees ek net, maar geniet jou woorde liefliewe Raaitjie  :love7:  :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9067
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #391 on: May 27, 2018, 11:44:30 AM »
Whawoa, dit is een ding wat die floeksteen nie by jou kon steel nie, en dit is die pragwoorde wat jy soos 12 osse voor 'n wa inspan.
Goed gedoen!
Om te weet is om te verstaan.

Online Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2195
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #392 on: May 31, 2018, 06:06:23 AM »
Stywe drukkie vir julle Adele & PM  :love7:

Die volgende onderwerp is een van die sondebokke rondom die slaapprobleem soos in vorige plasing uiteengesit:

Hallusinasies en ernstige siekte toestande.

Daar is een aaklige newe effek van PH en hartritme versteurings waaroor bitter min pasiënte die moed gaan openbaar om te erken dat hulle probleme ondervind met hallusinasies a.g.v die onvermoë van 'n reeds ooreisde hart om te voldoen aan die liggaam se voortdurende suurstofbehoeftes.

'n Reeds ontwrigte slaappatroon a.g.v jou kroniese siekte plus die vrees vir watter beelde jou gaan teister, ontaard in nog 'n bose kringloop wat ek nie eers kan begin beskryf nie. Gewoonlik gaan dit gepaard met of die wakker word of net aan die slaap raak. 

Ek wil graag inligting deel oor hierdie onderwerp vanuit FDA verslae waarin dit blyk dat 'n verhoogde persentasie pasiënte in die ouderdomsgroep 60+ val en die meerderheidsgeslag wat geraak word,  is vroulik.

Pulmonary hypertension and Hallucination - from FDA reports

Hallucination is found among people with Pulmonary hypertension, especially for people who are female, 60+ old. 47 people who have Pulmonary Hypertension and Hallucination are studied.

Gender of people who have Pulmonary Hypertension and experience Hallucination *:
 female: 87.23 %
 male: 12.77 %

Age of people who have Pulmonary Hypertension and experience Hallucination *:
 0-1: 0.0 %
 2-9: 0.0 %
 10-19: 6.98 %
 20-29: 0.0 %
 30-39: 0.0 %
 40-49: 11.63 %
 50-59: 20.93 %
 60+: 60.47 %

Arrhythmia and Hallucination
84 people who have Arrhythmia and Hallucination are studied and is updated regularly.     

Hallucination is found among people with Arrhythmia, especially for people who are female, 60+ old, take medication Digoxin and have High blood pressure.

Gender of people who have Arrhythmia and experience Hallucination *:
 female: 61.73 %
 male: 38.27 %

Age of people who have Arrhythmia and experience Hallucination *:
 0-1: 0.0 %
 2-9: 0.0 %
 10-19: 1.47 %
 20-29: 2.94 %
 30-39: 2.94 %
 40-49: 8.82 %
 50-59: 23.53 %
 60+: 60.29 %

There is a difference between hallucinations and delusion
Liang-Hai Sie, Retired general internist, former intensive care physician het dit pragtig verduidelik:

Delusion is about an erroneous idea, not matching reality.

Hallucination is about sensing (hearing, seeing, smelling, feeling, tasting) something that isn’t there.

Visual hallucinations can include; Organ failure- build up of toxins, lack of oxygen caused by failing a cardiovascular system (heart, lungs, delivery of oxygenated blood to body organs).


Bronne:
https://www.ehealthme.com/cs/pulmonary-hypertension/hallucination/
https://www.ehealthme.com/cs/arrhythmia/hallucination/
http://mccardio.com/handler.cfm?event=practice,template&cpid=3570
https://www.healthcentral.com/article/what-causes-visual-hallucinations

Toestemming op die skakels oor PH en hartritme afwykings met hallusinasies word verleen sodat pasiënte die verslag mag druk:
Print a copy of the study and bring it to your health teams to ensure drug risks and benefits are fully discussed and understood.
« Last Edit: June 05, 2018, 01:01:13 AM by Meraai vannie Baai »

Online Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2195
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #393 on: June 05, 2018, 12:46:44 AM »
Nuwe hoop vir Groep 2 PH pasiënte met linkerhartsiektes :notworthy: :icon_salut:

'n Nuwe fase 2-studie van Tenax Therapeutic na 'levosimendan' as 'n terapie vir pulmonale hipertensie (PH) wat verband hou met hartversaking en die behoud van die linker ventrikulêre uitset (PH-HFpEF) - 'n tipe PH a.g.v linkerhartsiektes, sal binnekort begin om deelnemers te werf het die maatskappy aangekondig.

Pasiënte met hierdie vorm van PH het geen goedgekeurde terapieë vir hul toestand nie.

Alhoewel verskeie pulmonale arteriële hipertensie (PAH) behandelings ondersoek is, was daar geen bewyse gevind dat dit effektief is nie. Die voorkoms van PH-HFpEF in die VSA oorskry na beraming meer as 1.5 miljoen pasiënte' 

"Hierdie PH pasiënte het verhoogde sterftes en morbiditeit, sowel as verminderde oefeningskapasiteit en lewensgehalte" het Jebsen bygevoeg. "As levosimendan hul hemodinamiese funksie kan verhoog, kan die verbeterings in hul lewenskwaliteit betekenisvol wees."

Dit kan ook beskermende effekte hê deur die las op hartspierselle te verlig.

Bron: https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/06/04/phase-2-trial-of-levosimendan-in-ph-related-to-left-heart-disease-to-begin-enrolling/?utm_source=PH&utm_campaign=c2275b2a4c-RSS_MONDAY_EMAIL_CAMPAIGN&utm_medium=email&utm_term=0_fd7f2e1d35-c2275b2a4c-71349741

 :crybaby2: Up to now, treatment remains focused on the underlying LHD and despite initial enthusiasm for PH-specific therapies, most studies have been disappointing and their routine clinical use cannot be recommended. More work is urgently needed to better understand the pathophysiology underlying this disease and to develop effective therapeutic strategies.
« Last Edit: June 05, 2018, 01:05:14 AM by Meraai vannie Baai »

Online Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2195
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #394 on: June 05, 2018, 03:33:08 AM »
Na aanleiding van die nuwe-hoop plasing - hierdie inligting kom asof gestuur :notworthy:

Die laaste paar weke was die ouvrou soms gevaarlik na aan opgee. 'n Nuwe simptoom het kop uit gesteek waarmee ek nagte lank gewroeg het.  Op aanbeveling van dierbare mater Gawie, het ek besluit om dit as aanvulling op die plasing van hallusinasies te deel. Ek het haar belowe sodra die nuwe vyand vir langer as 'n week verjaag kan word deur my suurstofaanvulling te verhoog en tydsduur te verleng, sal ek kom deel. Touch wood - tot nou het dit gewerk en haar woorde na sy my gedig gelees het was 'n humorkruk inderdaad:
Entertainment met slaaptyd is okey, maar net as jy self die genre kies.  (Gawelina)
 :toothy4: :`ip2:

as sien nie meer glo is nie
en jou oog se kyk nou oënskynlik
net 'n drukgang van onvermoë
tussen illusie en is...

van kronkel slange
in neon gehul
deur vreemde strate
in swart en wit
op ons kamerdeur

iewers teen die muur
rank 'n plant sonder naam
tussen niks en nêrens
hang 'n gipskruidkrans
van plastiek      glashelder

langs die spieël
gluur 'n spinnekop
met gestreepte pote
in oranje en swart
na 'n boeppensmandjie
op die houtvloer

rietdun armpies klou weerskante
aan handvatsels en trippeltrap
melankolies van links na regs
asof deur modderplasse
en vervaag dan in die skyn...
© Meraai vannie baai

« Last Edit: June 05, 2018, 03:41:08 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1599
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #395 on: June 05, 2018, 08:46:23 AM »
 :read2: ek dink ek sou lankal moed opgegee het tov hierdie sluimer-geheime-soekend-na-verstaan siekte. Raaitjie, so gebruik God jou om baie ander bietjie hoop te gee
 :love7:  :love7: 
adéle  :grommit:

Online Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2195
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #396 on: June 05, 2018, 09:19:41 AM »
Hierdie tipe dinge wat grens aan die onwerklike is so teer punt dat selfs dokters/spesialiste dit bespreek onder mekaar HOE om die pasient te nader om uit te vind of hulle hierdie simptome begin ervaar soos kroniese siekte sy verloop neem lief Adele. Hulle raai mekaar aan om te noem dat dit 'n meer algemene verskynsel is onder ernstige siek pasiente en dus geen rede tot kommer dat jy besig is om jou verstand te verloor nie. Solank jy kan vertel wat jy sien en besef dit is NIE werklik daar nie, is jou 'kop nog deur' en jy 'by jou sinne.'

In hierdie geval het ek wyd en syd probeer aansluit by ondersteuningsgroepe om agter te kom watter tipe waanbeelde hulle ervaar maar kon tot nou nog geen groep opspoor waar PH en hartritme versteurings voorkom nie. Daar is 'n skakel maar dit blyk of die blad of onder konstruksie is, of nie meer bestaan nie.

Toe ek met Gawie oor dit begin gesels het ek genoem dat daar nie 'n manier is wat ek hierdie probleem met my mediese span gaan deel nie! Sy het ernstig gesels en my attend gemaak op die feit dat ek waardevolle inligting weerhou in die verloop van die asemdief se pad.


 

Online Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2195
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #397 on: June 11, 2018, 12:49:13 AM »


Daar is gedurig dinge in elkeen van ons se lewe wat aanpassing verg. Op die pad van hulle wat kennis gemaak het met 'n kroniese toestand wat jou energie en asem steel is dit dan ook gewis deel van die pakket vir 'n nuwe normaal en het jy nodig om buite die boks te dink sodat jy nog die klein vreugdetjies kan geniet. Een van die wonderlikste hulpmiddels vir my as ouma wat 'n wakende ogie moet hou, was 'n matras  :icon_biggrin:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 403
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #398 on: June 11, 2018, 05:36:29 AM »
Hierdie lyne van jou het  vir my soveel persoonlike betekenis:  "Ons dra elkeen 'n kruis na diagnose van kroniese toestande en soms is die graffiti daarop eers verstaanbaar wanneer ons die simptome een vir een probeer baas raak" 

My stryd met Lupus plaas my in 'n appelmandjie van verstaan wat in die peermandjie aangaan.  Lupus is ook 'n siekte waarvan min mense bewus is.  Soos in jou geval, is daar nie daaglikse sigbare simptome nie, en kan ander nie jou daaglikse stryd verstaan nie. 

Ek moet myself tog net sover bring en 'n topic begin hieroor, en my pad daarmee.  Maar ek dink dit is moeiilik om eers te begin.  Soos met die boek wat halfpad is oor my ander stryd.  Dis of die skryf daarvan my in 'n donker plek plaas. Maar dis dalk net deurdruk.  Om die rowe vir eenmaal en klaar af te trek, al is dit pynlik
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Online Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2195
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #399 on: June 11, 2018, 07:35:39 AM »
Dit was vir my 'n verligting toe ek begin deel oor dit wat op ons pad gekom het mater. Ek glo dat jy op die regte tyd die woorde sal vind om jou kruis te deel met ons en ander. Dink aan jou wat in die proses is om die rowe vir een en altyd af te trek. Letsels is altyd daar om ons te laat onthou van die pad wat ons gestap het - 'n pad waar jy sterker anderkant uitgekom het!
:love7: :notworthy:

We share because we care.
« Last Edit: June 11, 2018, 09:24:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9067
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #400 on: June 20, 2018, 05:26:49 AM »
Ek is mal oor die uitdrukking, we share because we care.  Hoe pragtig is dit!


Toe Hannes gediagnoseer is met kolonkanker het ek gedink dit is die einde van die wêreld.  Ek het hoog en laag gesoek na inligting.  Dit sal wonderlik wees as jy, Anastasia, kans sien om jou ervarings met ons te deel.  Inligting is van uiterste belang. 
Om te weet is om te verstaan.

Online Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2195
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #401 on: July 11, 2018, 11:06:19 PM »
'n Bietjie 02 humor vandag. As ons gaan stap, sleep Outoppie gewoonlik die geleende asems. Sy gewone opmerking na ons gestop het om ietsie moois te beloer is gewoonlik 'kom Fifi...' en gee die pypie so pluk en dan moet ek my steps ken om by te hou  :icon_biggrin:




 :icon_scratch:



 :hello2: :notworthy:  :icon_salut:

« Last Edit: July 15, 2018, 10:54:24 PM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1599
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #402 on: July 12, 2018, 02:41:07 PM »
 :love7:    :love7:     :love7:   
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9067
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #403 on: July 23, 2018, 01:18:21 PM »
Dag Fifi, hoop dit gaan goed vanoggend!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Online Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2195
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #404 on: July 23, 2018, 11:07:24 PM »
Woef-woef...

Ek blaf soms in paaiemente maar dit gaan goed met Fifi dankie mater  :icon_biggrin: