Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 289005 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #360 on: November 25, 2017, 11:48:46 PM »
*Special thanks to Breathless PHighters for the use of your image on the right for our own awareness project. November is almost gone but the PHight for a cure is still going strong!






Pulmonary versus systemic blood pressure

Unlike systemic blood pressure, which represents the force of your blood moving through the blood vessels in your body, pulmonary blood pressure reflects the pressure the heart exerts to pump blood from the heart through the arteries of the lungs. In other words, it focuses on the pressure of the blood flow in your lungs.

The numbers in pulmonary hypertension
Pulmonary blood pressure is normally a lot lower than systemic blood pressure. Normal pulmonary artery pressure is 8-20 mm Hg at rest. If the pressure in the pulmonary artery is greater than 25 mm Hg at rest or 30 mmHg during physical activity, it is abnormally high and is called pulmonary hypertension.

Bron: http://www.heart.org/HEARTORG/Conditions/HighBloodPressure/GettheFactsAboutHighBloodPressure/Pulmonary-Hypertension---High-Blood-Pressure-in-the-Heart-to-Lung-System_UCM_301792_Article.jsp#

https://www.facebook.com/BreathlessPHighters/
« Last Edit: November 26, 2017, 12:33:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #361 on: December 20, 2017, 12:20:58 AM »
Fit to fly? / Is jy voorbereid vir jou vlug?

Jy mag dalk aanvullende suurstof benodig tydens vlugsessies indien jy enige hart/longprobleme ondervind. Waarom?

Die lug wat ons gewoonlik in asem bestaan uit ongeveer 21% suurstof. Die hoeveelheid suurstof in die lug word egter laer hoe hoër ons gaan, bv. bo op 'n berg of in 'n vliegtuig. Om seker te maak dat daar genoeg suurstof is vir die mense aan boord van 'n vliegtuig is dit ontwerp om die suurstofvlakke binne die vliegtuig op die regte vlak kunsmatig (onder druk) te hou.

Die suurstofvlakke word egter slegs op hierdie vlak tot 8 000 m in die lug gehou. Boonop daal die hoeveelheid suurstof in die lug tot ongeveer 15%. Dit lei tot laer vlakke van suurstof in jou bloed. As jy nie probleme ondervind weens 'n longtoestand nie, is die verlaging in suurstofgehalte nie genoeg om die verskil te voel nie.

As jy wel 'n longtoestand het, kan jou suurstofvlakke alreeds laag wees, dus kan dit onmoontlik vir jou longe raak om die hoeveelheid suurstof in jou bloed op 'n veilige vlak te hou.

Laer vlakke van suurstof in jou bloed kan jou ongemak laat voel tydens of na jou vlug. Dit kan skadelik of selfs gevaarlik wees. Moet asseblief geen kanse neem nie! Kontak jou dokter/spesialis en maak seker voor jy 'n vlug bespreek.

Jy mag dalk onder gewone omstandighede nog nie aanvullende suurstof benodig nie maar hoogtes meer as 8 000m kan vir sommige longpasiente, 'n lewensgevaarlike verskil maak!

Vir meer inligting, volg asb die skakel op facebook:
https://www.facebook.com/europeanlungfoundation/?fref=mentions

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #362 on: December 20, 2017, 12:24:31 PM »
Dnkie Raaitjie, dit is baie belangrike inligting. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #363 on: December 20, 2017, 12:40:16 PM »
Hierdie beslis, dankie Raaitjie  :love7:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #364 on: December 21, 2017, 05:45:58 AM »
Soos altyd, 'n voorreg om te kan deel. Stywe drukkies vir julle twee. Die inloere hier word erg waardeer  :notworthy: :love7: :icon_salut:

Mag ieder en elk se tree op die lewenspad vorentoe lei na geluk, liefde, vrede en bowe alles - gesondheid wat verstande te bowe gaan!
 :notworthy:

*My grootste wens nog steeds is ongelukkig 'n geskenk wat nie toegedraai en onder die boom geplaas kan word nie maar ons kan aanhou glo en vertrou.

« Last Edit: December 22, 2017, 03:14:26 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #365 on: January 04, 2018, 05:02:16 AM »
Verskuilde gevare van borskanker en pulmonale hipertensie (PH):

'n Pasiënt wat behandel is met chemoterapie en bestraling ná borskanker-operasie het pulmonale hipertensie en ander hartkomplikasies ontwikkel, volgens 'n gevallestudie.

Navorsers het dokters versoek om ag te slaan op pasiënte met 'n hoë risiko van hartskade as gevolg van kankerterapie, en echokardiografie aanbeveel vir die opsporing van sulke gevalle.

Pulmonêre tumor trombotiese mikroangiopatie (PTTM) is 'n noodlottige, kankerverwante, longkomplikasie as gevolg van die uiters vinnige progressie.

Alhoewel PTTM 'n seldsame verskynsel is, moet dit in die differensiële diagnose van akute dyspnea (probleme met asemhaling) of ​​pulmonale hipertensie in pasiënte met borskanker oorweeg word.

By diagnose moet die pasiënt so spoedig moontlik na 'n kardioloog verwys word.

Ten spyte van die vroeë diagnose van PTTM by 'n 42 jarige herhaalde borskankerpasient, het haar bloedplaatjie-telling afgeneem.

Sy het ook gekla oor rugpyn en toetse het gewys dat die kanker versprei het (bone scintigraphy showed multiple bone metastases).

Haar algemene toestand het vinnig agteruitgegaan en die asemhalingsprobleme het drasties vererger.

Sy kon dus nie met chemoterapie behandel word nie en is dood as gevolg van respiratoriese versaking 19 dae na opname.

Bronne:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2017/02/17/pulmonary-hypertension-cccurs-after-patient-has-breast-cancer-therapy/

https://www.karger.com/Article/FullText/477842



« Last Edit: January 04, 2018, 06:29:26 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #366 on: January 04, 2018, 05:22:14 AM »
Terwyl ons gesels oor die onderwerp van borskanker, die volgende puik bewusmakingsveldtog kan jou lewe ingrypend verander. Besoek gerus die skakel as jy nog nie het nie en doen self ondersoek. Of jy 'n man/vrou/ is, borskanker onderskei nie!



Bron:
https://www.thesun.co.uk/living/2609598/viral-photo-of-12-lemons-reveals-12-signs-of-breast-cancer-everyone-should-know-and-its-more-than-just-a-lump/

https://www.today.com/health/cancer-patients-photo-dimpled-breast-goes-viral-t22111
« Last Edit: January 04, 2018, 05:28:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #367 on: January 08, 2018, 02:10:52 PM »
Dankie Raaitjie, dit is die beste voorbeeld wat ek nog gesien het.  Vandat jy begin het met hierdie onderwerp kry ek hier altyd iets nuuts en interessant om te lees.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #368 on: January 23, 2018, 11:58:00 PM »
'n Voorreg om te deel soos altyd matertjie. Die onderwerp le baie na aan my hart. Vanoggend wil ek weer ietsie deel waaroor ek gesels het kort na diagnose van die asemdief.

Ek voel soooooo ongemaklik na ete, selfs al is dit baie kleiner porsies as wat ek voorheen geneem het. Gewoonlik is Outop nog aan't ete dan moet ek myself van die tafel af verskoon en skuins op die bank gaan lê en die geleende asems nadersleep. Dit lei natuurlik daartoe dat ek skuldig voel omdat Outop dan alleen afdek en opruim.

Dit is juis hierdie skuldige gewete wat my laat grawe het in die kuberruim om agter te kom of iemand anders met hart- en longprobleme ook so voel. Wou seker maak dit is nie my verbeelding of 'n 'onbewuste' manier om die afdeksessies te vermy nie   :icon_biggrin:

Ek het reeds geweet dat 'n oormaat sout in jou dieet sal veroorsaak dat die liggaam vloeistof moeiliker afskei en derhalwe vog opbou wat kan lei tot swelling, ongemak en verhoogde sistemiese bloeddruk aangesien 'n hoë soutinname die massa van die linkerventrikel van die hart verhoog.

Die are verdik en verstyf wat dan lei tot verhoogde weerstand; insluitende die koronêre are en die van die niere. Dit verhoog die voorkoms van beroertes, die graad van hartversaking en die neiging tot klonting en versnel die agteruitgang van renale funksies.
 
Aangesien baie PH pasiënte in 'n stadium van regterhartversaking verkeer is hierdie ekstra stremming van 'n oormaat sout in jou dieet op die hart 'n vergrote risiko.  Indien jy vogafdrywende medikasie (waterpille in die volksmond) neem, plaas dit ekstra las op die niere - ekstra sout kan sake drasties vererger.

Hoeveel jy op enige gegewe tydstip eet, sal natuurlik beïnvloed hoe jy voel. Alhoewel die maaggrootte baie wissel van een persoon na die volgende, kan 'n oorvol maag sy normale grootte tot vier keer verhoog en sal beslis bydra tot jou ongerief.

So oorvol maag (reg onder die diafragma gelee) sal opwaartse druk op die diafragma veroorsaak. Die relatief swakker spiere het dus probleme om tydens asemhaling te strek en kan jou longfunksie beïnvloed.

Spysvertering is afhanklik van asemhaling om suurstof te verskaf aan die spiere wat gebruik word in die omskakeling van vaste voedsel na vloeistof soos dit deur die spysverteringskanaal beweeg. Vir die PH pasiënt wat nie in staat is om te vergoed vir die ekstra suurstof aanvraag nie, beteken dit dat minder suurstof tydelik beskikbaar is vir ander organe.

Vir persone met vergrootte hart/versaking en asemhalingsprobleme skep dit groot ongemak en vererger simptome. Ek het agtergekom dat dit help om jou suurstof tydens maaltye ook te gebruik as jy nie reeds op 'n 24/7 dosis is nie.

Hier is hoe jy jouself kan help:
• Vermy té sout kos en etes
• Raak vertroud met jou soutverdraagsaamheid
• Eet kleiner maaltye deur die dag, eerder as groot etes
• Vermy moeilik verteerbare voedsel
• Rus en gee jou liggaam kan om die maal te verteer
 
*Bronne:
 Harmful effects of dietary salt in addition to hypertension, Nature
 How do the digestive and respiratory systems work together, Livestrong
 Volume of a Human Stomach, Livetextbook
 Breathing and Motor Neuron Disease, MND

Een van my geleende bronne  http://www.phcentral.org/tidbits het ongelukkig na 17 jaar van inligting verskaf aan PH pasiente, hulle deure gesluit aangesien daar nou baie meer bewusmakingsveldtogte die lig gesien het.



« Last Edit: January 24, 2018, 10:11:15 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #369 on: January 24, 2018, 12:40:32 AM »
Griep kan versprei word deur net asem te haal

Vir enige pasient met hart- en longprobleme kan griepvirusse 'n groter risiko inhou as vir gesonde persone. In 'n studie het navorsers die uitgeasemde lug van 142 mense met griep ontleed. Daar is in bykans die helfte (48 persent) van die lugmonsters wat geneem is van grieppasiënte wat net asem gehaal het - nie hoes of nies nie - was opspoorbare griepvirusse teenwoordig het dr. Donald Milton, 'n professor in omgewingsgesondheid aan die Universiteit van Maryland, gesê.

"People with flu generate infectious aerosols [tiny droplets that stay suspended in the air for a long time] even when they are not coughing, and especially during the first days of illness," he explained in a university news release."

https://www.medicinenet.com/script/main/art.asp
« Last Edit: January 24, 2018, 12:58:24 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #370 on: January 24, 2018, 02:33:28 PM »
Ek was besig om die vorige artikel te lees toe my foon lui.  Nou is ek terug en sien jy het weer 'n plasing gedoen.  Ek lief jou. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #371 on: February 14, 2018, 08:52:35 AM »
Dankie so baie baie vir jou liefde deur al die jare PM  :love7:

Weet jy ek het vandag op hierdie spesiale 'liefdesdag' diep nagedink oor hoe wonderlik en seer die liefde kan wees. Die asemdief het meer as net my asem gegaps die afgelope vyf jaar :crybaby2: en ek gaan dit wat ons getref het so ligtelik as moontlik probeer beskryf sodat ander wat straks in dieselfde bootjie ronddobber, betyds kan verhoed dat hulle in die systroom van te veel omgee meegesleur word, die diep see in.

Wanneer is omgee 'te veel'?

Teen watter prys bou jy aan die fort waarin jou eie emosies skuil in die rol as versorger van 'n kroniese pasient? Waar en hoe trek jy die streep tussen te veel omgee en na jou eie behoeftes ook weer omsien voordat hierdie onbaatsugtige versorging na jare slegs pyn begin baar want die rol van 'carer' het die van 'lover' ongesiens omsingel en weggelei in boeie agter selfgeboude vier mure?

Jou huweliksmaat is nou net die mees liefdevolste versorger en sielemaat ooit, en jy - jy voel skuldig en so dem ondankbaar want op hierdie dag van rooi harte en rose - wil jy net 'n hammer en beitel gryp om die fort af te breek.

 :icon_bigsmurf:  :`ip2:
 
Love is the thing that gives color, beauty, and meaning to our lives, but as anything else in life, love has its own price. The price we pay for the chance to feel love is the risk of finding pain instead - – E.A. Bucchianeri .

« Last Edit: February 17, 2018, 12:16:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #372 on: February 14, 2018, 01:40:41 PM »
Dit is 'n groot voorreg om te kan lief he en om om te gee Raaitjie.
 
Ek lees wat jy skryf met 'n knop in my keel Raaitjie.  Ek beleef die situasie van die  ander kant af.  Ek is die versorger en ek is oortuig daarvan dat Outoppie presies dieselfde voel soos ek.
Dit is ook 'n groot voorreg om die versorger te wees in pleks van die pasient. Vir my is dit 'n liefdestaak en ek is so dankbaar dat ek  nog tyd saam met my liefie kan spandeer dat ek alles met oorgawe doen. 

Daar is huishoudings waar albei die lewensmaats gesond is, maar hulle baklei soos kat en hond.  Ek het al dikwels gewonder wat sal met hulle gebeur as een van hulle voor so 'n uitdaging te staan moet kom. 

Wou nog seg:  Ek glo nie iemand kan ooit te veel omgee nie.  Ons kry net een maal die kans.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #373 on: February 14, 2018, 09:18:14 PM »
Jou woorde stuit my in my spore liefste mater! Ek glo jy en Outop sou ure kon gesels oor die vreugde en seer van so 'n situasie. Die gevaar ontstaan as die versorger hom-/haarself uitbrand in die proses. Jy sal 100 persent verstaan hoe kommer en onsekerheid van binne kan vreet :crybaby2:

Jy wonder wat sou gebeur in huishoudings waar hulle sooos kat en hond baklei, ek weet van 'n hele paar PH mensies wat alleen agtergebly het. Sommiges is by die hospitaal afgelaai tydens erge asemnood en nooit weer gaan haal nie.

Hannes, en so ook die uwe, is inderdaad geseend om julle in ons lewe te he.  :notworthy: :icon_salut: :love7:
« Last Edit: February 18, 2018, 09:46:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #374 on: February 18, 2018, 08:10:11 AM »
Nee wat my lief vriendin.  Van uitbrand is daar nie sprake nie.  Ek weet dat jy nie 'n selfsugtige siel is wat die situasie uitbuit nie.  Buitendien, ons het mos beloof, vir botter of vir wors.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.