Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 288940 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #300 on: October 26, 2016, 11:43:29 PM »
Selfs vier en 'n halwe jaar na kennismaking met die asemdief kom daar nog steeds dae/weke wat jy van vooraf oorlog voer teen die lewe. Die laaste drie weke was die opdraende van verset teen onsekerheid en vrees, soms amper te veel. Vanoggend het ek twee pragtige boodskappe  ontvang en 'n beeld uit die verlede wat my laat besef het dat hierdie omstandighede ook met 'n doel op my pad gekom het. Hoekom sal ek dalk nooit verstaan nie.

Antwoorde vir ons gaan daar straks nooit wees nie, al staan die uwe elke dag met my besem op 'n hoek met plakkate en skreeu ten hemele.
 
Sou dit in die toekoms dus blyk dat die asemdief wegkruiper speel in ons gene, gaan niks wat ek doen dit kan verander nie. Om toe te laat dat die hoofstuk in my lewensboek gate vreet deur die ander, is dom. Dom verby.

En so doet ons voort... ek is nuuskierig is om te sien wat die ander hoofstukke inhou  :book1: :hello2: :notworthy:

« Last Edit: October 29, 2016, 07:31:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #301 on: October 28, 2016, 12:20:09 AM »
« Last Edit: October 28, 2016, 12:21:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #302 on: October 30, 2016, 09:20:30 AM »
Sommige komplikasies en PH kan dodelike kombinasies wees!

Soos met 'n skoot uit 'n geweer, is daar geen gevaar nie, TOT dit jou noodlottig tref.  So is die gevaar ook verbonde aan ander mediese probleme wat PH kan veroorsaak. Voorsorg is beter as nasorg -  dit het nog nooit soveel sin gemaak as juis nou nie.

Hier is 'n paar komplikasies wat jou kniege finaal kan knak:

1. Regter ventrikulêre versaking kan plaasvind wanneer die deel van jou hart die 'knie moet buig' teen die verhoogde druklas en verdikte wande. Wanfunksie wat mag lei tot fatale bloeding in die longe.

2. 'n Ooreisde hartspier kan aanleiding gee tot vergrote hart en meegaande kongestiewe hartversaking wat jou die perfekte teiken maak vir die jagter se pyl.

3. 'n Hart wat huppel en bokspring (arrhythmias) - mag die doodskoot wees en daar is geen trofee ter sprake hier nie.

4. Ernstige hartklepsiektes plaas jou in 'n hoër risikogroep en indien die skade nie betyds herstel word nie (hartklepchirurgie), is jou doppie heel waarskynlik, geklink.

5. 'Gekwes' met bloedklonte in die longe plaas dit jou instinktief op die gevaarlys maar daar is 'n lig in die tonnel - dit is behandelbaar.

6. Die vreugde van moederskap kan katastrofiese gevolge inhou vir die PH pasiënt weens verhoogde las op die liggaam, hart en sirkulêre sisteem.

7. As jou immuunsisteem verraad pleeg (Scleroderma) en onbehandeld, kragte saamsnoer met die asemdief, verminder jou kanse op oorlewing drasties (slegs 40% kans op oorlewing - 2 jaar na diagnose).

Vir meer inligting in Engels:
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-complications/

Vir meer inligting in Afrikaans oor hartversaking:
http://www.health24.com/Medical/Archive/Afrikaans/Haar-hart-het-ophou-klop-20120721

Vir meer inligting in Afrikaans oor hartprobleme/siektetoestande:
http://gesondheidsorg-sentrum.blogspot.com.au/2013/03/kardiologie-cardiology-siektes-van-die.html
« Last Edit: December 12, 2016, 11:45:01 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #303 on: November 02, 2016, 12:57:48 AM »
Voordat jy angsbevange raak oor hartritme versteurings, onthou asb dat dit baie algemeen kan voorkom. 'n Bokspringende hartklop is inderdaad dan ook so algemeen dat die kans groot is dat ons dit almal die een of ander tyd gaan beleef. Selfs al is jy super gesond en fiks.

Kommerwekkend raak dit wel indien hierdie afwyking sporadies voorkom en dit is raadsaam is om jou dokter te kontak sodat die mediese geskiedenis van jou familie bespreek kan word. Indien jy simptome soos duiseligheid, kortasemrigheid of floutes ervaar, is dit inderdaad tyd dat jy ’n afspraak by jou dokter maak.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #304 on: November 09, 2016, 01:55:40 AM »
Ek het al verskeie kere genoem dat humor vir my 'n stewige kruk is. Min het ek besef hoe gewild die kruk geword het as 'n gratis wonder-doepa! Lagterapie: Moet dit nie onderskat nie!

“’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput.” (Spreuke 17:22).

15 Minute se lag per dag is net so belangrik vir hartgesondheid as 'n 30 minute oefensessie, drie maal per week.
Een dokter vertel dat sy soms 'n voorskrif aan haar pasiente gee: 30 Minute se humoristiese videos, op daaglikse basis.
Maak seker dat jy nie een voorgeskrewe dosis mis nie!

Hierdie doepa is veilig vir gebruik teen enige skeet/kwaal of geit. Enigste waarskuwing: Dit is aansteeklik! 
:icon_biggrin: :hello2:

Ek haal die volgende aan:

*Lag verbeter longkapasiteit en verhoog die suurstofvlak in die bloed, wat help om kongestie op te klaar. (Bron: www.latterklub.dk)

*’n Studie aan die Stanford-universiteit in Amerika beweer een minuut se skaterlag is die eweknie van tien minute op 'n roeimasjien. Na bewering beweeg 600 spiere in die liggaam as jy lag :)

*Lag stimuleer die sirkulasie van bloed en sodoende is daar 'n verbeterde bloedtoevoer na al jou organe.
(Bron: www.latterklub.dk)

*Lag kan jou help om van 'n lastige kilogram of twee ontslae te raak. Na bewering kan een uur se lagterapie tot 500 kalorieë verbrand. Dus gelykstaande aan 'n uur se asemrowende drafsessie.

Ek kon nie help om hier te dink aan die ou uitdrukking 'lag jou dinges af...'  :bootyshake:

*Versterk jou immuniteit: Lag verminder die produksie van kortisol wat jou immuunstelsel onderdruk. Gedurende 'n lagbui versnel ons metabolisme. Die spiere word gemasseer en gestimuleer terwyl 'n verskeidenheid biochemiese stowwe vrygestel word in die bloed.

*Verminder pyn: Norman Cousins het gevind lag is doeltreffender as pynstillers. Lag vermeerder die vlakke van endorfien, ’n natuurlike pynstiller in die liggaam.

Bron: Jy mag maar lag -  hierdie inligting is raakgesnuffel by:
http://www.sarie.com/gesond/gesondheidstories/lag-n-slag/

https://www.youtube.com/watch?v=zoPoH3Y4NKg

https://www.youtube.com/watch?v=K5yClbsdJkg
« Last Edit: November 09, 2016, 04:54:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #305 on: November 10, 2016, 01:44:14 AM »
Die kamera as hulpmiddel vir bewaring van mediese geskiedenis:

Meeste pasiënte sal getuig dat jy goeie en minder goeie dae beleef. Op minder goeie dae hou ek die kamera en gewone bloeddruk-apparaat langs my sodat ek kan vasvang wat gebeur as die duiseligheid jou skielik oorval en die bed jou voorland is (weens die gevare van ernstige bloeding as jy sou val en alleen tuis is - veral as daar 'n hoë dosis bloedverdunners geneem word as deel van jou medikasie). Dit is dan ook 'n aanduiding van 'n oorsprong vir die kranklike gevoel wat jou kniege knak.



Dit is ook 'n goeie idee om jou verslae af te neem, sou dit verlore raak 'n brand/inbraak ens. is dit as 'n rugstut ook bewaar in 'n kuberkluis en dus herwinbaar (as die aliens dit nie intussen gekaap het nie lol).

Op die oomblik is ons nog onseker oor die oorerflikheidsfaktor van die spesifieke vertakking van die asemdief waarmee my pad gekruis het. Dus is dit belangrik dat ek my verslae en bewyse van toetse wat gedoen is, met my familie in SA kan deel. Sou dit nodig word indien hulle verdagte simptome ervaar en ek nie meer daar is om inligting te voorsien nie.

My geliefde ou sustertjie het hierdie bewaringstaak op haar geneem en dit is 'n groot verligting vir my. Die datums van diagnose en kwale/skete is veral belangrik. Hier is twee voorbeelde van hoe ons dit gedoen het.



Die reeks en veral soort toetse wat gedoen was in die proses van diagnose, is 'n belangrike verwysing na jou mediese geskiedenis.

 

Al hierdie toetse, uitslae van verslae, X-trale ens. is bewaar in 'n koevert (met inligting oor PH) wat ek ontvang het na diagnose. Sodoende is hierdie inligting en my eie verslae alles bymekaar - sou dit nodig wees om jou te vergesel in 'n noodgeval.



PH is nog steeds 'n raar kwaal en min hospitale het opgeleide personeel met kennis oor die gevare wat gewone prosedures vir jou as pasiënt kan in hou. Selfs net die toedien van binne aarse medikasie en aarvoeding, kan fataal wees as jy op 'n streng vogbeperkte inname is.

Op die oomblik mag ek net 1 liter vog per dag inneem weens CCF (congestive cardiac failure) wat tydens hospitalisasie ingetree het. 'n Magdom antibiotika is toegedien om die longonsteking hok te slaan en die hart kon nie byhou met verhoogde vog inname nie. Niemand het dit in ag geneem nie.

Elke spesialis behandel jou volgens die rigting waarin hy/sy opgelei is. In my geval het die kardioloog nooit 'n opvolg besoek gedoen nadat ek oorgeplaas was van een na die ander hospitaal waar die longspesialis oorgeneem het na opname.

As jy dus 'n kardiologiese probleem het, is dit onmoontlik vir die longspesialis om aandag te gee daaraan. Hy kan jou slegs verwys na gepaste sorg.

« Last Edit: November 14, 2016, 10:11:38 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #306 on: November 14, 2016, 10:17:33 AM »
Vandag was weer D-Dag. My opvolg afspraak by die longspesialis het nuwe hoop laat ontvlam! Hy gaan twee toetse doen gedurende die volgende paar weke om te kyk wat gebeur met die suurstofvlakke tydens normale slaap-patrone.  Indien daar 'n versteuring is gaan hy 'n sterker dosis suurstof voorskryf wat klaarblyklik kan help om die PH drukkingsyfers intoom te hou en sodoende help verhoed dat die hart meer vergroot. Vir die eerste keer in 'n lang tyd is daar weer 'n liggie in die tonnel wat brand en is ek opgewonde oor die toekoms.

Hierdie woorde vanaand so gepas!
 




Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #307 on: November 16, 2016, 01:00:26 AM »
Slaapversteurings en Pulmonale Hipertensie

Slaap-apnee is die term wat gebruik word wanneer mense tydens slaap, ophou asemhaal. Huidiglik een van die mees ondergediagnoseerde toestande.  Hierdie slaapversteuring kan die risiko verhoog vir hipertensie, pulmonale vaskulêre siekte, isgemiese hartsiekte, serebrale vaskulêre toestande, kongestiewe hartversaking en aritmieë.

In die studie, "obstruktiewe slaap-apnee en pulmonale hipertensie," is daar tot die gevolgtrekking gekom dat die toename in longslagaar druk, verwant is aan herhalende nagtelike arteriële suurstof te kort en hypercapnia - abnormale verhoogde koolstofdioksied (CO2) in die bloed.  Dit kan ook lei tot pulmonale vaskulêre hermodellering, volgehoue ​​pulmonêre hipertensie en regter ventrikulêre hipertrofie. 

Nuwe navorsing toon dat 'n tweede soort slaapapnee (wat niks te doen het met oorgewig en obstruksie nie, maar met 'n fout in die asemhalingbeheersentrum in die brein) baie bedrieglik en gevaarlik is, maar ook nou doeltreffend behandel kan word.

Sommige mense hou snags op met asemhaal omdat seine van dié sentrum in die brein nie die asemhalingspiere bereik nie, sê Bernard Tjallinks, neurofisioloog van die slaapkliniek by die Pretoria-Oos-hospitaal.

Albei soorte slaapapnee word in slaapklinieke gediagnoseer en behandeling vind plaas met 'n toestel wat lug by die mond inblaas en só aanhoudende suurstofinname verseker. Dokters waarsku dat slaapapnee-lyers nooit slaappille of verdowingsmiddels moet gebruik nie omdat dit hulle kan verhinder om weer te begin asemhaal.

Slaap-apnee kom in verskillende grade voor.  In ernstige gevalle sal die pasiënt so ‘n suurstoftekort opbou dat hy blou word. Wanneer iemand 5 keer per uur of meer ophou asemhaal, is dit ‘n aanduiding dat dit slaap-apnee kan wees.

Die volgende probleme kom algemeen voor by pasiënte met slaap-apnee.

*Chroniese moegheid:  Hulle slaap nooit lank genoeg om uit te rus nie  –  word aanhoudend wakker om asem te haal.

*Verlies van konsentrasie.

*Maklik aan die slaap gedurende die dag: voor die televisie, in geselskap, selfs later terwyl hulle eet of motor bestuur.

*Depressie.

*Ernstige gewigstoename en onvermoë om dit weer te verminder.

*Onvermoë om bloeddruk en bloedglukose te beheer, selfs op medikasie.

*Slaap-apnee kan diabetes veroorsaak.

*Spierswakheid.

*Geheueverlies.

*Versnelling van die prosesse wat skade aan die bloedvate veroorsaak:  lei dus tot ‘n hoër voorkoms van hartaanvalle, beroertes, onreëlmatige hartklop, en verlies van seksuele funksie.

Die gevolge van slaap-apnee kan dus wees:  vermeerdering van ernstige siektetoestande, verhoogde voorkoms van voertuigongelukke; verlaagde werksproduktiwiteit en beperkte algemene funksionering.

Bronne:
http://www.medscape.com/viewarticle/721684 (Cardiovascular Consequences of Obstructive Sleep Apnea)
http://af.namibiauraniuminstitute.com/snoring-disorders-your-2-minute-guide/
https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/19249442
http://dokfrancois.co.za/2013/08/08/slaap-apnee-praktiese-inligting/
http://www.health24.com/Medical/Archive/Afrikaans/Slaapsorge-20120721



« Last Edit: November 16, 2016, 05:51:42 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #308 on: November 16, 2016, 06:26:45 PM »
duhhhh, Raaitjie, dit pas perfek in my luiheid en onder-konsentrasie en geheueverlies in ...behalwe vir die gewigstoename en hoë bloeddruk, en ek is al jare gelede, seker ses of sewe jaar gelede, vertel ek hou op asemhaal, kort kort in my slaap, van 16 sekondes tot ek-kan-nie-onthou-hoeveel-sekondes lank.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #309 on: November 16, 2016, 11:34:49 PM »
Ek was geskok om te sien tot hoeveel ander kwale die versteuring kan meebring Adele! Het jy ook die slaapstudie voltooi? Nou baie nuuskierig.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #310 on: November 28, 2016, 01:37:52 AM »


Het jy 'n idee hoe duur is PH medikasie om simptome te verlig en lewenskwaliteit te verbeter? Klein Jackson is op 'n trippeldosis en dit kos $40,736 per maand! Hier is 'n foto wat sy mamma gedeel het. Kinders word met volwasse medikasie behandel waarvan die dosis aangepas moet word.

Die prys van mobiele suurstofmasjiene wat op vliegtuie toegelaat word kan jou enige iets van $5 000 af uit die sak ruk  :crybaby2:

As die assuransiemaatskappye weier om ouers/pasiente by te staan, en sonder 'n geneesmiddel - is daar geen toekoms vir pasiente met gevorderde PH nie. Bid saam met ons vir 'n 'cure' asseblief!

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #311 on: November 28, 2016, 10:54:29 AM »
Een ding is verseker. As ek van hierdie pille moet leef vrek ek van die honger...


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #312 on: December 01, 2016, 06:39:08 AM »
Ongelooflik om te dink dat medikasie so duur kon wees Assie maar hier is die bewyse ne :crybaby2:

So twee maande gelede het die nuwe dok voorgestel dat ons moet begin oorweeg om van hierdie medikasies wat geskik sal wees vir my te beproef en gewaarsku dat dit 'n opdraende stryd gaan wees dat die staat dit goedkeur weens die belaglike onkostes daaraan verbonde aangesien ons mediese fonds nie medikasie dek nie.  Ek begin verstaan hoekom!


Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #313 on: December 11, 2016, 03:32:37 AM »
 :notworthy:  :icon_salut: Al die grafiese voorstellings is met erkenning geleen van LearnTheHeart.com

Wat het 'n donkie, hartversaking en PH in gemeen?

Hartversaking (heart failure) is die onvermoë van die hart om genoegsame bloedvolume te pomp of ontvang, om aan die liggaam se vereistes te voldoen.  Cardiomyopathy (cardio= heart, myo = muscle, pathy = disease) is slegs een van die oorsake wat kan lei tot hartversaking.



Pulmonale Hipertensie kan ook lei tot hartversaking en as dit gebeur, kan ons dit vergelyk met 'n donkie wat swaar sleep aan 'n oorlaaide vrag sandsakke. Na 'n ruk gaan die donkie nie meer kan volhou nie, so sal die hart onder stres van abnormale drukking ook nie kan volhou om genoegsame, suurstofryke bloed aan die liggaam te voorsien nie.

Dit is van uiterste belang vir jou as pasient om die simptome van hartversaking te eien sodat jy betyds gediagnoseer en gepasde medikasie voorgeskryf kan word aangesien dit 'n progressiewe toestand is en fataal kan wees indien onbehandeld.

Heart faliure is usually a progressive condition that begins with risk factors for LV dysfunction (e.g., hypertension), proceeds to asymptomatic changes in cardiac structure (e.g., LV hypertrophy) and function (e.g., impaired relaxation), and then evolves into clinically overt HF, disability and death

Skematiese voorstelling van 'n ooreisde hart.
 


Ek het alreeds 'n paar plasings van hartversaking-simptome gedeel. Hier is weer 'n kort skematiese opsomming:



Hartversaking kan aan die linker- of regterkant (selfs beide kante) van die hart voorkom. Dit word ook verdeel in sistoliese of diastoliese wanfunksie.  Dokters diagnoseer hartversaking na aanleiding van die graad/erns van simptome en die beperking wat dit op normale funksionering meebring volgens die (NYHA) - New York Heart Association Functional Classification.



NYHA Class   Symptoms

I   Cardiac disease, but no symptoms and no limitation in ordinary physical activity, e.g. no shortness of breath when walking, climbing stairs etc.

II   Mild symptoms (mild shortness of breath and/or angina) and slight limitation during ordinary activity.

III   Marked limitation in activity due to symptoms, even during less-than-ordinary activity, e.g. walking short distances (20–100 m). Comfortable only at rest.

IV     Severe limitations. Experiences symptoms even while at rest. Mostly bed bound patients.


Jou diagnose op 'n verslag kan straks so vertoon:
Diastoliese LV  (linker ventrikulêre) disfunksie. Stadium NYHA - fase 11.

Korrekte behandeling is van uiterste belang. Verskeie medikasie is beskikbaar wat verskillende hulpfunksies aan die ooreisde hart verskaf.

Om terug te keer tot die 'donkie teorie':



Wanneer daar van die sandsakke op die donkie se sleepwa afgehaal word, word die swaar las verlig, net so is daar vogafdrywende medikasie om die hart se werking te verlig.

Soms kan 'n spoedbeperking (beta-blocker vir die hartpasient) verligting bring om krag te spaar/herwin.



En dan is daar natuurlik die 'wortel voor die neus van die donkie' - medikasie wat vir kort termyn, binneaars toegedien word aan pasiente met gevorderde hartversaking wat wag op hartoorplanting. Hier word die hart gedwing om sterker te pomp sodat daar genoegsame bloedvloei na die liggaam kan wees.



Bron: http://www.healio.com/cardiology/learn-the-heart/blogs/the-donkey-analogy-for-congestive-heart-failure-treatment









« Last Edit: December 12, 2016, 11:48:25 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #314 on: December 11, 2016, 06:47:51 AM »
Orthopnea/orthopnoea
Griekse orto (reguit) + pnoia (asem) is kortasem (dispnee) wat plaasvind wanneer die persoon plat lê, wat veroorsaak dat pasiente noodgedwonge verkies om meer gestut te slaap of eerder in 'n stoel te sit en slaap.

Dit word algemeen beskou as 'n laat manifestasie van hartversaking as gevolg van vog-herverdeling in die sentrale sirkulasie, wat 'n toename in pulmonale kapillêre druk veroorsaak. Dit beteken dat vloeistof wat in die bene opgebou het gedurende die dag, versprei na die longe wanneer die persoon horisontaal verkeer.

Die verplasing van opgeboude vog in bene na die longe, verduidelik natuurlik die tipiese sementgevoel in jou bolyf wat ervaar word kort na die liggaam in 'n horisontale posisie verkeer. Hierdie toestand veroorsaak erge ongemak en ook gepaardgaande slaaploosheid wat onder andere ook 'n simptoom van hartversaking is. 

Mense met orthopnea vergoed dikwels - soms onbewustelik - deur met meer kussings onder die kop te slaap sodat die bolyf gelig is en sodoende hul simptome te verminder. Dit is die rede waarom dokters dikwels pasiënte met hartversaking vrae op hoeveel kussings slaap hulle in die nag.

Nog 'n simptoom van hartversaking is paroxysmal nocturnal dyspnea. 'n Skielike aanval van erge benoudheid snags, gewoonlik 'n paar uur nadat die persoon gaan slaap het. Onverklaarbare skielike tamheid en benoudheid tydens oefening is ook algemene klagtes wat verband hou met asemhalingsprobleme.

*Hier is die skakel na ons PH blad op FB. Jy moet ongelukkig ingeteken wees om dit te kan sien.
https://www.facebook.com/pages/Asemdief/1099236390102893
« Last Edit: September 21, 2017, 03:33:31 AM by Meraai vannie Baai »