Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 289009 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #30 on: January 09, 2013, 06:53:29 AM »
Ja, dit is wonderbaarlik om te sien hoe mense mekaar bystaan en onderskraag.  Ek hoop van harte dat Gerda sal kom saam gesels.
Baie dankie vir die inligting Raaitjie.  Ek wens regtig dat meer pasiente hier kom saam gesels en hulle inset lewer om die lewe vir ander ouens makliker te  maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #31 on: January 10, 2013, 12:32:55 AM »
Informasie oor die gevare van hitte en voorsorgmaatreels.

In Australië sterf meer mense a.g.v hittegolwe as aan enige ander natuurlike ramp.

Persone wat die grootste risiko loop, is diegene met kroniese probleme met hart- en sirkulasie, diabete, oorgewig, dimentia en asemhalingsprobleme bv PH pasiente/longkanker ens.

Persone wat sekere medikasie gebruik soos vir bloeddruk/waterpille moet veral versigtig wees. Erge hitte beinvloed die werking van hierdie medikasie. Pasiente moet NIE ophou met die gebruik daarvan weens die hitte nie.

Bejaardes, kinders, persone wat harde fisiese werk moet doen en diegene met intense buitemuurse aktiwiteite moet ook spesiale voorsorg tref. Hierdie hoër risiko gevalle word aangeraai om hul dokters te kontak vir voorgestelde maniere om hulself te beskerm teen die hitte.

Wanneer ons sweet kan dit lei tot ontwatering wat bloedvolume verminder. Dit veroorsaak dat die hart harder moet werk om die verminderde volume van bloed deur die liggaam te sirkuleer. Vir persone met hartprobleme kan dit ernstige nagevolge inhou (hartaanval).

Hier is 'n paar handige wenke om toe te pas, gedurende hittegolwe, soos gegee deur Dr Rober Grenfell:   
 
■ Pas jouself op en behou kontak met ander persone. Persone wat alleen woon kan maklik ontwater en deurmekaar raak sonder om te besef dat hulle vog moet inneem.

■ Neem genoeg vloeistof in, moenie wag tot jy dors voel nie. (Voorgestel - ten minste een glas per uur)

■ As jy volgens doktersvoorskrif op verminderde vloeistof inname is, maak seker hoeveel vog jy mag inneem gedurende erge hitte. Wanneer hartpasiente/PH pasiente te veel vog inneem kan dit ekstra las op die werking van die hart plaas en lei tot hartversaking/sterftes.

■ Hou jouself so koel as moontlik deur binneshuis te bly - indien moontlik by lugversorgers/waaiers. Plaas 'n houer met water voor die waaier om te verseker dat koel lug gesirkuleer word.

■ Gebruik 'n sproeibottel met water om jouself af te koel.

■ Maak gordyne/vensters/deure vroeg in die oggend toe en gebruik waaiers in 'n kleiner vertrek waar jy die vinnigste afgekoel kan word. Groter vertrekke is die waaiers minder effektief.

■ Vermy direkte son. Doen noodgedwonge takies vroeg soggens.

■ Verminder jou aktiwiteite.

■ Vermy lang ure voor stoof om etes voor te berei, eet ligte etes.

■ Dra ligte klere.

■ Plaas 'n nat handdoekie om jou nek.

■ Neem koel storte en maak jou hare nat.

■ Tydens erge hitte verhoog die risiko van voedselvergiftiging: maak seker dat jou yskas se temperatuur
5°C of minder is. Skuif bederfbare inhoud in yskas betyds na vrieskas.

Indien kragonderbreking vir meer as vier ure plaasvind, kan bederfbare voedsel jou baie siek maak. Hou die yskas/vrieskasdeure toe solank as moontlik.

Wanneer koue/gevriesde voedsel nie meer koud voel met aanraking nie - gooi weg.

As jy besig is om voedsel voor te berei en daar is 'n kragonderbreking en jy kan nie die gaarmaakproses binne twee ure voltooi nie, gooi weg!

*vry vertaal uit 'n artikel wat by ons PH AUS skakel geplaas was.

« Last Edit: November 09, 2016, 11:05:56 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #32 on: January 10, 2013, 06:13:18 AM »
Baie dankie vir die deel hiervan in ons eie taal Raaitjie.   :hello2:
Hierdie inligting kan enige persoon gebruik wat blootgestel is aan erge hitte.  Baie dankie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #33 on: January 10, 2013, 08:59:22 AM »
Die vertaling is puik gedoen matertjie.  Jy kan dit met trots aanbied. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #34 on: January 10, 2013, 09:09:01 AM »
Dankbaar vir jou hulp matertjie :notworthy: Die watersproeibottel gebruik kaboutertjie vandag net soveel soos ouma. Hy se dit werk!
« Last Edit: January 14, 2013, 12:23:27 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #35 on: January 11, 2013, 09:30:05 AM »
Ek het wonderlike nuus - eers het dit my in trane gehad van woede, en dan weer laat jubel. Daar is 'n middel beskikbaar wat die are in jou liggaam binne sekondes verwyd en asemhaling vergemaklik en borspyne 'n paar uur onder beheer hou. Hierdie middel was voorgestel deur die kardioloog aan ons huisdokter. Die verslag was eers verkeerd geliasseer - en voorskrifte verkeerdelik vervang (laer mg bloeddrukmedikasie) of nooit opgevolg.
 
Ek dring toe aan op 'n afskrif van die verslag (gelees ons het die reg om dit te doen)  :love7: Paar dinge wys geword waaroor ek nie oor ingelig was nie.

Die sproeimedikasie is soortgelyk aan die pilletjies wat in SA voorgeskryf word om onder jou tong te sit vir hartpasiente.

Ongelukkig kan hierdie wondermiddel vir my, nie saam met sommige PH medikasie gebruik word nie omdat dit die bloeddruk erg verlaag (soos die ander aarverwydende middels ook) en hou dan 'n wesenlike gevaar van floutes en besering in vir die pasient.

Totdat daar meer duidelikheid is van die oorsprong van die drukking en of dit behandelbaar is of nie, het ek 'n stukkie van my 'ou normaal' terug  :hello2:

 

« Last Edit: January 12, 2013, 07:18:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #36 on: January 11, 2013, 09:42:50 AM »
Dit is wonderlike nuus Raaitjie.   :hello2:   Ek is so dankbaar dat daar verligting is sustertjie.  Jammer dat die twee "drukke" so teen mekaar baklei. 

Met Hannes se kolonkanker het ek deeglik uitgevind dat 'n mens nie alle dokters kan vertrou nie.  Jy moet self maar jou vinger op die pols hou en alles navors wat hulle vir jou vertel.  Dring aan op elke verslag en gaan dit noukeurig deur.  Doen jou eie navorsing oor medikasie, daar is baie inligting op die internet.  As iets nie ooreenstem nie, kry nog 'n opinie. 

Sterkte sustertjie, ek weet jy gaan 'n groot verskil maak in die lewens van baie ander PH-lyers. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #37 on: January 11, 2013, 11:54:45 AM »
Ek is so bly jy is nou op iets (eerder laat as nooit) op medikasie wat met die asemhaling help. So bly.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #38 on: January 12, 2013, 07:12:04 AM »
Self SO bitter dankbaar Fransi. Ek het nou-nou net vir PM en Gawie vertel dat ons einde ten laaste met die suurstofmetertjie kon vasvang wat gebeur as die erge borspyne begin. Die suurstofvlak val met tien punte
en dan begin die duiseligheid. Tot nou kon ons net agterkom dat die metertjie sukkel om enige lesings te kry wanneer die pyn op sy ergste is. Vanoggend toe dit begin brand het ek dit betyds kon kry vir 'n lesing. Nog 'n stappie in die proses van dokumenteer wat gebeur. Elke druppel help!


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #39 on: January 12, 2013, 08:49:34 AM »
Dit is so waar. Dit is onsekerheid en nie weet wat en waarom nie, wat 'n mens dikwels teen die mure kan uitdryf. Dit help emosioneel as jy verstaan hoekom jou lyf reageer soos wat dit doen. As jy nie 'n naam het nie, voel alles onverklaarbaar en jy so magteloos, asof jy en jou lyf geskei is. Al wat jy weet is dat jy goor voel en dat jy nie meer jou lyf kan vertrou met die simpelste/eenvoudigste goed nie.
Ek is inniglik jammer dat jy siek is en in pyn, maar bly dat julle so druppelsgewys meer uitvind.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #40 on: January 12, 2013, 11:11:06 AM »
Ek sien hier is baie besoekers wat hier lees Raaitjie.  Ek hoop van harte dat daar vir hulle hulp en raad uit hierdie onderwerp sal kom.  Elke brokkie inligting help.  Moenie ophou om alles waar jy jou hande op kan lê te kom deel nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #41 on: January 13, 2013, 09:42:07 AM »
Saam jou dankbaar as iemand hier nuttige inligting kan vind PM. Dit was my doel - om mense bewus te maak van die asemdief se simptome en die soeke na moontlike oorsake, veral die wat baie dokters miskyk.

Fransi, weereens is jou opsomming in die kol!  'n Mens weet wanneer jou lyf jou in die steek laat en dan begin die onsekere stryd om te soek na die sondebokke. Die korrekte diagnose is werklik vir baie pasiente 'n nagmerrie. Sommiges besoek tot 14 dokters voordat hulle gediagnoseer word. In meeste gevalle is die uitspraak - verloor gewig, kry 'n lewe, jy dink jouself siek. Raak meer aktief. Gaan spreek 'n sielkundige.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #42 on: January 14, 2013, 05:27:22 AM »
Voorsorg is beter as nasorg.

As jy vermoed dat daar fout is met jou liggaam, dring aan op 'n tweede, selfs derde opinie. Die kommunikasie tussen jou en jou liggaam, kan slegs jy ervaar.

Indien jy reeds jare lank sukkel met asma/longprobleme en voorgeskrewe medikasie help nie meer nie,  kan dit geen skade doen om jou dokter te vra om 'n echocardiogram te neem sodat die hart se werking bestudeer word en moontlike drukking uitgeskakel kan word. Dit neem soms maande voordat al die nodige toetse gedoen kan word indien jou dokter vermoed dat jy 'n ernstige probleem het, hoe gouer die proses aan die gang gesit word, hoe beter vir jouself.

Maak aantekeninge van jou simptome en hoe lank dit al duur. Dit kan korrekte diagnoses bespoedig. Dokters en spesialiste maak staat op diagnose volgens die simptome waarmee jy probleme het.  Ek het vandag weer na 'n video opname gekyk waar pasiënte gesels het oor hoe stelselmatig ons aanpas by veranderinge in ons liggame sonder om dit agter te kom.

Baie keer skryf ons dit toe aan die 'verouderingsproses'. Wanneer die dokter vra of jy probleme ondervind om byvoorbeeld teen 'n styl opdraende te stap, kan jy negatief antwoord op die ingewing van die oomblik en met nabetragting besef jy dat jy WEL sukkel. Neem tyd om deeglik te let op dit wat jou kwel.

Vra jouself af: kan ek nog so ver stap soos altyd, kan ek nog trappe klim, word ek gouer moeg van ligte oefening waar jy byvoorbeeld voorheen baie fiks was. Vang erge hitte/koue jou meer as gewoonlik? Word jy vinniger uitasem? Watter verband is daar tussen ongemaklike gevoel op die bors en ander pyne? Merk ander op dat jou lippe 'blou' vertoon en word jy duiselig sonder klaarblyklike redes?

Berei jou voor op die leerskool van geduld wanneer daar met die reeks toetse begin word.

Dit is 'n tydsame proses en jy word van bakboord na stuurboord tussen verskeie spesialiste gestuur. Geduld word 'n leefwyse.

Nie alle simptome wat 'n PH pasiënt het, kan toegeskryf word aan die siekte nie. Soos met enige ander persoon, kan daar fout gaan met die werking van verskeie organe in jou liggaam.

Wat wel ingedagte gehou moet word is dat die verskillende spesialiste wat jou behandel, noue kontak met mekaar het sodat medikasies se teenwerkinge vergelyk kan word.

Soms word die 'ernstiger' probleem eers opgelos voordat die ander probleme aandag/behandeling kry. Toe ek verwys is na die PH kliniek het die persoon vir my gese dat hulle daar na al jou mediese probleme sal omsien. Dit blyk toe nie so gerieflik te wees nie en ek het simpatiek begin verstaan hoekom PH pasiente soms drie tot vier verskillende spesialiste het en daar maande verby snoer tussen behandelinge en opvolgbesoeke.

Ek wil een ding benadruk: humor is 'n kruk. Moenie dat diagnoses jou onderkry nie. Sien die komiese raak en lag vir jouself.  
 







 





« Last Edit: January 14, 2013, 10:03:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #43 on: January 14, 2013, 08:22:54 AM »
Dit is werklik goeie raad.  Te veel van ons is net "te lui" of vind dit te veel moeite om deeglike toetse te laat doen, of soos jy sê, ons skryf dit aan ouderdom toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #44 on: January 14, 2013, 10:44:21 PM »
PM, dit is waar wat jy skryf. Vir my is die lewe is 'n geskenk wat ons net eenmaal kry en ons moet die vervoermiddel (ons liggaam) versorg om hierdie aardse reis ten volle te kan geniet en die jare benut ongeag siek of gesond. Baie makliker as jy gesond is natuurlik  :toothy4: Die diagnose van enige terminale siekte hoef nie die laaste skof van jou reis so te beinvloed dat jy in sak en as die tog aanpak nie!

Dit is vir my 'n voorreg om kontak te he met ander persone wat verstaan dat die oorspronklike skok na diagnose 'n proses is wat verwerk moet word. Die allesoorheersende besef dat jy nie meer kan doen wat jy voorheen gedoen het nie is 'n groot emosionele struikelblok en sodra jy 'ek kan nie meer' omskakel na 'hoe kan ek nog' begin die liggie in die tonnel skyn  :icon_biggrin:

Vakansiebeplanning vereis 'n bietjie meer aandag. Skielike temperatuur veranderinge kan simptome vererger. Daar word voorgestel dat jy die oorskakeling so stelselmatig as moontlik maak sodat die liggaam kans kry om gewoond te raak aan die veranderinge.

Persone wat op bloedverdunners en ook sommige ander PH medikasie is, moet ook ingedagte hou dat temperature die uitwerking van jou medikasie beinvloed. Tydens warm weer verhoog dit die werking van veral Warfarin, en plaas ekstra las op die lewer. Intense koue kan ook die are laat vernou wat weer ekstra las op die hart plaas.

Aanvaar jou nuwe beperkinge en moenie jouself ooreis nie maar onthou dat met 'n bietjie ekstra voorbereiding kan jy nog werklik die lewe geniet. Raadpleeg jou dokter/spesialiste as jy onseker is oor enige iets.

 
« Last Edit: January 17, 2013, 12:06:16 AM by Meraai vannie Baai »