Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 289010 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #15 on: December 28, 2012, 11:08:00 AM »
dankie marai

sjoe nou wonder ek hoe 'n rokery die longe se bloeddruk beinvloed en die mense weet of besef dit nie?

Ek wys nie vinger na mense wat rook nie, ek is net dankbaar ek het al op 15 in st 8 ophou rook toe die sakgeld te min geraak het vir rook.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #16 on: December 28, 2012, 11:16:12 AM »
Ai Stoffel jy laat my altyd giggel. Hoe rook die drukking kan affekteer, kan ek niks oor skryf sonder om arig te lieg nie. Ek het op 21 een trek aan 'n sigaret gegee en omtrent my longe uitgehoes. Besluit daar is lekkerder dinge om mee te eksperimenteer  :angel4:

Outop lees nou so deur ons plasings, en toe moes ek mooi beduie hoeveel name jy my noem en dat AB ons gewilde wynboer en Stoffel een persoon is :icon_biggrin:

Ek het vir Denneys Niemandt 'n boodskappie en uitnodiging op die gevreetboek geplaas om met ons te kom gesels oor hoe dit voel om met PH te leef. Soveel respek vir hom en al ons PHamily wat blymoedig stry :notworthy: Ons stap hierdie pad van onsekerheid nou maar ses maande en dit voel soos 'n leeftyd.

Hier is 'n twee skakels waar melding gemaak word van PH en rookgewoontes ens.

http://journal.publications.chestnet.org/article.aspx?articleid=1066083

http://www.mayoclinic.com/health/pulmonary-hypertension/DS00430/DSECTION=lifestyle-and-home-remedies
« Last Edit: January 31, 2013, 01:52:45 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #17 on: December 28, 2012, 11:52:53 AM »
Dit sal wonderlik wees as hy wil kom saam gesels.  Hoe meer inligting daar is, hoe makliker vir die ouens wat navorsing doen oor hierdie toestand.  Ons kan ook weer koppe bymekaar sit om nog ander inligting uit Engels te vertaal. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #18 on: December 28, 2012, 12:01:03 PM »
Sooooo wonderlik dat ek jou MY maatjie kan noem PM. Jou hart is so groooooot. Dit sal wonderlik wees as ons van die inligting kan vertaal in Afrikaans met die tyd. Daar is so bitter min beskikbaar in ons moedertaal. En baie van ons ouer mensies het net nie die kennis om alles in Engels behoorlik in te neem nie  :love7: Dit soveel keer gesien met my eie familie as ek skakels aanstuur.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #19 on: December 28, 2012, 12:05:43 PM »
Die voorreg is myne Raaitjie.   :notworthy:
Jy moet die goed kom plaas wat vertaal moet word hoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #20 on: December 28, 2012, 12:10:18 PM »
Basies is dit wat ek via Engelse skakels aandra hier matertjie wat ons moet probeer vertaal. Hierdie soort van inligting is nie in Afrikaans beskikbaar as jy begin 'google' nie. Weet nie of dit in aanlyn mediese joernale is nie. Ons is sat gesoek na betroubare inligting. Gewoonlik help dit om te loer na die datums van plasings. Ek weet in die begin toe ons begin soek na agtergrond oor PH was dit 'n skrikwekkende ervaring. Al wat ons gelees het was dat die verwagte oorlewingstyd 2 tot 3 jaar is LOL. Vandag weet ons dat daar pasiente is wat met behandeling die tienjaarperk oorskry!

Mediese  ondersoeke:
• Neem altyd jou mediese legger saam tydens 'n doktersbesoek. Plaas dit op die toonbank en meld dat dit beskikbaar is vir verwysing.

• Beperk jou vrae tot wat betrekking het op jou situasie byvoorbeeld: "Hoe vergelyk die hart se werking nou teen vorige uitslae?"

• Moenie die dokter iets gee om te lees terwyl hy nog besig is om jou vrae te beantwoord nie. Dit sal sy aandag aftrek en hy kan dan nie fokus op jou vrae nie.

• Berei jou vrae skriftelik voor die tyd, vir maklike verwysing en om by die onderwerp te bly.
 
Maak seker dat jy afskrifte van al jou verslae en uitslae kry. Van my verslae was al verkeerdelik geliasseer en kosbare inligting kan verlore gaan.

Gaan al die inligting na op jou verslae. Soms ruil dokters per ongeluk verslae om!

* Bron vertaal deur inligting verskaf deur Cheryl Switzer

Geleende bron: http://www.phcentral.org/coping/tips/working_with_your_doctors
« Last Edit: November 17, 2016, 02:56:35 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #21 on: December 29, 2012, 12:23:56 PM »
Jy is reg.  'n Ou moet maar seker maak van die betroubaarheid van die bron.  Ons het ook al dikwels goed gelees wat ver van die spoor af is.
Mense wat met 'n terminale siekte gediagnoseer word, sal tot uiterstes gaan om 'n kuur te vind.  Dit is ook net juis hier waar soveel mense uitgebuit word.  Dit laat my altyd dink aan die spreekwoord:  Een ou se dood is 'n ander ou se brood. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #22 on: January 01, 2013, 11:18:38 PM »
Hoe waar is jou woorde nie PM. Mense wat met 'n terminale siekte gediagnoseer word, sal tot uiterstes gaan om 'n kuur te vind.

Hierdie is ongelukkig in meeste gevalle 'n terminale toestand en elke keer as ek lees van nog 'n slagoffer wat sy of haar 'vlerke gekry het/received his or her wings' swem my oge in trane. Misdiagnose is nog steeds die grootste struikelblok wanneer dit kom om betyds te begin met medikasie wat die simptome kan verlig.

Al wat ek op hierdie oomblik kan doen is om mense om my bewus te maak van hierdie aarsluipende suurstofdief en moordenaar. Vanoggend wil ek die volgende met julle deel:

Dokters en spesialiste KAN foute maak

http://www.phassociation.org/JourneysMemorial/AinesStory

Aine sterf op 10 Augustus 2010. Sy was agt jaar oud. Haar dood is veroorsaak deur Pulmonary Veno Occlusive Disease (PVOD). Alhoewel hierdie siekte raar in voorkoms is, is dit noodsaaklik dat bewusmaking oor dit gedoen word aangesien dit tot pulmonêre hipertensie (PH) kan lei. Daar word vermoed dat PVOD die skuldige agter 'n paar gevalle van idiopatiese pulmonêre hipertensie kan wees. In hierdie geval, was dit dan ook so.

Sy het baie afsprake met verskeie dokters, spesialiste op die gebied van gastroënterologie, pulmonologie, kardiologie en haar pediater gehad. Tragies was Aine verkeerdelik gediagnoseer met blakende gesondheid. Dit is net angs het die dokters oor en oor bevind. Voortdurend het haar ouers aan die dokters genoem van haar kortasemheid met inspanning maar dit was geïgnoreer. Sy makeer niks en is net gespanne was hulle diagnose. En ons het hulle geglo vertel haar ouers.

Feitlik alle pasiënte met PVOD en PCH word gediagnoseer met verhoogte pulmonale arteriële druk op die regterhart kateterisering, 'n bevinding wat die teenwoordigheid van PAH bevestig.

Let asb op dat die verouderde perk vir abnormale pulmonale drukking van  25 en meer, nou aangepas is as volg :
Normale sistoliese pulmonale drukking 15 tot 30 mmHg en diastolies is 4 tot 12 mmHg.
« Last Edit: November 25, 2016, 11:40:24 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #23 on: January 03, 2013, 02:11:40 AM »
Waar kom die drukking in die regterhartkamer vandaan by PH pasiente?

Wanneer verhoogde drukking in die longare voorkom, is daar 'n abnormale teenvloei "back pressure" in die regterhartkamer.  Die hart is nie ontwerp om teen hierdie abnormale drukking normaal te funksioneer nie.
Indien hierdie drukking volhou sonder behandeling, kan die hart vergroot en hartversaking intree en die volgende simptome kan waargeneem word:

*Die lewer vergroot en pynlik.

*Vergrote maag weens oortollige vloeistof.

*Verminderde aptyt.

*Uitputting met minimale inspanning

*Kort van asem tydens inspanning

Gewoonlik kom hierdie simptome stelselmatig voor met matige in spanning/oefening. Dit word dan toegeskryf aan werkslas, stres, moegheid, bloedarmoede, kinders grootmaak, huishoudelike take ens. Hierdie simptome vererger gemiddeld oor 'n tydperk van 18 - 24 maande voordat 'n diagnose van PH gemaak word.

http://www.cccgroup.info/whatpulhyper.asp

MEDIKASIE WAARSKUWING:
* Baie PH dokters laat na om hulle pasiente wat bloeddrukmedikasie en ander soort hartmedikasie in te lig oor die gevare van sekere medikasie wat sonder voorskrif te kry is.

*"Decongestants" wat in sommige verkoue en hoesmiddels voorkom is gevaarlik weens die feit dat dit die are vernou  - maak seker dat jy die aanwysings noukeurig lees en raadpleeg die apteker indien enigsins onseker.




« Last Edit: November 23, 2016, 01:24:42 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #24 on: January 04, 2013, 04:10:15 PM »
Raaitjie, gee net kans dat ek my voete vind dan vertaal ons gou hierdie.  Volgende Maandag behoort ek weer rustig te wees.
Gee my asseblief 'n hupstootjie op te onthou. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #25 on: January 05, 2013, 12:56:08 PM »
Handige wenke wat die lewe vir my makliker maak op die oomblik:

*Heel eerste moet 'n mens let op wat jou liggaam vir jou vertel. Rus wanneer jy moet, sonder om skuldig te voel. Daar is nou 'n nuwe 'normaal' in jou lewe. More is nog 'n dag.

*Ek het geleer as ek alles in 'slowmotion' doen vorder ek fluks :icon_biggrin: As ek besig dae of gaste gehad het vir die naweek, kan ek verwag om vir twee dae daarna 'af' te voel. Voorheen het dit my baie onstel. Nou weet ek dat daar goeie en slegte dae is.

*Beweging terwyl jy suurstof gebruik, word makliker wanneer jy weet watter kragproppe is die gemaklikste om te gebruik sodat die asempypies jou nie kortwiek en jy jouself des dinges toe verknoop in die proses nie LOL. Ons het ook 'n masjien gekoop wat die lug suiwer en die ultravioletlig vernietig die 'onsienbare goggas' in die lug wat onnodige infeksies kan veroorsaak.

*Wanneer ek 'n vinnige handeling uitvoer wanneer die brandpyn op die bors erg is, is hoesbuie soms my voorland wat behalwe seer, ook baie uitputtend is en dan benoudheid vererger. Ek kan voel hoe die 'wurgproses' in my bors toeneem wanneer ek my hande byvoorbeeld bo my kop uitsteek om koppies uit die rak te haal. Skuif alles na 'n laer meer gemakliker hoogte.

*Kleingoed word die minimum opgetel en rondgedra aangesien pasiente aangeraai word om nie swaar voorwerpe te hanteer met verhoogde pulmonale drukking nie. Ons plaas 'n matras op die grond waar ek gemaklik kan sit en ons kaboutertjies nog steeds geniet. Dit maak die ruil van doeke en bottelgee ook soveel makliker.

*Stadiger opstaan/buk verhoed dat die duiseligheid jou oorval en jy jouself ernstig kan beseer. Omdat PH pasiente gewoonlik op bloedverdunners geplaas word, kan 'n klein besering gevaarlik wees weens die stadiger stollingsproses.

*Dit is 'n nuttige wenk om 'n SOS kenteken te dra wat in geval van noodsituasies jou toestand kan uitwys en jy die korrekte behandeling kry. Plaas ook 'n volledige lys van jou medikasie erens waar dit maklik gesien kan word as jy nie self in staat is om die inligting te kan verskaf in geval van 'n probleem nie.

*Voorwerpe in die huis wat die meeste gebruik word, word na die laaie/kaste geskuif waar jy met die minste inspanning nog oop- en toe kan maak. Ek het gevind dat die toestootproses pynliker is as die ooptrek.

*Gebruik 'n stoel wat maklik kan skuif in die kombuis (bv 'n barstoel met wieletjies) vir die tye wat jy moeg voel en nog takies het om af te handel. Daar is baie sleurwerkies wat sit-sit verrig kan word.

*Ons wasdraad het Outop nader aan die huis geskuif en korter geplant. Daar is ook plek gemaak waar daar 'n verhoogde platform is om die wasgoedmandjie op neer te sit vir die ophang en afhaal prosesse.

*Trappie by die wasmasjien gesit sodat ek gemakliker wasgoed in en uit kan sit/haal.

*Met eksperimenteer het ons agtergekom 'n soutvrye dieet kan nog steeds smaaklik wees. Gebruik sitrussappe by jou disse en ander soorte speserye in die plek van tafelsout. Die verminderde soutinname help swelling voorkom.

*Neem in ag hoeveel vloeistof jy per dag inneem. Dit sluit vrugtesap ens in. Probeer om nie meer as 1.5 liter in te neem nie. Ekstra vog wat uitgeskei moet word, verhoog die hart (wat reeds onder verhoogde druk moet funksioneer), se taak. Die hart is 'n spier en soos enige spier, word dit met oefening vergroot.

*Monitor jou gewig daagliks. 'n Skielike onverklaarbare toename kan beteken dat jou liggaam vog terughou en jy medikasie nodig het.

*Erge hitte/koue kan simptome vererger. Wees voorbereid. Wanneer ons in die bos kamp waar daar nie kragtoevoer is nie, neem ons 'n waaier wat met batterykrag werk, saam. Ek neem ook koel storte wanneer ek voel die hitte raak te erg. In die winter neem ons 'n gasverwarmer saam met ons.

*Vermy hoogtes waar die lug te dun is en asemhaling bemoeilik. Beplan vooruit vir suurstof indien nodig en ook 'n middel wat die are verwyd. Volg die spesialis se aanwysings noukeurig!

PS: Wees dankbaar vir al die hulp - moenie verwag dat dit gedoen sal wees soos wat jy dit altyd gedoen het nie. Gee erkenning en geniet die lewe. Elke sekond is kosbaar.
 :notworthy:
« Last Edit: January 31, 2013, 04:29:17 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #26 on: January 05, 2013, 01:08:20 PM »
Hene Raaitjie, 'n mens besef nie hoeveel verandering PH in 'n mens se lewe bring nie.  Dit wys ook net dat 'n mens daadwerklik 'n verskil kan maak.  Ek weet dat hierdie wenke ander mense wat aan PH ly, of sommer enige ander toestand het waar dit moeilik is om te beweeg, baie sal help.  Dankie vir die plaas hiervan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gerda Gillen

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 1
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #27 on: January 08, 2013, 12:10:56 PM »

Ek is 65 jr oud en is 1 jaar gelede met pulmonary hypertension gediagnoseer, deur ‘n internis hartpsesialis.
My hart werk 27 % en my longe 34 %.
Een jaar tevore het ek dubbel pasaangeer gekry wat die toestand verbeter het maar steeds is dit ‘n baie moeilike siekte , aangesien lewenskwaliteit byna ni bestaan , behalwe met die gebruik van Sildenafil , 1x perdag  dit gebruik,( amper meer bekostigbaar ) tot ‘n mate verbeter dit die lewensgehalte effens maar steeds help die gebrek aan slaap nie juis die toestand nie.
Ek het ook ‘n breuk wat nie reggestel kan word weens die siektetoestand.
Enige raad of ondesteuning met die hantering van die toestand wat ietwat verligting kan bring is al hoop wat ek het  met die forum.
Groete
Gerda Gillen

   

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #28 on: January 09, 2013, 12:11:20 AM »
Gerda ek is so bly dat jy die vrymoedigheid geneem het om saam met ons te kom gesels rondom hierdie toestand wat mens se hele lewe omdop die oomblik as die diagnose jou persoonlike pad kruis. Toe ek die tweede reel in jou briefie lees het gesukkel om deur die trane verder te probeer ontsyfer. Moes eers agteroor sit. Ek kan my nie eers probeer indink hoe dit moet voel vir jou na aanleiding van die persentasie werking van jou hart en longe wat jy het.

Ons sal graag hier op die forum vir jou 'n oor en skouer wil wees. Enige tyd van die dag of nag. Ek is in Australie en gewoonlik dwaal ek dus deur julle nag en my dag hier rond. Dit sal goed wees as jy vir ons kan vertel hoe jou PH gediagnoseer was en hoe lank dit geneem het. Ek het so baie vrae maar wil jou nie oorval nie.

Neem aan jy is op permanente suurstof? Ek sal vandag probeer om na betroubare inligting te soek wat dalk vir jou en ander, 'n mate van hulp kan wees. Het jy emosionele ondersteuning van die PH gemeenskap in SA?

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #29 on: January 09, 2013, 01:29:41 AM »
'n Mede PH lyer het lankal die moeilike proses van asemhaal met longprobleme, beskryf as 'asemhaal deur 'n strooitjie met jou neus toegedruk'. Hierdie asemstryd word vererger wanneer daar slym op die bors is. Ek kon vandag net glimlag toe ek op ons Aus PH skakel lees van die 'Lung Flute' wat pasiente help.
'n Eenvoudige musikale & mediese behandeling wat wondere verrig :love7: :hello2:

When patients blow into the "Lung Flute," sound waves are sent down the airways, mobilizing that mucus. Studies show using it twice a day improves lung congestion and other *COPD symptoms.

*COPD (chronic obstructive pulmonary disease) CAN OFTEN BE A PRECURSER TO PH.


'n Doktersvoorskrif word in sommige lande benodig. Vir meer inligting:
http://abclocal.go.com/kabc/story?section=news/health/your_health&id=8942927

« Last Edit: January 10, 2013, 12:57:52 AM by Meraai vannie Baai »