Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 295573 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Sommer net 'n drukkie. Aangrypend geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek hoop hierdie gedig vind sy pad na jou eie plekkie toe Raaitjie.  Dit moet net boek 3 toe.  Boek twee is tot oorlopens toe vol.
Kyk na die kere gelees matertjie. Dit is sterk oppad na 3000 toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die groot probleem (soms) met hekel, is dat dit jou gedagtes oop laat vir baie dink. 
Hier sien ek het dit tot jou voordeel gestrek.   :icon_biggrin:
Waaraan het jy gehekel toe jy hierdie gediggie geskryf het?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
PM, ek is so besig om te tel terwyl ek leer hekel dat ek aan niks anders kan dink nie  :icon_bigsmurf: Ek het nog nie begin hekel toe ek die gediggie geskryf het nie. Meisiekind se vriendin in NZ het vir my 'n klompie wol gestuur 'n hele paar jaar gelede al en een oggend het ek skielik lus gekry om die hekeltegniek baas te raak; toe geloer na die afkortings wat hulle gebruik in patrone. Op FB haar laat weet ek soek my hekelpen en sodra ek hom kry sal ek die pogings afneem en vir haar wys LOL. Baie braaf  :icon_biggrin:

So tussen al die bloedtoetse en prosedures die afgelope jaar het dit werklik gevoel of woorde besig was om my te versmoor en ek wou iets doen om my aandag af te trek. Terwyl ek die hekelterme bestudeer het, het ek in my verbeelding gesien hoe hekel ons aan ons eie lewenspatrone. Elke sekond 'n kettingstekie in die mosaïek van tyd waar seisoene soms met lang bene voor ons uitstrek en die herhaalde patroon van 'steek' en wag op uitslae het my amper onder gekry... tot ek die ABC verruil het vir wol  :angel4:  

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek hoop van harte jy sal gou weer jou liefde vir woorde terugvind en ook tyd maak vir die ABC. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Vanoggend die uitslae ontvang van Donderdag se toetse. Ongelukkig is daar nog steeds abnormale drukking in die regterhartkamer en longare (48 rustend) wat verhoog het na 65, met oefening. Ons is teleurgesteld en baie onseker oor alles en tog ook verheug oor die hart se vermoe om by te hou met die verhoogde drukking tot nou.

Ek het 'n afspraak vir more oor die bespreking van verdere behandeling aangesien die nuwe medikasie wat alles in beheer moet hou, nie vrugte afgewerp het nie. Hulle sal ook die risikofaktore bespreek. Ons weet wel dat verskillende toerusting en tegnikuste se lesings kan verskil en het werklik gehoop dat daar met hierdie toets nie meer enige abnormale druk teenwoordig sou wees nie.

Die kardioloog het ons verseker dat die toestand fyn dopgehou sal word. En so doet ons voort met 'n nuwe sirkel van onsekerheid.
« Last Edit: July 10, 2013, 12:50:29 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek is regtig baie jammer dat die druk steeds abnormaal toets Raaitjie. 
Is daar ander medikasie wat voorgeskryf kan word?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Ai Meraai, ek is so jammer en baie baie sterkte.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Dankie maters vir drukkies en julle omgee. Opregte waardering. Ongelooflik hoe lank dit neem om die oorsprong van alles te probeer opspoor. PM, jy vra of daar nie ander medikasie is nie. Op die oomblik gebruik ek reeds twee verskillende soorte wat help om die are oop te hou. Die kans is groot dat hulle dalk nooit die oorsaak gaan vind nie (idiopaties dus).

Ons leef dag vir dag in dankbaarheid vir die dinge wat die lewe vir my makliker maak. Daar is nog soveel seeninge oor as mens kyk na ander persone wat veg met die onbehandelbare monster van abnormale drukking in die are.

« Last Edit: July 15, 2013, 03:56:45 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Baie dankie Raaitjie, dit is voorwaar 'n pragtige foto. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Na 'n jaar van intense navorsing en duisende dollars bestee aan mediese toetse en prosedures - het ons onomwonde bewyse dat die kwaliteit van besoedelde lug wat ons inasem, wel jou gesondheid kan aantas al weier sommige owerhede nog steeds om dit te erken en ompaaie te bou vir swaar verkeer deur woongebiede, soos in ons geval. Hierdie besoedelde lug kan jou letterlik jou asem wegslaan, jou gevange hou binneshuis. Daar is kort- en langtermyn effekte wat selfs jou dood kan veroorsaak.

http://education.nationalgeographic.com.au/education/encyclopedia/air-pollution/?ar_a=1

https://apps.who.int/inf-fs/en/fact187.html

http://www.sharecare.com/question/how-air-pollution-breathing-problems

http://www.sbcapcd.org/sbc/pollut.htm

http://www.cdc.gov/nceh/airpollution/

http://www.lung.org/associations/charters/mid-atlantic/air-quality/outdoor-air-quality.html

http://allergy.peds.arizona.edu/southwest/airpollution.html

http://www.infoplease.com/ipa/A0004695.html

NB: In dieselfde straat waar ons woon is daar ook 'n skool (soos in biljoene ander stede) en toe ek deur die onderstaande inligting lees het ek amper angsbevange gewonder wat die besoedelde toekoms vir ons en ons kinders inhou:

Children might be safer staying indoors in the after-school hours on days when ozone levels are high.
http://www.eurekalert.org/pub_releases/2001-11/uonc-apc112001.php


« Last Edit: November 17, 2016, 07:03:05 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #86 on: October 03, 2013, 01:58:02 AM »
Deel graag hierdie video vandag:
http://www.youtube.com/watch?v=y_11i3XMe8M

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #87 on: January 10, 2015, 07:35:42 AM »
 Dankie vir die plasing namens my Angelica  :notworthy:

* There are multiple reports of rapid deterioration and death when pulmonary vasodilators are used in the presence of pulmonary venous hypertension...

*Pulmonary venous hypertension typically presents with shortness of breath while lying flat or sleeping (orthopnea or paroxysmal nocturnal dyspnea), while pulmonary arterial hypertension (PAH) typically does not.*

Kom stap 'n entjie saam in ons gaapbek-tekkies....

Toe ek aan ons besoekende dokters probeer verduidelik dat dit vir my 'n paar maande gelede onmoontlik geraak het om te slaap in gewone posisie weens die gevoel van jou longe wat gevul word met sement en asemnood wat selfs suurstof nie verlig nie, was hy verbaas en geantwoord dat dit waarskynlik is hoe my liggaam die verhoogde druk wat nog steeds daar is, ervaar. Die toestand gaan nie weggaan nie vertel hy baie simpatiek terwyl hy sy stoel tot reg voor my trek. Ek moet vrede maak daarmee en myself so gemaklik as moontlik 'inrig'.

'n Maand later het die swelling (selfs deur die dag), so pynlik geword dat my arms nie meer teen my sye of bors kon raak nie.

Die nuwe besoekende dokter het my skeef aangekyk toe ek probeer verduidelik en gese dit is nie 'n tipiese simptoom van PH nie en stel voor ek gaan terug na die kardioloog. Ons het gelukkig 'n afspraak gehad vir 'n echo om die volgehoue drukking dop te hou.

'n Dag of twee na die nuwe echo lui ons foon die aand en die spesialis lig my in dat niks verander het nie. Daar is nog steeds verhoogde abnormale druk en op sy verslag knak die volgende woorde weereens my kniege: Pulmonary Hypertension van 58mmHg met dyspnea en nog 'n vloekwoord wat toe na grawe op die internet verduidelik word as 'n 'vetgewassie in die hart' wat bydrae tot die pynlike ongemak en opsigself PH en skielike dood kan veroorsaak!

Beswaard en buite weste bekommerd - opgebid, soek ek van geloofskoers af - weer van vooraf na inligting oor PH en die verskillende betekenisse van die syfers.

*Severity of pulmonary hypertension (mPAP)
Mild = 25-40mmHg
Moderate = 41-55mmHg
Severe = > 55mmHg (some links have 60mmHg as severe)

Volle sirkel gestap op die PH pad en nog steeds verduidelik niemand vir jou wat aan die gang is in jou liggaam nie! Al onraad wat ek bemerk het, is dat die spesialis uit Brisbane (wat die toets kom doen het) deur my verslae gegaan het en my kardioloog vra of ek bewus is van die 'toestand' - waarop hy antwoord: I think so!

?????

Die 'skiep van nog 'n heart beat' het niks te doen gehad met fisiese skete nie lol. Praat hulle asof ek nie in die vertrek reg langs hulle twee is nie! Die bande, naalde en drade weerhou my van opspring en aandring op wat ek van moet/moes weet.

Net 'n nommer op 'n tjek.

Intussen vergerger die simptome stelselmatig en Meraai vannie baai kruip weg vir haarself en geliefde maters. Wil nie meer kuier, dink of gesels nie. Hou op bid en glo. Wou weghol maar ongelukkig neem mens jouself saam

En so doet ek vir klompie weke voort.

Nog 'n besoek later skryf die dierbaarste (nuwe) dokter wel iets voor na hy hot en haar gebel het, belowe my dit sal help met vog wat opgebou word en die hartfunksie verbeter; wat verligting bring maar hy kan ook nie verduidelik hoekom ek die sementgevoel ervaar wanneer ek horisontaal verkeer; hy soek ook nie na antwoorde nie!

'n Volgende besoek stel die volgende dokter voor dat ek nou op PH medikasie geplaas word nadat ek die afgelope ruk net vir rukkies kan sit voordat dit voel of die sementgevoel my ribbes deur my vel gaan forseer en ek meeste kere net 'n paar ure kan slaap selfs in geligde posisie. Oi. Ek bejammer myself so, tot ek besef my trane hol die grond onder my voete uit - ek begrawe myself lewendig.

Op 'n dag kry ek genadiglik myself aan die kraag beet en besef ek sal self moet soek vir antwoorde terwyl ek nog kan skop in paaiemente lol. Verwoerd begin ek alles aanpak wat ek nog graag wil - ek craft of dit uit die mode gaan en my vingerpunte oopbars. Gepleister gaan kuier ek maar weer vir Dr Google met die wete dit veroorsaak nagmerries/stuipe vir dokters. Ek vra hulle nie meer vrae nie. Wat ek raaklees (en kan bevestig uit verskeie bronne) sal ek deel op my manier. Selfkennis is ongelooflike belangrik vir ouens met rare skete.

Selfs 'n eenvoudige mediese prosedure soos aarvoeding - kan jou dood veroorsaak weens verhoogde vog inname. Kennis is mag en in ons geval, kan dit jou lewe red/verleng.

Dit was juis met die laaste dok se voorstel dat ek op vasodilators geplaas word dat ons weer besef het HOE lewensbelangrik die kennis en oorsprong van jou PH vir jou as pasient is, en ek haal weer aan:
'There are multiple reports of rapid deterioration and death when pulmonary vasodilators are used in the presence of (PVH) pulmonary venous hypertension.'

Nie een dokter/spesialis het verdere navorsing gaan doen oor my horisontale ongemak en asemnood nie. As ons die behandeling toegelaat het, kon dit fatale newe effekte gehad het.

Ek sluit af met hierdie laaste stukkie inligting wat ons ook self moes ontdek nadat ons vrae vrugteloos onbeantwoord gebly het deur mediese personeel:

*In chronic thromboembolic pulmonary hypertension (WHO Group IV), the blood vessels are blocked or narrowed with recurrent blood clots, and these clots can lead to release of substances that cause the blood vessels to constrict. This combination of blocked or narrowed vessels and vasoconstriction once again increases the resistance to blood flow and so the pressure within the system rises.
« Last Edit: March 21, 2016, 11:21:45 PM by Meraai vannie Baai »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #88 on: January 13, 2015, 09:39:43 AM »
Al wat ek kan sê is sterkte Elle en dat ek van harte hoop dat daar antwoorde sal kom vir hierdie toestand. 

As 'n  mens kyk na hoeveel keer hierdie onderwerp gelees is, kan ons sien dat die probleem erg toeneem.  Daar is beslis 'n behoefte aan meer kennis.

Dankie dat jy dit met ons gedeel het en indien jy meer inligting kry sal ons dit waardeer as jy dit ook deel.

Groot liefies vir jou en drukkies.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #89 on: January 17, 2015, 01:28:54 PM »
PM, ons is ekstaties om jou hier te sien.  Ons verlaaanggg... :crybaby2:
Die inligting onder is vanaf Meraai.  Sy het my gevra om te plaas omdat sy nie meer toegang tot die Forum het en die onderwerp so gewild is.
elle