Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 294911 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #45 on: January 16, 2013, 01:43:49 AM »
Sommige newe effekte, voorbereiding en toediening van PH Medikasie: Remodulin en Flolan.

Vanoggend wil ek 'n bietjie inligting en 'n paar instruksie videos rakende PH medikasie, met julle deel. Eerstens: Bid asb saam met ons vir die 18 maande oue Jackson - 'n moedige PH vegtertjie. Sy mamma het laat weet dat dit nou nodig geword het vir Jackson om met die ingrypende Remodulin behandeling te begin.

Dit is 'n katastrofiese duur behandeling. Ek haal sy mamma aan: "The medication that Jackson will be starting the last week in January costs about $30,000 a month, and no, there is not an extra zero on there!"

Typical estimates range from $120,000 to $160,000 per year, but may be higher depending on the dose.


Jackson se mamma het hierdie pragtige video saamgestel.
http://www.youtube.com/watch?v=cqvbuKJEPRk

SOMMIGE KOMPLIKASIES EN NEWE EFFEKTE VAN REMODULIN EN FLOLAN
http://pulmonaryhypertensionrn.com/prostanoids-for-treatment-of-pulmonary-arterial-hypertension-pah/

*Pyn/onsteking/swelsel/bloeding/klontvorming waar die ingangspunt van die toedieningsmeganisme is.
*Bloedvergiftiging weens besmetting.
*Onderbreking in die vloei van Flolanmedikasie - lewensgevaarlik!
*Hinderlike rooi uitslag.
*Verharding van die vel.
*Pyn in kakebeen/voet.
*Swelling van bene/voete/enkels.
*Naar en duiseligheid.
*Diarrhea.
*Hoofpyn.
*Gevaarlike lae bloeddruk.
*Gloede.

*Hier word die voorbereiding- en toedoeningproses van hierdie twee soorte PH medikasies uiteengesit.

http://www.youtube.com/watch?v=xgEBfbNKh6A

http://www.youtube.com/watch?v=GtvQRxUaJUk
http://www.youtube.com/watch?v=CdgoL8iIN08

Indien jy belangstel om meer te lees/weet rakende medikasie vir PH, is hierdie omvattende skakel 'n goeie wegspringblok: http://www.phassociation.org/Treatments
« Last Edit: November 17, 2016, 05:28:35 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #46 on: January 16, 2013, 07:30:15 AM »
Dit is vir my wonderlik dat jy nie ophou om inligting oor PH te verskaf nie Raaitjie.
Dankie vir die deel van Jackson se verhaal.  My hart gaan uit na hom en sy ouers en sal hul in my gedagtes hou.  Dit is voorwaar 'n erge stryd. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #47 on: January 17, 2013, 06:20:27 AM »
Matertjie my hart self stukkend vir hulle en ander ouers wat se kindertjies siek is. Daar is nog nie PH medikasie vir babas/jong kindertjies nie. Hulle word met die volwasse medikasie waarvan die dosisse aangepas word, behandel. Van Jackson se medikasie word eers fyngemaak en dan word die dosis daarvolgens uitgewerk. Omdat die voorskrif dan nie meer in oorspronklike formaat gegee word nie, weier die fondse om te betaal!

Daar is nog soveel onkunde rakende hierdie toestand en ongelukkig is dit nie iets wat jy gou na die apteker of selfs net jou dokter kan gaan vir raad of hulp nie. En 'n mens is so skrikkerig vir medikasie se newe effekte. Veral dit wat ons nie meer vertroud is nie.

Ek onthou met my eerste besoek aan die spesialis het ek 'n sterk pynmiddel gekry wat as jy dit misbruik het, jou kon laat flouval. Vir hoe lank met die voorskrif in my handsak geloop en geweier om dit te gaan haal  :icon_bigsmurf: want ek het die gevolge gesien van 'n persoon wat soortgelyke middel misbruik het. Was nie 'n mooi gesig nie!

Eers toe ek meer te wete kom oor presies hoe die middels werk, kon ek dit gebruik sonder vrees. Die ou-ou spreekwoord is nie verniet 'Kennis is mag en onkunde is nag' nie!
« Last Edit: January 17, 2013, 06:24:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #48 on: January 18, 2013, 11:07:39 AM »
Dit is baie mooi gedoen Raaitjie.  Kom vertel asseblief hoe julle die lugsuiweraar wat Dinsdag geinstalleer is ervaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #49 on: January 18, 2013, 01:04:13 PM »
Gemengde gevoelens op die oomblik na drie dae PM  :icon_biggrin: Ek het minder staat gemaak op geleende asem, maar Outoppie het erge sinusonsteking gekry. Ons is nie seker of dit weens die lugverkoeling is en of sy agiegeit tydens die installering van die sisteem die sondebok is nie. Sal jou op hoogte hou!

Die huis is heerlik koel, soos belowe met die advertensie, voel dit soos 'n vars seebriesie wat deur die pandokkie waai op sy laagste verkoeling. Op die hoogste verstelling waai al my satynblomme heen en weer soos die palms langs die ponlockie gedurende 'n storm en soek Outop na sy mussie snags! Dit wil my voorkom of die gedoente op ons dak 'n verskansing is van winter wat ons somer gesteel het  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #50 on: January 18, 2013, 04:01:51 PM »
Ek hou duime vas dat Outoppie gou beter sal word en dat dit maar net sy agiegeite is wat hom se neusegate kriewelrig gemaak het.
Dat die erge hitte gebreek is, is wonderlike nuus.  Nou kan jy asemhaal.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #51 on: January 21, 2013, 04:29:26 AM »
Dit lyk of Outop se snuiwerasies wel sy agiegeit was.  :icon_biggrin: 

Wil gou terugvoering gee oor die lugverkoeling/lugsuiweraarsisteem wat ons laat installeer het:
Na vyf dae kan ons begin om 'n positiewe verandering waar te neem  :bootyshake:

Die borspyne en lighoofdigheid is nog steeds daar maar die geblaf is hok geslaan en suurstofgebruik heelwat verminder in die proses, waaroor ek en Outop ongelooflik dankbaar is.

Of dit nou 'n verskil in die drukking gaan/kan maak, sal net tyd ons leer. Gelukkig is daar nog drie weke oor voordat ek vir die RHC gaan - so ons hou alles wat kan knoop, geknoop. Die senuwese al pure sydraad-dunne garings gespin, en dan wil ek ewigdeur soek na 'n vertroostende soutversnappering :icon_bigsmurf:

« Last Edit: January 23, 2018, 11:20:58 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #52 on: January 21, 2013, 08:20:51 AM »
Ek wonder nou, natuurlik geen sekerheid nie, is dit werklik oorerflik of is dit die gevolg van dieselfde omgewing?

My ouma en oupa het in Mamagalieskroon gewoon waar hulle sewe kinders gehad het.  In daardie omgewing was asbestosmyne.  Nadat my ouma oorlede is, is die kinders  onder haar susters verdeel en hulle is uit die omgewing verwyder.   My oom was sestien en hy het werk gekry in 'n ander omgewing. My mammie het nog 'n paar jaar in daardie omgewing aangebly.
 
My mammie is dood op 56 jarige ouderdom en die diagnose was longemfiseem.  My oom, wat twee jaar ouer is as sy, is presies ses maande later dood aan "longemfiseem".  My ander oom, is vier jaar later ook "aan dieselfde siekte" oorlede en presies twee jaar later, is die jonger broer oorlede.  Op daardie stadium het die dokters begin praat van "asbestose". In 2010 is die laaste broer oorlede, ook aan asbestose.  Nie een van hulle kinders het enigsins enige probleme met hul longe nie.  (Een seuntjie het op tweejarige ouderdom gesterf nadat hy 'n pot kookwater omgetrek het en my tannie is in 'n motorongeluk oorlede op 'n baie jong ouderdom.)

Dit laat my wonder of PH nie in dieselfde lig gesien kan word nie.  Dalk moet daar eers meer navorsing gedoen word alvorens 'n mens met sekerheid kan sê. 

Dat dit onsekerheid is wat 'n mens se lewe vergal kan ek verstaan.  Vir ons ander, wat aan die ander kant van die aakligheid staan, is dit die magteloosheid wat daarmee gepaard gaan.  Al wat ons regtig kan doen is om 'n skouer te bied,
"vriendskapstutte en bruinbeertjiedrukke".  Ons gee om. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #53 on: January 21, 2013, 10:11:37 AM »
PM, was dit nie vir julle omgee nie het Outoppie en ek seker lankal met permanente twintig oor agt gatsiggies rondgedwaal in sak en as geklee, vir almal 'n nare pyn waarom wye draaie geloop sou wees. 

Duisend en tien dankies vir jou terugvoering!! Ek wonder nou, natuurlik geen sekerheid nie, is dit werklik oorerflik of is dit die gevolg van dieselfde omgewing?

Nou weet ek weer hoekom ons so lief is vir jou - die hoek waaruit jy kyk na hierdie plasing het vir ons 'n liggie laat opgaan. Omtrent almal weet dat asbestose nie oorerflik is nie, maar as jy bv. na die geskiedenis van jou familie kyk, kan dit maklik vir die leek voorkom asof dit wel oorerflik is!

Met PH is daar beslis 'n oorerflikheidsfaktor betrokke waar 'n spesifieke gene van sprake is.

Na ek by die PH forum vrae begin vra het oor die moontlikheid dat die drukking en meegaande simptome verband kan hou met besoedeling, het die reaksie wyd versprei met kommentare oor pasiënte se eie navorsing rakende dieselfde of soortgelyke invloede van die omgewing.

Hierdie navorsingsveld is braak ...soos met baie ander ongeneeslike toestande. Ek het wel op 'n vorige plasing melding gemaak van die gene wat verband hou met die oorerflikheidsfaktor. Hoeveel omgewingsinvloede bydra tot hierdie faktor gaan sekerlik eendag aan die lig kom en ek wonder of ons beskeie vrae en vermoedes dan beantwoord of bevestig sou word?

Alhoewel enige persoon beide tipes van pulmonêre hipertensie kan ontwikkel, is ouer volwassenes meer geneig om sekondêre pulmonale hipertensie te kry, en jong mense is meer geneig om idiopatiese pulmonêre hipertensie te kry. Idiopatiese pulmonale hipertensie is ook meer algemeen by vroue as dit by mans.

Nog 'n risiko faktor vir pulmonale hipertensie is 'n familiegeskiedenis van die siekte. Sommige gene kan gekoppel word aan idiopatiese pulmonêre hipertensie.

As een van jou familielede  idiopatiese pulmonêre hipertensie kry en positief toets vir 'n geenmutasie wat pulmonale hipertensie kan veroorsaak, kan jou dokter of genetiese raadgewer aanbeveel dat jy of jou familielede getoets moet word vir die mutasie.

*Geleende bron: http://edition.cnn.com/HEALTH/library/pulmonary-hypertension/DS00430.html

In my soektog na meer inligting oor moontlike oorsake en hoe groot en wyd strek die wesenlike gevaar van oorerflike toestande wat ook aanleiding tot PH kan gee het ek hierdie raaklees-skat ontdek:

Die studie van progressiewe familiële hartblok het in die 1970’s by die Universiteit Stellenbosch begin toe prof Andries Brink –  destyds  ʼn  hartspesialis by die Tygerberghospitaal – ʼn baba behandel het wat gebore is met ʼn baie lae hartspoed.  Die kind se toestand was so ernstig dat sy ʼn hart-pasaangeer moes ontvang. Op daardie stadium was sy die eerste baba in Suid-Afrika om behandeling dmv  ʼn pasaangeer te ontvang. Volgens prof Paul Brink was dit destyds ‘n ernstige besluit om te neem omdat kunsmatige pasaangeërs in ʼn vroeë stadium van ontwikkeling en byna die grootte van ʼn baksteen was.  Hedendaagse pasaangeër is minder as vier sentimeter lank en dit word onder die vel ingeplant met elektrodes wat na die binnekant van die hart lei en die hartslag reguleer. Die groot pasaangeërs van die laat 1970’s is in die buikholte geplaas met elektrodes wat deur die mantelvlies na die buitekant van die hart geneem is.

Terwyl Brink snr nog besig was om oor die beste behandeling vir die baba te besin, het hy gehoor van nog ‘n baba wat ‘n pasaangeër benodig het.  Dit het geblyk dat dié kind ‘n nabye familielid was van die baba onder sy sorg. Hy het gevolglik besluit om ook die moeder van sy jong pasiënt te ondersoek en bewys gevind van ‘n soortgelyke  onderliggende siekte – maar net nie so gevorder as dié van die kind nie. Dit het Brink laat vermoed dat hy het met ʼn familiële probleem te make het en hy het besluit om die hulp van dr Marie Torrington, ʼn spesialis op die gebied van genealogiese navorsing, in te roep. Dr Torrington het uiteindelik die siekte naspoor na ander families – van wie die meeste uit die Oos-Kaap afkomstig was.

Sy en Brink snr het gevind dat die draer van die defektiewe geen in 1696 uit Madeira, Portugal na Suid-Afrika geëmigreer het. Hier is hy getroud met ʼn vrou van Nederlandse afkoms. Vandag is alle Suid-Afrikaners wat deur progressiewe familiële hartblok geaffekteer word, afstammelinge van hierdie egpaar.

Volgens die navorsers is ongeveer 50 % van kinders uit ʼn familie waar een ouer progressiewe familiële hartblok het, draers van die toestand. Twee derdes van diegene wat draers van die siekte is, sal vroeër of later ʼn  pasaangeer moet kry” sê prof Valerie Corfield. “ Die res sal geen simptome van die siekte hê nie. By ‘n baie klein persentasie van hulle sal  daar geen aanduidings van die siekte op ʼn  elektrokardiogram gevind word nie, selfs al is hulle draers van die geen, terwyl die res wel tekens van onderliggende elektriese storings sal toon.”

“Deur ons navorsing het die spoedig geblyk dat die produk van hierdie geen, ‘n rol speel in die manier waarop hartselle natrium en kalium – die basis van die elektriese seine van die hart – hanteer.”

Die ontdekking van die oorsaaklike geen beteken dat families wat deur die siekte geraak word, nou ʼn akkurate genetiese diagnose kan ontvang en in ʼn  vroeë stadium reeds weet watter familielede die gevaar loop om die siekte te ontwikkel. Sulke familielede kan dan met gepaste behandeling opgevolg word.

Die ontdekking van die geen help navorsers en klinici ook om ander harttoestande wat verband hou met die hart se elektriese stelsel, beter te verstaan. Dit sluit in nie-genetiese vertraginge in hartspoed wat betreklik algemeen is onder ouers mense.


*Geleende bron: http://sun025.sun.ac.za/portal/page/portal/Health_Sciences/Afrikaans/Nuus_portaal/oorerflike_hartblok
« Last Edit: November 17, 2016, 06:09:10 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #54 on: January 21, 2013, 10:55:44 AM »
Ons praat altyd oor die liefde en omgee wat daar tussen ons heers.  Ons het mekaar leer ken en liefhê in die kuberruimte.  Dit klink so vergesog, maar dit is 'n feit soos 'n koei: ons lief mekaar.  Kyk maar hoe skaar mense met dieselfde "belange" hul bymekaar.  Mense met dieselfde probleme vat ook hande en onderskraag mekaar.  Die PH-groep "tap suurstofrykebloed by mekaar" en hou kop bo water.  Om alleen te staan, en probleme alleen die hoof te bied, is 'n baie harde eensame pad, wat meer as dikwels, geen probleme oplos nie.  Ek is so dankbaar dat ons daar kan wees vir mekaar. 


Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #55 on: January 21, 2013, 11:04:30 AM »
Dit mag dalk baie help as daar 'n vraelys saamgestel kan word en PH-pasiënte genader word om dit te voltooi. 
Vrae soos:
Waar is jy gebore.  Hoe lank het jy in daardie omgewing gewoon.  Hoeveel van jou bloedverwante het dieselfde probleem.  Het hulle saam in dieselfde omgewing groot geword of vir 'n lang tydperk daar gewoon?  Wat vererger jou toestand?
Jy sal weet watter vrae bygevoeg moet word.   Na die navorsing mag 'n ou dalk 'n bietjie meer inligting hê. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #56 on: January 21, 2013, 12:22:47 PM »
Hoe waar is dit nie PM, ons HET mekaar nodig en op jou woorderf was dit oor en oor bewys dat mens kan liefhe en omgee sonder dat jy ooit die persoon in lewende lywe eers 'n drukkie kon gee.

Die vrae-lys wat jy hier genoem het, het 'n mede PH lyertjie sorgvuldig uiteengesit en aan pasiënte genoem. By sommige afdelings het die kommentare ingestroom en by ander is daar merkbaar minder spontane terugvoering - veral waar sy gevra het oor die daaglikse leefwyse en hantering van simptome en newe effekte van medikasie. Ek het dieselfde uitnodiging gering aan ander, met dieselfde swye of beloftes -  'sodra dit rustiger gaan...' :dontknow:

As daar enige verwante inligting na vore kom by die PH forum sal ek dit ook hier beskikbaar stel. Intussen is daar lewe en dan is daar phenomale hoop en omgee vir almal hier betrokke :love7: soos wat baie van die verhale van PH lyers in onderstaande skakel sal getuig!

http://www.phassociation.org/page.aspx?pid=1542

« Last Edit: January 31, 2013, 03:43:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #57 on: January 22, 2013, 05:11:15 AM »
Dit is ook in hierdie gevalle waar samewerking van kardinale belang is.  Inligting en nogmaals inligting. 
Hou ons op hoogte.  Hier antwoord nie juis veel lesers nie, maar hierdie onderwerp is al byna 500 keer gelees en dit is net een van die onderwerpe aangaande PH. 

Ek wil ook graag weer enige persoon wat belangstel om saam te gesels nooi om aan te sluit.  Skryf aan pm@afrikaanseforum.co.za    en ek sal jou registreer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #58 on: January 22, 2013, 08:00:54 PM »
Ek mag ook dalk net hier byvoeg en dit is uit ervaring:  Daar rus 'n geweldige skuldgevoel op 'n ouer wat 'n kind in die wêreld bring wat aan 'n ongeneeslike siekte of toestand ly.  Die ouer verwyt hom/haarself tot in die hel toe al het hy/sy geen kennis gehad daaroor nie.  Dit is ook so dat enige ouer homself kaal sal maak vir sy kind.  Ek wil net vir elke ouer vra om die saak in heroorweging te neem.  Geen ouer sal enige-iets doen om sy kind te na te kom nie.  Sien dit so:  elke kind word vir ons geleen om hom/haar lief te hê en na die beste van ons vermoëns te versorg en lief te hê.  Ons doen dit dan ook na die beste van ons vermoëns.  As jy nog nie voor die graf van jou kind gestaan het nie, die gemis van sy/haar lewetjie ervaar het nie, sal jy nie verstaan nie.  Asseblief, hou op om jouself te kasty, dit was nie jou keuse nie, ook nie jou besluit nie.  Dit het gebeur en ons moet daarmee saamleef.  Saamleef sonder skuldgevoelens!   As dit ons keuse was, sou dit nie so gebeur het nie!  Ongelukkig het ons nie 'n keuse gehad nie.   Ek lief julle en my hart gaan uit na julle.  Staan sterk!  Daar is soveel ander mense wat afhanklik is van ons liefde.  Ek is seker, ons maak 'n verskil!  Ons is sterk en ons sal daardeur kom! 'n Drukkie vir ieder en elk.  

PM mater,  ek wil graag hierdie skakel vir ons lesers by jou kommentaar plaas aangesien dit kosbare raad is vir die ouers van kaboutertjies met PH:
http://www.phassociation.org/page.aspx?pid=877
« Last Edit: January 31, 2013, 04:35:56 AM by Meraai vannie Baai »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
« Reply #59 on: January 22, 2013, 11:21:56 PM »
So oneindig dankbaar dat jy hierdie plasing gemaak het matertjie. Dankie vir die drukkies, ek het myne kom haal.
 
Emosionele ondersteuning is 'n ware 'krukke-seëning'.
:love7:

Navorsing het getoon dat pasiënte wat aan ondersteuningsgroepe behoort is meer geneig om beter toegerus te wees om die stres te hanteer van hul kroniese siekte en van hul daaglikse lewens; meer in beheer te voel van hul simptome, toestand, ens.  'n Veel beter emosionele welstand te handhaaf as individue wat nie hierdie belangrike hulpbron benut nie.

Statisties 'n beter oorlewingskans en beter lewensgehalte asook verbeterde vermoë om aan te pas by komplekse mediese roetines/verseistes as mense wat soortgelyke omstandighede, diagnoses, en bekommernisse deel sonder bystand'

*Geleende bron van inligting: http://wallcenter.stanford.edu/patient_care/resources.html

« Last Edit: November 17, 2016, 06:16:11 AM by Meraai vannie Baai »