Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 289007 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #150 on: July 10, 2015, 12:38:32 AM »
Ek wil die volgende onderwerp net ligweg aanraak aangesien Anastasia ons saam gaan neem op haar eie pad as Lupus pasiënt.

Pulmonêre probleme en Lupus

Pulmonêre hipertensie is soos talle kere reeds bespreek, 'n probleem waar die druk in die longslagaar, van die regterkant van die hart na die longe, verhoog is. Alhoewel raar, kan lupus die bloedvate affekteer in die longe en pulmonêre hipertensie veroorsaak.

Simptome van die siekte kan die volgende insluit: kortasem, veral met inspanning, borspyn, moegheid, swakheid, en selfs hartkloppings. Jou dokter sal na jou hart en long se funkies luister vir veranderde hartklanke wat mag voorkom. Vir meer duidelikheid sal 'n ultraklank geneem word om te help met diagnose voordat ander indringende toetse uitgevoer word.

Inflammasie veroorsaak deur lupus kan die longe op baie maniere affekteer, soos byvoorbeeld die membraanvoering van die longe, die bloedvate in die longe, longe self en die diafragma.

*Bron: http://www.lupus.org/resources/15-questions-pulmonary-issues-and-lupus

PH en lupus is twee afsonderlike siektes, en dit is belangrik om te weet dat pulmonêre hipertensie nie lupus veroorsaak nie. Lupus pasiënte kan wel PH ontwikkel met verloop van tyd. Lupus kan hoë bloeddruk in die longe meebring, en om dié rede moet individue met lupus wat  vermoed hulle het dalk PH, deeglik ondersoek word om te verstaan ​​wat kan bydra tot PH.

Die pulmonêre hipertensie Vereniging het onlangs 'n plasing gedeel met riglyne rakende hierdie twee siektes.

Behandeling van Lupus geassosieerde PH

Daar is 'n aantal middels beskikbaar wat die progressie van lupus- geassosieerde PH en PAH kan vertraag asook verligting van simptome meebring. Hierdie middels is ingewikkeld en vereis dat 'n dokter wat spesialiseerd is in die behandeling van derglike siektes.

Gewoonlik sal pasiënte 'n PH sentrum besoek waar spesialiste op die gebied, die beste vorm van behandeling sal bepaal en toepas.

Addisionele terapieë kan aanvullende suurstof of bloedverdunners insluit. Sommige pasiënte met lupus geassosieerde PH kan baat vind by immuunonderdrukkende middels wat die vermoë het om inflammasie in die liggaam te verminder.

*Bron: http://pulmonaryhypertensionnews.com/lupus-associated-pulmonary-hypertension/

Uriensuur word meestal geassosieer met jig in pasiënte. Maar 'n nuwe studie het bevind dat pasiënte met sistemiese lupus eritematose (SLE) 'n verhoogde risiko het vir pulmonale hipertensie, gebaseer op 'n hoë uriensuurvlakke.


Bron: http://pulmonaryhypertensionnews.com/2015/06/26/uric-acid-levels-sle-patients-associated-ph-new-study/
« Last Edit: November 23, 2016, 07:20:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #151 on: July 10, 2015, 08:17:53 AM »
Baie dankie vir die inligting, Meraai.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #152 on: July 10, 2015, 08:51:35 AM »
Die inligting is leersaam en baie interesant. Dankie Ta Raaitjie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #153 on: July 10, 2015, 09:13:41 AM »
Anastasia, Naas, dit is een goeie ding wat voortgespruit het uit al die rare dinge - dat ons kan deel vanuit eie ervaring.
« Last Edit: July 13, 2015, 11:24:15 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #154 on: July 13, 2015, 11:23:07 PM »


Groot dank aan ons PHWA Team vir deelname aan die INVISIBLE DISEASES CAMPAIGN (Thanks to Jenni from LIFE for this great visual.) Voor ons die mobiele suurstofmasjien gehad het, moes ek in die motor wag terwyl Outop ons inkopies ens. doen in groot winkelsentrums as daar nie parkeerplek naby die ingang was nie. As jy 'n in rolstoel is, verstaan almal. Die ou met 'n onsigbare probleem op sy eie twee voete, veg sy eie stryd teen die afstand na die ingang en terug. 

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #155 on: August 12, 2015, 07:29:53 AM »



Die volgende simptome mag ernstige waarskuwingstekens wees van 'n dreigende hartaanval binne die volgende maand:

1. Onverklaarbare moegheid.
2. Kortasem.
3. Skielike spierverswakking.
4. Duiseligheid en koue koors gepaardgaande met sweet.
5. Drukking op bors wat stelselmatig vererger.
6. Verkoue of griep simptome.

Vir meer inligting:
http://thespiritscience.net/2015/07/25/how-to-recognize-a-heart-attack-one-month-before-it-happens/



Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #156 on: August 12, 2015, 09:01:34 AM »
Genade Ta Raaitjie, ek loop heeldag en aldag met meer as die helfte van die simptome. Dokters toets my hart en se net as ek nie gou doodgaan nie sal ek darem nog n rukkie lewe.  :dontknow:


 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #157 on: August 13, 2015, 03:15:44 AM »
Dokters toets my hart en se net as ek nie gou doodgaan nie sal ek darem nog n rukkie lewe. Wie anders as onse eie Naas sal so kommentaar lewer? :angel4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #158 on: August 14, 2015, 10:14:47 AM »
Ons eie Naas!   :icon_biggrin:

Dankie vir die waardevolle inligting Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #159 on: August 17, 2015, 03:46:08 AM »
Voorreg om te kan deel PM. Verblydend om te sien hoeveel gaste nog steeds inloer  :book1:



« Last Edit: August 17, 2015, 06:48:53 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #160 on: August 19, 2015, 09:25:58 AM »
Een van die groot vrese van PH pasiente is die feit dat die hart onder abnormale stres/drukking funksioneer en hartversaking 'n wesenlike gevaar inhou. Indien die oorwerkte hart nog 'n stryd voer teen ander sondebokke soos hoe bloeddruk, verstopte are weens abnormale kolestrolvlakke word die gevaar van 'n hartaanval nog 'n risiko op die lewensagenda. Wanneer is dit tyd om na noodgevalle te jaag is die groot vraag. Is dit net winde/suur ens. of is dit 'n ernstige situasie wat dringend mediese hulp vereis?

Hierdie vrae kan die verskil aandui tussen die hartkrampe/pyn gepaardgaande met gewone sooibrand of winderige ongesteldheid versus die van 'n hartaanval.

1. Word die pyn verlig wanneer jy van posisie verander?
Pyn gedurende hartaanval sal nie verander/verbeter tydens verandering van liggaamsposisie nie.

2. Vererger die pyn wanneer jy asemhaal?
Pyn gedurende hartaanval sal nie vererger met die asemhalingsproses nie.

3. Is die pyn/ongemak intens, dof of soos skerp messteke?
Pyn gepaardgaande met hartaanval word gewoonlik beskryf as 'n dowwe swaar gevoel en selde as skerp of stekerig.

4. Is die pyn/ongemak oppervlakkig?
Pyn tydens 'n hartaanval is gewoonlik dieper gesetel en nie oppervlakkig nie.



Bron:https://www.facebook.com/Cardiology.Point

*hierdie is slegs riglyne - indien jy onseker is soek dadelik mediese hulp!

Op 'n ligter noot:
« Last Edit: August 19, 2015, 10:45:58 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #161 on: August 19, 2015, 04:19:30 PM »
 :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #162 on: August 20, 2015, 07:07:47 AM »
Ek is absoluut mal oor die fyn humor wat tussen die ernstige kabels ingevleg word. Laat my dink aan daai rooi strepies in my grys pak wat ek na Sussie se troue gedra het.
Hierdie inligting is ook vir my van onskatbare waarde. Dankie Ta Raaitjie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #163 on: August 20, 2015, 02:08:19 PM »
Die humor gee moed man. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #164 on: August 22, 2015, 12:32:36 AM »
Verseker gee humor moed PM. Ek noem dit my kruk in die lewe en maak arig staat daarop wanneer die kniege neig om te wil knak  :icon_biggrin:

Vanoggend wil ek die volgende inligting deel, en begin met 'n vraag.
Ken jy die verskil tussen 'n hartaanval en hartstilstand?


*foto is 'n samestelling vanuit http://www.brainlesstales.com/

Daar sterf daagliks 55,000 mense aan hartaanvalle elke jaar in Australia. 'n Gemiddeld van 20,000 tot 33,00 sterf tydens hartstilstand. Beide van hierdie toestande vereis onmiddelik mediese hulp maar verskil in wese van mekaar. Ek haal aan:

'n Hartaanval (ook akute hartinfarksie of miokardiale infarksie genoem) ontstaan as 'n bloedvat in die hart skielik geblokkeer word, wat die vloei van bloed belemmer. As gevolg hiervan begin selle in 'n gedeelte van die hart weens ’n gebrek aan suurstof doodgaan. Bloedklonte is die mees algemene oorsaak van hartaanvalle.

Hartaanvalle word meestal deur koronêre hartsiekte veroorsaak. Koronêre hartsiekte lei tot die opbou van 'n wasagtige stof, genaamd plaak, aan die binnekant van die are in die hart. Dit word aarverkalking (aterosklerose) genoem. Plaak bestaan uit cholesterol en ander selle. Hierdie plaak veroorsaak dat die binnekant van die bloedvat oor tyd vernou. Die bloedvloei word ingeperk en bloedklonte word veroorsaak deur bloedplaatjies wat voor die plaak opbou. As die bloedklont losbreek en in die vernoude bloedvate vassteek, ontstaan 'n hartaanval.



Hartstilstand kom voor wanneer daar 'n wanfunksie van die elektriese impulse in die hart plaasvind wat 'n onreëlmatige hartklop (aritmie) veroorsaak.  Met sy pompaksie ontwrig kan die hart nie bloed te pomp na die brein, longe en ander organe nie. Hartstilstand kan 'n paar moontlike oorsake insluit: ventrikelfibrilasie - 'n abnormale hartritme (aritmië) waar die onderste kamers van die hart (die ventrikels) onreëlmatig klop.

Die persoon met hartstilstand sal nie reageer nie weens bewusteloosheid, 'n gebrek aan asemhaling en geen pols. Die  dood is onafwendbaar indien die slagoffer nie binne minute behandeling ontvang nie.

Bron vir inligting: http://www.abc.net.au/health/features/stories/2014/07/11/4041687.htm
« Last Edit: November 24, 2016, 12:43:26 AM by Meraai vannie Baai »