Author Topic: Die kleinhuisie  (Read 6666 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Die kleinhuisie
« on: December 26, 2012, 02:23:19 AM »
Op Woes gaan haal sodat Oom Hannes dit ook kan hoor.

So staat en kyk ek oor die agterdeur.
 Dis winter en die appelbome staan mistroostig, kaalgat en bewend in die koue winterwind.
 Die wolke speel aan-aan, en wegkruiperjie, agter die grougrys pieke van die Lankloof se berge. Nou en dan kry een seer en huil dan lang slierte trane op die reeds deurdrenkte aarde.
 Die hele plaas lyk mistroostroostig.
 Hier onder teen die randjie staan die kleinhuisie met sy plat kop. Die wit kalk loop in traandruppels saam met die reënwater teen sy mure af en gaan vlek in die grond van sy fondasies.
 As hy kon praat. Watter stories sou hy nie alles kon vertel?
 Sy houtstoel met die gat sonder rieme. Gemaak van dennehout, veredel tot stinkhout. Wat moes hy nie al alles beleef nie.
 Die storie van Tant Sannie se haaksel wat sy met die ou varkvet gebraai het. Die middagete was uit die nate lekker en almal het geëet asof eet uit die mode gaan.
Varsgebakte plaasbrood wat, stomend, regte plaasbotter en appelkooskonfyt tot afdruplekkerte laat smelt. Dis hemels saam met haaksel. Gebraaide skaaprib en aartappels op ‘n bed van rosyntjierys. Wie kan nee sê vir ‘n opvolgbord gelaai met hierdie heerlike sondaarsmaal wat drup in die vette van die genade.
 Na die feesmaal raak dit stil soos oorvol pensvelle die ooglede aftrek na slaap se kant.
 So om en by halfvier begin daai haaksel engtevrees ontwikkel in die donker ingewand van mens en wil dit met alle geweld daar uit. Dit begin te draai en grom.
Op daardie dag het die vergete eensaam kleinhuisie die toppunt van sy gewildheid bereik. Die mense het hom met ope arms tegemoet gehol, so asof hy nou net, na ‘n maandelange vakansie, van die vliegtuig afstap.
 Hulle het om hom staan en trippel en vir sy aandag gesmeek en baklei.
 En in die vyfsterbehandeling word hy bedien met varsgebakte plaasbrood wat, stomend, regte plaasbotter en appelkooskonfyt tot afdruplekkerte laat smelt het. Hemels saam met haaksel. Gebraaide skaaprib en aartappels gemeng met rosyntjierys. Wie kan nee sê vir ‘n tweede en ‘n derde en ‘n vierde porsie van hierdie heerlike sondaarsmaal wat drup in die vette van die genade.
 Ek raak bewus van oupa wat agter my staan. Hy volg my blik.
 “Ja my kind. Daai vas al die tyd het nou ook al sy eie kamer in die huis gekry. Ek het al gewonder of ons hom nou maar moet toegooi en afbreek. Maar waar gaan ons heen as die haakselstorms ons weer tref?”
 En so kom en gaan die seisoene van verandering.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline JC

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 21
Re: Die kleinhuisie
« Reply #1 on: December 26, 2012, 05:01:43 AM »
Dankie vir die deel Aspoestertjie.   Vertel vir my wat is haaksel en hoe maak mens dit.

Die kleinhuisie, of die longdrop soos ons dit nog genoem het, was ver van die huis af.  Daai jare het ons in die huis gevry en buite ge... gedinges.  Vandag se jongmense vry buite en dinges in die huis. 
My ouma sou dit nie gewaag het om vir Oupa te sê hy rook nie daai stink pyp van hom in die huis nie.  Aikona, hy kon in die huis rook, hy moes net buite skuie.  Ek wonder wat sou my oupa van die stories sê as hy nog gelewe het. 

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Die kleinhuisie
« Reply #2 on: December 26, 2012, 10:23:24 PM »
Ek sal sommer vir Oom Hannes 'n lewerhaksel-reseppie daar by resepte los dan kan Tante PM dit vir Oom maak



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die kleinhuisie
« Reply #3 on: December 26, 2012, 10:41:17 PM »
My ma was by toe die dade gepleeg is en sy onthou dit vandag nog. Sy weier tot vandag toe om weer haar mond aan Haksel te sit, maar dis heel veilig en baie lekker as al die bestandele vars is.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die kleinhuisie
« Reply #4 on: December 26, 2012, 10:45:02 PM »
Naas, die ouvrou was baie bly ons pandokkie het twee 'private' gehad Kersaand want diekant het ek die meraaijaton gehol sonder dat ek 'n haaksel oor my lippe gehad het. Deurmekaar vreet is baie ongesond vir mens wat matigheid voor oge gehou het afgelope paar maande en nie kon wag vir die groot dag en tafels wat kreun onder die souttdisse  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die kleinhuisie
« Reply #5 on: December 29, 2012, 12:39:04 PM »
Wat ek ook onthou van daai kleinhuisie,  behalwe natuurlik daardie reuk, is die draad hakkie met die blokkies geskeurde koerantpapier.  Jy vryf dit tussen jou vingers totdat dit sag is.  Ek weet nie of hulle nog nie daardie jare toiletpapier gemaak het nie, of ons maar net te arm was om dit te kon bekostig nie. 
Mieliestronke...   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Die kleinhuisie
« Reply #6 on: December 29, 2012, 02:07:24 PM »
Ons het tot onlangs nog daai pers papier waarin hulle die appels toedraai en koerantpapier gebruik. My aambeie lees beter as meeste skoolkinders van vandag.


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Die kleinhuisie
« Reply #7 on: December 29, 2012, 08:46:03 PM »
Miskien moet ek probeer om die kinders van onder af te leer lees. Dalk "kop" hulle die leesding beter veral aangesien hulle ore ook daar sit.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die kleinhuisie
« Reply #8 on: December 30, 2012, 04:00:06 AM »
 :icon_biggrin:  Dit gaan 'n ding afgee.  Dalk moet hulle net staan-staan leer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die kleinhuisie
« Reply #9 on: December 30, 2012, 07:35:10 PM »
Julle moet nou verskoon maar dis al asof ek weer my Oupa Breytenbach hoor as iemand iets dom gedoen het.
"Nou waar sit jou verstand dan? In jou gat."
Hy het bitter min lelik gepraat maar, behalwe vir die keer wat hulle by die kerk sy Sondaghoed gesteel het, onthou ek die verontwaardige gesegde soos gister.
Daai kerkstorie is 'n storie vir 'n ander dag.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die kleinhuisie
« Reply #10 on: January 05, 2013, 05:54:57 AM »
Nou is dit die ander dag Naas.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die kleinhuisie
« Reply #11 on: January 05, 2013, 12:20:08 PM »
Ek stem, jy beter kom vertel want diekant van die aardbol is dit nou pure nag  :icon_biggrin: