Author Topic: Baie welkom Swagman  (Read 5818 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Baie welkom Swagman
« on: December 24, 2012, 07:49:09 AM »
Baie welkom Swagman.  Ek weet sommer dat jy dit baie gaan geniet hier by ons. 
In jou aansoekvorm meld jy dat jy 'n sterk jong hubare man is en baie lief is vir ons mooi taal.   
'n Baas opsoek na 'n plaas. 
Ek hoop hier gaan 'n hele nuwe wêreld vir jou oop hier op die forum. 


 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #1 on: December 24, 2012, 08:06:17 AM »
Welkom welkom welkom!!! Ek glo nou dat wonderwerke nog gebeur. Soooo gewens hier wil jongbloed aansluit want ons het die pragtigste .... nee wag. Jy kan self ontdek Swagman. Wonder ek of jy van kamp hou of nie? Diekant is so swag langs die rivier net die ding om jou kop sawens neer te le en een te word met die natuur.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #2 on: December 24, 2012, 08:55:00 AM »
Baie welkom Swagman.  Ek hoop dat jy baie pret sal he hier saam met ons.
Van wat ek sien sover, lyk dit vir my jy is 'n alleenloper? En nog jonk daarby?
Sterkte aan jou, want hier is baie talentvolle dametjies op die forum. 
Geseende Kersfees vir jou.
BTW, Swagman, wat beteken jou skuilnaam?
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #3 on: December 24, 2012, 09:38:22 AM »
 :icon_scratch:  :icon_scratch: vreemde verskynsel  :icon_scratch: :icon_scratch:

ons het sleeping beauty se 100 jaar slaap beleef -
wel slaap sou eerder bekend wees as ons krisiese
huise wat afbrand
huise wat verpoel
dokters wat ongewilde nuus oordra : longe wat PH wil wees, en frontal-lobes wat met die gut se Autism dronk is ...
geliefdes wat smag na asem ... longkanker maar net 45 jaartjies oud en emfiseem by 'n prag oumatjie ...
alles wat ons tyd steel en suurlaat ...

en nou is hier 'n heerlike ontplofing van nuwe bloed en lede ... en skielik het ons weer lewe

as dit is wat ons kan verwag in 2013, dan sien ek sommer al baie uit

welkom Swagman!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #4 on: December 24, 2012, 10:14:06 AM »
Ek hoop ook ons gaan 'n pragtige nuwe jaar hê na al die knope in ons toue hierdie jaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #5 on: December 24, 2012, 11:40:04 AM »
Welkom Swagman. Sjoe, ek is bly om te sien hier is 'n jong man ook op die forum.   Ek hoop jy geniet dit hier.  Jy moet maar net raad vra as jy nodig het hoor - ons help graag.  Ek moet darem net in jou oor fluister, as jy kosblikwoorde nodig het, moet jy net vir die woorddief vra waar kry sy versies vir haar man se kosblik hoor! Ek meen te seg, dis nie noodwendig net dames wat kosblikke vir geliefdes pak nie.  Dalk het mans 'n romantiese streek en sit 'n mooi gediggie by die bossie blomme of so iets.

My dogters soek ook na 'n man met agtergrond (plaas) en persoonlikheid (geld).  As jy dalk goeie vriende met mooi geaardheid, stewige persoonlikhede en baie agtergrond het, laat weet my asb.

Offline Swagman

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 6
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #6 on: December 24, 2012, 12:47:51 PM »
Bonjour, chers amis.
Il senble un forum de discussion bien que vous appartenez.
Well, well, well, what a lovely welcome from my new friends!
Dit is 'n groot voorreg om deel te wees van jul aanlyn geselsgroep.  Soos jul kan sien, natuurlik, is ek 'n paar tale magtig en hoop nie dit is 'n probleem vir julle as ek nu en dan na Frans, of selfs Duits sal oorskakel. 
Ek het sovele vriende gemaak met my reise oor die aardbol heen en sodoende ook hul taal aangeleer, dat ek soms, sonder om daaroor te dink, oorslaan na 'n ander taal.
Ongelukkig het ek nie nou so baie tyd om hier te spandeer.  Ek moet inderhaas na vriende vertrek en my motor staan alreeds gereed. 

Jusq a la prochaine fois, mes amis.
le Swagman.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #7 on: December 24, 2012, 01:56:27 PM »
Oeps, my Frans en Duits is heel onder in my wakis ingepak, sal dit moet gaan uithaal en afstof.   :icon_scratch:    :evil6:

Swagman, ons wag nog dat jy vir ons kom verduidelik wat jou naam beteken. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #8 on: December 26, 2012, 08:35:31 AM »
Nou is twee van ons nuwe maats aan't vakansie hou in die verre vreemdes. Gesien Antie Stienie se kaartjie is so ewe een van Gatkantlandse lugrederye. Wonder of sy draai hier sal maak as ek aanwysings iewers los?  :icon_scratch:

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #9 on: December 26, 2012, 01:47:27 PM »
Swagman, met die Duits kan ek dalk nog hier en daar uitmaak. Engels pleeg ek net uit selfverdediging, maar Frans praat ek nie eens as ek baie baie kwaad word nie. Sorre dus maar asb vir 'n vertaalde weergawe van jou Franse frases asb.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #10 on: December 26, 2012, 09:10:32 PM »
Ja-nee-kyk  hierdie is die mees irriterendste tyd van die jaar!   Ek het soveeeeel werk om te doen maar almal galavant iewers!
Ek wag vir alles!   Ek wag ook vir Swagman om te kom verduidelik waarvoor sy naam staan! 
Los tog die aanwysings asseblief Raaitjie, 'n mens weet nooit, dalkies, net dalkies, maak die antie by jou 'n draai en dan weet ons 'n bietjie meer van haar af!   Ek jeuk al tot onder my arms en...
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #11 on: December 26, 2012, 10:46:47 PM »
Ek het twee stoeletjies op die veranda gaan sit. So tussen al die potplante wat wegkruip vir die hitte. Net vir ingeval Antie Stien ons dalk verras en hier uitslaan saam die tweeling. Hoop beskaam mos nie die tyd van die jaar nie!  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #12 on: December 28, 2012, 12:23:20 PM »
Ek dink hulle het nou lank genoeg rond geflerrie.   :icon_biggrin:  Oeps ek hoop nie sy lees hier nie, dan is ek in die sop!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Baie welkom Swagman
« Reply #13 on: December 28, 2012, 12:45:33 PM »
My oge seer gekyk na elke errie wat oorkom en my voete deurgeloop posbus toe om te sien wat die koets aflewer. Sal julle op hoogte hou as hier drie verdwaalde-verdwaasde mensies aankom  :icon_biggrin: Gatkantland het sy sipraaise feitlik om elke hoek en draai  :headbang:
« Last Edit: December 28, 2012, 12:47:28 PM by Meraai vannie Baai »