Author Topic: Hartlik welkom Christinna  (Read 9374 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hartlik welkom Christinna
« on: December 23, 2012, 08:24:32 AM »
Welkom hier by ons Christinna.  Hoop jy geniet dit hier.  Voel vry om saam te kuier en nuwe onderwerpe te begin. 
Indien jy enige hulp nodig het kan jy net skreeu.  Ons is 'n vriendelike groepie en help graag waar ons kan.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #1 on: December 23, 2012, 08:28:22 AM »
Warm welkom ook hier vanuit die land van Bloekoms Christinna. As jy suinig is met die ABC moet jy asseblief vir my 'n 'geen toegang bordjie' aan die hek voor jou woorderf los hoor.  :icon_biggrin: Almal ken my as die woorddief  :icon_bigsmurf: Soos ons forumoedertjie geskryf het, maak jouself tuis en gesels saam met ons.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #2 on: December 23, 2012, 09:00:23 AM »
More Tannie Chrissie. Ek geniet dit so hier dat ek sommer uitteken net om weer te kan aanteken.





 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #3 on: December 23, 2012, 09:17:29 AM »
Di e kinders het so aangehou dat ek moet aansluit. Vertel hulle vir my dat ek dan nie meer so eensaam hier opdie plaas sal wees nie. Nou sien ek al die vriendelike mense hier bymekaar en voel sommer al klaar tuis.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #4 on: December 23, 2012, 09:26:47 AM »
Hoekom het ek gedink jy bly in 'n dorp iewers.  Van watter dorp het jy in jou aansoekvorm melding gemaak?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #5 on: December 23, 2012, 09:30:31 AM »
Ag nee PM, daar is mos 'n dorp naby elke plaas man.  Die tannie het seker maar net die naaste kêffie se dorpie geskryf.  Baie welkom Christinna.  Moet ek sê tannie?  Kuier lekker hier by ons hoor! :angel8:

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #6 on: December 23, 2012, 09:38:36 AM »
Ek bly op ons geboorte grond net deuskant die dorp. Party mense noem dit baie onheilig Boksburg maar ek verkies Doosburg want my oorlede Vader was nie baie lief vir Engels nie. Hy was baie streng op ons tien kinders. Oor ek nou vandag bietjie opsternaat voel mag julle my maar noem net wat julle wil. Selfs Antie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #7 on: December 23, 2012, 09:46:43 AM »
Skuus man, ek is partykeer so deur die blare.  (Meeste van die tyd)

Christinna klink so formeel vir 'n plaasantie.  Ek mag jou dan seker  Antie Stinnie noem?

Ek weet waar daai burg is, dit is mos reg langs Nigel?
Om te weet is om te verstaan.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #8 on: December 23, 2012, 09:50:18 AM »
Dit voel my so aan my liddoring ek gaan lekker kuier hier. Die kinders was reg gewees. NIe alles op die internet is boos nie. Ek sien julle het tot 'n geestelike afdeling.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #9 on: December 23, 2012, 09:53:04 AM »
Antie Stienie, op die forum is geestelik en beestelik.  Ons ganiet ons gate uit.  Hier is selfs mense wat baie erg is oor brei en steke optel ook.  Mense wat die taal kan verfoenkfaai dat dit 'n naarheid is en dan lag ons uit onse mage vir dit wat NIE gesê word nie.  Antie sal van die spulletjie hou. Ek is seker daarvan.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #10 on: December 23, 2012, 09:55:51 AM »
Dit is reg my hartjies julle mag my maar Antie Stienie noem. Haai siestog dit was dan die oom se troetelnaam gewees vir my. Veral as hy 'n ander trekker of 'n nuwe soort impliment wou koop. Nou voel ek regtig baie welkom. My hele dag is sommer ingekleur.
« Last Edit: December 23, 2012, 10:01:48 AM by Christinna »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #11 on: December 23, 2012, 10:10:52 AM »
Hoeveel kinders het jy Antie Stiennie?   Wie woon saam met jou op die plaas.  Boer jy nog?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #12 on: December 23, 2012, 10:14:23 AM »
Heheheheh, my plek geboek. Net hier. Christinna noem dit nou toeval of nie, ons het op die gehuurde plasie in Suid Ausie 'n buurvrou gehad. Raai wat was haar naam? Antie Stien en sy het gesorg vir baie pret met haar preutse uitkyk op die lewe. Ek volg jou spore ewe gewillig  :toothy4: Iets vertel my jy is ook lief vir skryf? Hier kom 'n ding  :hello2: :icon_biggrin: :book1:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #13 on: December 23, 2012, 10:27:56 AM »
 :hello: Antie Stinnie ... ek is nou in die stad van Kaapstad in geprop - maar ek is kaalvoet-plaas-meisie van die hartjie van die Vrystaat ... en so bly hier so baie plaas-harts-mense - goeie pure harte - op die forum ...  :hello:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #14 on: December 23, 2012, 10:36:56 AM »
Daar is so lekker deuntjie aan jou lyntjie Willa: kaalvoet-plaas-meisie van die hartjie van die Vrystaat  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #15 on: December 23, 2012, 10:42:59 AM »
En dan het ons vir Aspoestertjie en Oupa wat 'n plaas in die Langkloof het.  Goeiste, ek word nou nog kwaad as ek dink dat daai man vir Oupa so verneuk het om 'n stoetbul aan hom te verkoop wat nie eers kan ruik nie.  Wat vir 'n stoetbul is dit?

Ek dink dit is ook maar baie eensaam vir hulle twiekies daar oppie plaas. 

Het Antie Stiennie nie raad vir 'n bul wat nie kan ruik nie?
Om te weet is om te verstaan.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #16 on: December 23, 2012, 12:45:40 PM »
Dit is vir my lekker om hier in te loer. Algar is so vriendelik. Ek boer nie meer nie. Die buurmanne hou maar ogie oor die plaas en help met allerlei take. Die kinders (twee meisiekinders is stad toe. Wil niks weet van hier bly nie.) Kom net Kersfees en verjaardae kuier. Spook altoos en karring aan my, ek moet 'n rekenaar kry. Nou verpes hulle my weer om oral aan te sluit. Vanmiddag toe help altwee oorywerig soek na 'n kuierplek vir hulle eensame moeder. Dit is nou hoe ek hier beland het. Hulle het glo net goeie goed gelees oor hierdie forum.

Ek sal seker so met die tyd saam nog almal leer ken. Is daar 'n ouma van julle Aspoestertjie ook iewers in die prentjie? Sal navrae doen oor die nuttelose bul.Agtermiddag kom hier so paar vriende verby wat voor die groot droogte nog met bees geboer het. Die oom (mag sy siel rus) het so half wydsbeen oor die gereg en die lyndraad geboer met skaap.Ordentlike skaap. Jakkalse het snags met silwergerei gevreet het die mense altyd gespot.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #17 on: December 23, 2012, 12:55:25 PM »
My hart is nou so seer. Ek kyk hier by die venster uit na die trekker en dinge waarmee die oom altyd sy lappie aarde bewerk het vir die voer gedurende maer jare. Dit staan nou soos witolifante. Dalk moet ek maar die plaas verhuur en bietjie in die Kaap rond gaan toer. Die jare stap aan en die eensaamheid knaag soos die rotte in die skuur.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #18 on: December 23, 2012, 04:27:17 PM »
Ek het mos 'n stiefma met twee dogters gehad. Mooie meisiekinners gewees. Die oudste een was drie jaar na mekaar Mej. Lankloof gewees. Hulle het nou die kompetisie gestop omdat hulle sukkel om inskrywings te kry. Ek wonder nogal hoekom.
Ta Stienie moet nou nie sommer ligterlik die plaas loop verhuur nie. My Oupa se: "Huur jou plaas uit dan ploeg 'n vreemde man met jou kallers en geen haan sal daarna kraai nie, en al is mens eensaam is dit maar beter om dinge in eie hande te neem."



Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #19 on: December 23, 2012, 11:04:31 PM »
Ek sal jou raad ter harte neem my kind. Vir eers wil die tweeling (hulle pa se familie was dubbelloopmense) nou met my die vreemde in vir die feestyd. Seker bang ek neem dinge in my eie hande as ek een van die orige buurmanne intoom probeer hou.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #20 on: December 23, 2012, 11:30:33 PM »
Oupa se altyd: "'n Boer wat op sy buurplaas boer gaan suurmelk van sy eie koeie af kry."




 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #21 on: December 24, 2012, 08:09:39 AM »
Tant Stinie, om net te toer deur Kaapstad is heel oraait, hier is baie mooi en fraai ..
maar vir 'n plaashart om in die stad ingeprop te wees uit eie keuese is selfmoord!
Dalkies kan Andre,Theo en ek, plus ons 5 K9-kids : Dogmatix, Lady, Nova, Dexter en Filavlooi,
daar by tant Stinie kom intrek ... want dit was nie eie keuse om in die stad ingeprop te word nie ...
Daar is ook 'n jonge paartjie, groot geword in die stad - hy hier en sy daar in Johannesburg,
maar tog het hulle nie stadsharte nie, hulle blom pure plaasharte en gee om vir Moeder aarde
en haar lewende en minder lewende produkte .... selfs die menslike dinge gee hulle voor om ... (ek het my liefde vir die mensgoed verloor)
Hulle bly in ons "grannyflat", wonder ek nou wat is 'n mooi Afrikaans daarvoor.  Tant Stinie sien, ek was lank aan die anderkant van die Ocean,
en toe verrooi ek so bietjie.  Ek het nie Meraai van die baai se talente met die tale nie ... sy is talentvol, ek lief net woorde ... wens ek had haar talente ...

Ai maar ek bly afdwaal van my eie spoorlyn ... ek wonder hoekom?  Dit moet hierdie stad se chemiese lug wees ....

wag hier is my spoor ... die jonge mensies bly mos in ons 'grannyflat" en hulle het vir Levi (dis 'n sy, en sy was amper genadeloos na die anderkant van lewe toe gestuur - menslike-varke (sorrie varkies - ek bedoel nie om julle te beldig nie, ek het nie die spreekwoorde geskep nie) ...

wag nou waar is al my varkies .... hier't ek hulle nou weer op 'n ry

hulle het vir Levi, Titan en Puddles, Miss Ratty, Beans, Princess, Grumpy, en die nuwe sjamese kat-kind watse naam ek nie van ken nie.  En dan is daar al die feral fosters, want eintlik al permanent hier is : Penguin (my hart se punt - eerste kat wat my hart kon steel) Kaya - 'n lewende wonderwerk en sy is verby 9 lives, ek jok nie - Lavendar wat eintlik nie happy is met al die baie katte en honde en mense om haar in een klein hokkie nie ... maar wat kan sy doen, haar eie mens-familie het haar vir weeke in 'n lee-huis saam ander honne kinders toegelsuit met net niks om te eet of drink nie ... een van die honne kinders is daar dood gekry .... sy en die ander twee honde kinders was naby die kant van die anderkant van die lewe ...... baie geld aan Panorama vet, kos, water en liefde later is sy darem okay ... die honde kinders was onder 'n jaar en het gou-gou 'n nuwe forever-home gekry, maar arme Lavendar nog in 'n hokkie-pandokkie-tydelik ingedruk tot genade op hom neer reen ... en dis nie al nie .. daar is 10 ander Ferals ook, wat gesteliseer is en dan weer in hulle eie kolonies release moet word ... daar is 2 puppies wat gebottlefeed was, nou eie kosies eet en na Krismis gaan hulle na 'n ander foster huis wat met die ouer puppies deal totdat hulle 'n permanente huisie kry ... daar is 20 baba kaaitjies .. van bottlefeeders tot so 3 wekies out en die please vir forever homes gaan uit ... maar dis Krismis en unwanted Kersgeskenke gaan Jan/Feb inkom, van die mense wat darem halwe harte het ... daar is die ander mense wat niks harte het nie ... wat die diertjie-geskenkies in swartsakke in asblikke gooi - nou wonder ek hoe dink die mens ding, moet die arme dier-kind asemhaal ... en dan kry 'n mens met 'n hart hulle in die sakke ... dit breek so 'n mens se hart ... en as hulie die event oorleef het ... kom hulle na ons oorvol huise in die hoop van 'n nuwe huis ....  en ander diertjies word lewend gebrand ... en ag... so nie 'n positiewe Krismis-storie nie ... maar ek is in alle gevalle 'n heiden wat Krismis betref ... ek doen nie Krismis nie  ... net baie dankbaar dat ons Vader se Seun gekom het, gesterf het en opgestaan het - sodat ons met ons halwe harte darem 'n kans het om eendag in 'n plek te wees waar daar liefde en omgee is ...


so Tant Stinnie ... as die plaas te alleen leeg staan, sal ons dit met liefde kom vul ... en ons hande is nie bang vir werk nie ...

wag ek moet nou eers weer aangaan, want al die kinderstjies moet kos kry en hulle is gister almal gestort en geborsel - nou moet ons hulle de-flea en wurmpies versoek om te loop ... en dan is daar ook Theo - ons enigste mense kind met die mooiste hart en hy face 'n groot challenge Tannie Stinnie ... Autism het hom kom omsingel .. maar ons loop le nie sommer nie ... ons het die moed en spoed van die plaas in ons bloed ...

 :love7:

kaalvoet-plaas-meisie van die hartjie van die Vrystaat,
nou ingeprop in die wreede-vuil oorvol staad!
Ah,WIlla!
« Last Edit: December 24, 2012, 08:13:12 AM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #22 on: December 24, 2012, 08:15:34 AM »
Ek kan al sien hoe hartseer Antie Stienie gaan word as sy hier lees Willa. So leer ons mekaar ken tussen lyne en dubbelbeelde. Sterkte vir julle mater en hou die blinkkant bo. 'n Wonderlike feestyd vir julle. Jy en jou gesin weet waaroor dit gaan so ek hoef niks verder te skryf nie. Ons het die Grooste Geskenk eeue gelede reeds ontvang  :love7: :notworthy: Drukkie vir die 5 K9-kids  :love7:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #23 on: December 24, 2012, 08:23:17 AM »
Hi Meraai van die Baai

Dit was 'n Groot GESKENK, if only we adore, appreciate Him more

Sneeu dit in Gatkantland per ongeluk - of verwurg die hitte grepe julle nes vir ons ..
dis asof die Here ons 'n voorsmaak wil gee van hoe die hell gaan voel as ons die ewige lewe wegstoot saam Hom

Tant Stinnie ... wou jou nie hartseer maak nie ... maar jou hier wees het my hart sommer net oopgemaak ..
ek weet nie hoekom nie ... ek vertel vir Ouma Pietie (sy is Theo se - nie-bloed Ouma) sommer ook baie dinge ...
maar nie so oop en bloot op die forum nie ... maar vanoggend het my hart sommer net kom oorloop - dit moet die plaas hier op die posts wees    :dontknow:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #24 on: December 24, 2012, 08:29:21 AM »
Soos in SA het ons ook dele wat sneeu kry en natuurlik dele wat die duiwel sal laat smag na koeligheid Willa. Op die oomblik vergaan ons omtrent van die hitte in Queensland. Die lugverkoeling en waaiers hardloop marathonsessies. Ek is dankbaar dat jy hou hart kon oopmaak. Ons het dit almal nodig.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #25 on: December 24, 2012, 09:44:19 AM »
nou weet ek waar ons lugversorgers is ... in Gatlandkant besig met marathons ...

Die Here was ons nou so genadig ... hier het 'n donderstorm losgebars ... en nou ween die wolke
nie te goed vir my gemoed wat so saam die reen ween nie,
maar liggaam en siel is saam met elke grapshalpie dankbaar vir elke genade-druppel

sal vra dat 'n paar druppels oor dans na Gatlandkant toe om die hitte daar ook aftekoel ...
selfs die duiwel verdien genade ... maar hy bly dit wegklap - is hy onnosel of wat ??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w