Author Topic: Hartlik welkom Christinna  (Read 9375 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hartlik welkom Christinna
« on: December 23, 2012, 08:24:32 AM »
Welkom hier by ons Christinna.  Hoop jy geniet dit hier.  Voel vry om saam te kuier en nuwe onderwerpe te begin. 
Indien jy enige hulp nodig het kan jy net skreeu.  Ons is 'n vriendelike groepie en help graag waar ons kan.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #1 on: December 23, 2012, 08:28:22 AM »
Warm welkom ook hier vanuit die land van Bloekoms Christinna. As jy suinig is met die ABC moet jy asseblief vir my 'n 'geen toegang bordjie' aan die hek voor jou woorderf los hoor.  :icon_biggrin: Almal ken my as die woorddief  :icon_bigsmurf: Soos ons forumoedertjie geskryf het, maak jouself tuis en gesels saam met ons.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #2 on: December 23, 2012, 09:00:23 AM »
More Tannie Chrissie. Ek geniet dit so hier dat ek sommer uitteken net om weer te kan aanteken.





 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #3 on: December 23, 2012, 09:17:29 AM »
Di e kinders het so aangehou dat ek moet aansluit. Vertel hulle vir my dat ek dan nie meer so eensaam hier opdie plaas sal wees nie. Nou sien ek al die vriendelike mense hier bymekaar en voel sommer al klaar tuis.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #4 on: December 23, 2012, 09:26:47 AM »
Hoekom het ek gedink jy bly in 'n dorp iewers.  Van watter dorp het jy in jou aansoekvorm melding gemaak?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #5 on: December 23, 2012, 09:30:31 AM »
Ag nee PM, daar is mos 'n dorp naby elke plaas man.  Die tannie het seker maar net die naaste kêffie se dorpie geskryf.  Baie welkom Christinna.  Moet ek sê tannie?  Kuier lekker hier by ons hoor! :angel8:

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #6 on: December 23, 2012, 09:38:36 AM »
Ek bly op ons geboorte grond net deuskant die dorp. Party mense noem dit baie onheilig Boksburg maar ek verkies Doosburg want my oorlede Vader was nie baie lief vir Engels nie. Hy was baie streng op ons tien kinders. Oor ek nou vandag bietjie opsternaat voel mag julle my maar noem net wat julle wil. Selfs Antie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #7 on: December 23, 2012, 09:46:43 AM »
Skuus man, ek is partykeer so deur die blare.  (Meeste van die tyd)

Christinna klink so formeel vir 'n plaasantie.  Ek mag jou dan seker  Antie Stinnie noem?

Ek weet waar daai burg is, dit is mos reg langs Nigel?
Om te weet is om te verstaan.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #8 on: December 23, 2012, 09:50:18 AM »
Dit voel my so aan my liddoring ek gaan lekker kuier hier. Die kinders was reg gewees. NIe alles op die internet is boos nie. Ek sien julle het tot 'n geestelike afdeling.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #9 on: December 23, 2012, 09:53:04 AM »
Antie Stienie, op die forum is geestelik en beestelik.  Ons ganiet ons gate uit.  Hier is selfs mense wat baie erg is oor brei en steke optel ook.  Mense wat die taal kan verfoenkfaai dat dit 'n naarheid is en dan lag ons uit onse mage vir dit wat NIE gesê word nie.  Antie sal van die spulletjie hou. Ek is seker daarvan.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #10 on: December 23, 2012, 09:55:51 AM »
Dit is reg my hartjies julle mag my maar Antie Stienie noem. Haai siestog dit was dan die oom se troetelnaam gewees vir my. Veral as hy 'n ander trekker of 'n nuwe soort impliment wou koop. Nou voel ek regtig baie welkom. My hele dag is sommer ingekleur.
« Last Edit: December 23, 2012, 10:01:48 AM by Christinna »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #11 on: December 23, 2012, 10:10:52 AM »
Hoeveel kinders het jy Antie Stiennie?   Wie woon saam met jou op die plaas.  Boer jy nog?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #12 on: December 23, 2012, 10:14:23 AM »
Heheheheh, my plek geboek. Net hier. Christinna noem dit nou toeval of nie, ons het op die gehuurde plasie in Suid Ausie 'n buurvrou gehad. Raai wat was haar naam? Antie Stien en sy het gesorg vir baie pret met haar preutse uitkyk op die lewe. Ek volg jou spore ewe gewillig  :toothy4: Iets vertel my jy is ook lief vir skryf? Hier kom 'n ding  :hello2: :icon_biggrin: :book1:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #13 on: December 23, 2012, 10:27:56 AM »
 :hello: Antie Stinnie ... ek is nou in die stad van Kaapstad in geprop - maar ek is kaalvoet-plaas-meisie van die hartjie van die Vrystaat ... en so bly hier so baie plaas-harts-mense - goeie pure harte - op die forum ...  :hello:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hartlik welkom Christinna
« Reply #14 on: December 23, 2012, 10:36:56 AM »
Daar is so lekker deuntjie aan jou lyntjie Willa: kaalvoet-plaas-meisie van die hartjie van die Vrystaat  :toothy4: