Author Topic: Olifante op fietse  (Read 4045 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Olifante op fietse
« on: December 21, 2012, 08:11:43 PM »
Oom Dukpiet Moerdyk van een van ons buurplase se seun Willie was nogal ‘n slim mannetjie wat goed gedoen het op skool. Hy het altyd tweede gestaan in die klas want, my oupa het gesê, “n Meisie laat haar nie deur ‘n Moerdyk onderkry nie.” Dit was nou tot daai dag in Standard 8 toe hy saam met vriende in hul plaasdam gaan swem het en hy hom in sy van in geduik het teen die bodem van die dam. Gelukkig het hulle hom vinnig by ‘n dokter gekry maar arme Willie was nooit weer dieselfde nie. Toe hy terugkom by die skool was dit duidelik dat die duikslag iets aan hom gedoen het. Sy oë was dof en sy gedagtes het ver paaie gedwaal. Dit was so half asof Willie sy gordyne toegetrek het en hy nie meer die buitewêreld kon sien nie. Hy kon toe ook nie verder as Standard 8 vorder nie.
 Dis toe oupa hoor dat Willie vir sy bestuurslisensie moet gaan dat hy sê: Olifante mag nie fiets ry nie want dis te gevaarlik. Hulle het nie duime om die klokkie te druk nie.
 Willie het hier op Joubertina sy Leerlingslisensie ses keer gedop. Toe gaan kuier hy by sy Oom Bertie in So Dom en Cremora. (Soos oom Naas altyd sê). Toe hy twee weke later terugkeer spog hy met ‘n splinternuwe Bestuurslisensie. Hy was nogal die eerste een op Joubertina wat ‘n kaartvorm liksens gehad het. {Woord het rondgegaan dat hy net R1600 daarvoor betaal het maar dis nie bevestig nie.}
 So twee maande later het Willie sy lewe baie tragies in ‘n motorongeluk verloor. Gelukkig was hy alleen in die motor toe ‘n stilstaande trok voor hom ingery het. Die trok se bestuurder was in die kafee besig om sigarette te koop.
 Verlede week kom vra Ta ons moet hom asseblief Baai toe vat na sy broer toe. Die is glo sterwens toe siek. So gevra, so gemaak.
 Sy broer bly daar in ‘n buurt waar die duurste huis se mure van sinkplaat gemaak is en die mense nie kan Cope nie. And No-one Cares.
 Die rit daar in was uit die bose. Almal daar ry met Toyota Cressidas in verskillende staduims van verval.
 Ek ry daar in agter ‘n peleton roeskolle wat in geslote formasie teen ‘n slakkegang voortbeweeg. Dis nog net die nommerplaatskroefie wat keer dat die agterste buffer nie afval nie. ‘n Geroeste chroomwapen probeer braaf om ‘n stukkie koningsblou, wat nog hardnekkig teen die roes baklei, te omraam en wys dat dit eens op ‘n tyd ‘n nuwe volkswagen van een of ander naam moes wees. Dalk is die wapen gesteel want dit lyk asof dit nie so oud soos die bewegende ding is nie.
 Niemand steur hulle aan stopborde nie, behalwe om dit as hoekpale vir hulle huise te gebruik. Kinders hardloop heen en weer tussen toeterende taxies deur. Daar is ‘n verkeerslig, maar hy is toegespan en word blykbaar as deel van ‘n disko gebruik. Verkeersreels bestaan nie. As jy by ‘n kruising kom stop jy net as jou remme werk anders ry jy net stadiger en hoop die ander ou se remme werk beter as joune.
Mense, dis in die Baai.... In die beskawing. Alle bestuurders het lisensies.
 Dis weer vakansieseisoen. Die verkeersowerhede is die wêreld vol en die “Cope-villers” maak van die nasionale paaie gebruik om Durban toe te gaan. Taxies vol mense sterf by die honderde op ons paaie. Die regering sit met hulle hande in hulle hare, die wat hare het, en wonder wat moet hulle doen om die slagting stop te sit?
As ek so deur ons land ry en ek sien hoe baie olifante daar op fietse rondry.......
 Boswell en Wilkey, nou landwyd te sien sonder veiligheidsnette.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Olifante op fietse
« Reply #1 on: December 22, 2012, 05:26:32 AM »
'ek sien hoe baie olifante daar op fietse rondry.......
 Boswell en Wilkey, nou landwyd te sien sonder veiligheidsnette.'


Sjieeeee, Aspoestertjie 'n mens kan sien jy is jou slim oupa se nasaat!! Het Oom Dukpiet se seun Willie se storie baie geniet, met respekte virrie arme man wat hom in sy van in geduik het. Ek siennnn daai prentjie  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Olifante op fietse
« Reply #2 on: December 22, 2012, 06:37:53 AM »
...en die mense nie kan Cope nie. And No-one Cares.   :icon_biggrin:

Goeiste Assie, dit is nou 'n ware "lag-met-'n-traan-storie".   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Olifante op fietse
« Reply #3 on: December 22, 2012, 06:57:03 AM »
No one cares .... ons nou net na nuusflits op TV gekyk waar hulle honderde mensies wys wat in tou staan vir die uitdeel van gratis kerskospakkies  :crybaby2: Sommige kaste kreun onder die gewig en ander staar leeg deur twee kasdeure. Ek geniet maters se kuierlyntjies en ander is vergete in ouetehuise. PM, jou lag met 'n traan laat blink beide kante van die lewensmunt weer en weer!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Olifante op fietse
« Reply #4 on: December 22, 2012, 07:03:51 AM »
Jy is reg matertjie, die goeie en die slegte veg alewig 'n stryd. 
Om te weet is om te verstaan.