Woordskuur > Verskombuis

Ingelegde liefdeslyne: Altyd

(1/3) > >>

Aspoestertjie:
Op 'n mat van sagte groen
by die spruit
het jy my gesoen.
Verewig op my lippe
af-ge-ets
die flinderpassie
van jou teerheid.
Daardie deel van jou
deel van my.
Altyd.



 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Dankie vir die ene Aspoestertjie! Ek het gou 'n naamplakkertjie op die verskombuis se rak aangebring sodat ons ook ander maters se ingelegde liefdeslyne hier kan plaas waar joune nou pronk vir iewig enne biekie (altyd) :love7: :notworthy:

Aspoestertjie:
Oe ALLA! Nou moet ek nog net iemand kry om te soen.  :angel12:





 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Lees ek oor 'n gas se skouer en kom geniet weer 'n skeppie van jou ingelegde woorddis. Assie, nou wonder ek of jy al 'n soentjie gekry het?

PM:
Ja, ek sal ook graag wil weet. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version