Author Topic: Slim se baas  (Read 10634 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Slim se baas
« on: December 20, 2012, 10:11:17 PM »
Slim, verstaan

“Jaa!” Sug Oupa terwyl hy die warmte van sy koppie moer afblaas. “Die Duiwel is maar net slim omdat hy al oud is en nie omdat hy die Duiwel is nie.”
Gister kom Oom Piet Setpil hier aangekuier. Dis nou pa se broer wat hoof van die Ko-operasie op Willowmore geword het omdat hy ‘n graad in gatkruip het.
Sy jongste seun, Jan Voorslag, is by hom. Die het verlede jaar Metriek geslaag. Sy twee beste jare op skool was die twee in graad 4. Daarna het Oom Piet homself vir die skoolraad beskikbaar gestel en Jan het elke jaar ‘n paar gatvelle in die vorige graad gelos maar hy het darem nie weer ‘n graad herhaal nie.
Ons, ek en Oupa, gaan wys hulle die plaas.
Oupa is nou nie ‘n klaboer nie, maar hy is tog bietjie bekommer omdat ons nou so sukkel met die nuwe stoetbul wat nie kan ruik nie. Hy noem toe ook vir hulle dat ons vanjaar bietjie sukkel met die min kallers wat gebore is. Jan spring toe ook dadelik in en stel voor dat dit sal beter gaan as ons die grensdraad tussen die bulkamp en die koeie verwyder. Oupa byt amper sy pypsteel af maar hy sê niks.
Soos ons verder loop raak Oupa al stiller en Jan Voorslag se lippe al losser:  Hier sou hy pampoen geplant het… Die skape moet nie daar wy nie want… Die leivore is te diep. Die hoenderhokke moet meer dakplate kry…
Ek is later seker die mannetjie het verbale diarrhea en mentale konstipasie maar sy lip-epilepsie kry nie einde nie.
En so boer Jan Voorslag ons toe nou daai dag amper van ons plaas af.
Met die terugstap huis toe hou Oupa sommer reguit verby na hulle handeviervoetbakkie toe en nooi hulle nie eers vir koffie nie.
Voor hulle ry wil Oom Piet Setpil weet of Oupa nie ‘n plaasvoorman soek nie want Jan Voorslag soek werk.
Oupa steek sy pyp rustig op. “Weet jy Piet, ek het nou mooi geluister na Jannie se berading vandag. Ek dink nie hy sal ‘n goeie voorman wees nie. Jy moet hom maar daar by jou in die ko-operasie werk gee waar hy sy slegte raad aan die boere kan voorsien want sy bek het nie brieke nie.”
Soos ons die vier by vier stofwolk agterna kyk sê Oupa. “Jong Assie, die skoolgoed leer die kinners ook slim, maar as hulle eers met hul klaar is, verstaan die spulletjie nog maar steeds boggerol met ‘n groot F.”


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Slim se baas
« Reply #1 on: December 20, 2012, 10:17:56 PM »
Nou wat is dit dan met julle stoetbul wat nie kan ruik nie. Ek dag dan jou Oupa het so baie vir die ding betaal?




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Slim se baas
« Reply #2 on: December 20, 2012, 10:19:19 PM »
Dis 'n ander storie daai Oom Naas. Ek sal later vertel.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slim se baas
« Reply #3 on: December 21, 2012, 01:01:20 PM »
Ek is later seker die mannetjie het verbale diarrhea en mentale konstipasie maar sy lip-epilepsie kry nie einde nie.   :icon_biggrin:

Lyk my Jan se voorslag het in die slag agter gebly Assie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Slim se baas
« Reply #4 on: December 22, 2012, 05:34:20 AM »
Die woordspel in Assie se vertelling en jou komtaar PM,  is 'n feeeeeees!!!!  :icon_biggrin: :love7: :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slim se baas
« Reply #5 on: December 22, 2012, 07:22:24 AM »
Ek kom maak maar so nou en dan 'n draai om te sien of Assie nie nog wil vertel nie Raaitjie. 
Ek stem eintlik saam met Jan Voor. (hy het mos sy slag verloor) 'n Bul wat nie kan ruik nie is baie veilig tussen die
 koeie.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Slim se baas
« Reply #6 on: December 22, 2012, 06:14:51 PM »
Miskien moet ek julle tog maar van die neuslose bul vertel.

My wyse Oupa sê nou die dag: “Intelligensie sonder insig is die gereedskap waarmee die duiwel gewone mense irriteer.”
Ons koop verlede jaar by die vandisie ‘n pragbul. Die dier het al die regte spiere op die regte plekke. As hy in die veld staan lyk dit of hy klaar op aandag staan voor die beoordelaars. Nee kyk DIE bul doen alles in blou rosette. Hy’t ‘n paar horings wat enige opregte  bloubul tevrede sal hou al is sy span se trofeekis leeg soos gewoonlik. Hy is ‘n teelbul.  Tot die fynste besonderhede toegerus vir die werk. Die koeie kan nie hul oë van hom afhou nie. Selfs Blommetjie het al in die grensdraad vasgeloop van omkyk.
Maar teel kry ons met die dier nie geteel nie.
Kry ons die ou veearts om te kom kyk wat aangaan. Die sukkel twee dae maar daar is geen lewe in teelbul se gereedskap nie. Sy kompas kyk net suid.
Laataand kom die veearts van die kraal af ingestrompel. Doodmoeg. Hy het die probleem opgespoor. Die bul sal nooit teel nie. Hy het geen reuksin nie en kan dus nie die koeie ruik as hulle gereed is vir teel nie. Ons sal maar kunsmatig moet insamineer.
“Dis nou ‘n gedoente.” Brom Oupa. “‘n Hele waenhuis vol duur gereedskap en geen instink om daarvan gebruik  te maak nie. Kan die bul net sowel parlement toe stuur”


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Slim se baas
« Reply #7 on: December 22, 2012, 11:45:34 PM »
Hiehieiehie, net wat ek vanoggend nodig gehad het Assie  :toothy4: Jou oupa se wysheid en die manier waarop jy dit met ons deel is 'n ewigdurende woordfees  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slim se baas
« Reply #8 on: December 23, 2012, 07:39:12 AM »
Hete Assie, jou oupa is voorwaar slim.  Wie sou nou kon dink dat "instink" en "reuk" hand aan hand loop!  :icon_scratch:
Sonder insig is daar ook nie vooruitsigte nie nê. 

Dit is vir my baie vreemd dat daar nog nie 'n ewe slim ouma op Oupa se horison kom flikkers gooi het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Slim se baas
« Reply #9 on: December 23, 2012, 09:07:11 AM »
En hoe moes oupa nou kon ruik die bul het permanent verkoue...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slim se baas
« Reply #10 on: December 23, 2012, 09:16:46 AM »
Dit is nou skelm uit die boonste rakke!  Oupa moet daardie bul vat na die oorspronklike baas en hom so diep in sy agterplaas in jaag as wat hy kan.  Eers moet hy sy geld terug vra!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Slim se baas
« Reply #11 on: December 23, 2012, 04:06:49 PM »
Antie PM verstaan nie mooi nie. As mens die ding oppie vandisie gekoop het koop jy mos "AS IS" (Dis nou soos die Ingelsman se.) Kan nie die ding teruggee nie.
Oupa se hy koop nooit weer 'n stoetbul nie. Hy gaan nou liewerste 'n stootbul soek.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Slim se baas
« Reply #12 on: December 23, 2012, 09:08:42 PM »
 :icon_scratch:'n Stoetbul wat nie stoot nie. Is dit nie 'n trekos nie?  :dontknow:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Slim se baas
« Reply #13 on: December 23, 2012, 10:53:06 PM »
Laat my mos nou dink aan die oom se seding. Hy wat trek kan nie stoot nie en hy wat stoot kan nie trek nie. Dit geld vir skop ook.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slim se baas
« Reply #14 on: December 24, 2012, 07:54:20 AM »
Ek hoor wat jy seg my kind, maar skelm bly nog skelm.  Wie koop dan nou 'n bul wat...   ...  as Oupa wou melk ...  ...?   Ag nee wat los maar. 
Om te weet is om te verstaan.