Author Topic: Ek skinder gou hier  (Read 2698 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Ek skinder gou hier
« on: December 17, 2012, 03:49:30 PM »
Ek het 'n Facebook groepie vir Christelike Digters/kunsternaars ... dis 'n klein intieme groepie ...

So een of twee van die ForumFamilie lede is ook daar - almal is natuurlik welkom.  Ek bly almal van die groep ook nooi om hier te kom aansluit, want hier gebeur veel meer.

Ons het so pas ons eerste kompitisie gehad, en ons tweede kompetisie loots binnekort.   Heleen Marlerbe se debuut bundel.  'n Goeie manier om almal aan te moedig om te deel te neem, maar ook 'n goeie manier om jou boek te "adverteer"  So as julle van julle boeke as prys geld wil aanbied - laat my weet.

Net so om met julle te deel : ons eerste kompitisie se gedigte (die leser se smaak het die gedig bepaal - ons het nie op kwaliteit of so gegaan nie)

En natuurlik moes ek ons ForumFamilie adverteer PM - kyk heel onder

Vir die wat op FB is en sou wou inloer of deelneem hier is die link na die groep: https://www.facebook.com/groups/216306125156282/

______________________________________________________



Ons heel eerste kompitisie : Tema : Sy Bloed
 
Dit was nou nie 'n geld prys nie, maar 'n elektroniese graphic (wat geprint kan word) van die wen gedig.
 
Hierdie was die reels:
 
Die gedig wat die meeste likes kry, wen.
Die kompetisie begin om 14:00 13 Dec 2012
Die kompetisie sluit om 14:00 14 Dec 2012
Die gedig moet as a reply of hierdie post wees.
Die gedig moet oor die tema: Jesus se Bloed
Die gedig kan enige vorm/style aan neem.
Die gedig moet wel binne ons groep values en standaarde bly.
Dit hoef nie in die titel of gedig voor te kom nie,
maar mens moet weet dis waaroor dit gaan.
Die gedig moet jou eie werk wees en moet jou copyright dra (onthou om © en jou naam bv : © Ah,Willa! by al jou eie werke te plaas, altyd)
 
Ons Wen Gedig :
 
Onthou asb weereens - dis die smaak van die leser - nie jou gedig se kwaliteit nie.
Elke gedig is uniek is sy eie reg!!
 
Baie geluk aan Heleen Marlerbe wat ons eerste kompitisie se wenner is!!
 
  HIerdie graphic sal in ons album gelaai word waar julle dit grooter sal kan sien.  Ek sal ook daar 'n link deel waar Heleen of enige van julle kan download om te print ... hierdie weergawe is te klein om netjies te print!
 
Somtyds
 
somtyds
as die skadu's daal
die son huiswaarts keer
staan ek peinsend
en wonder oor my weë
 
soveel keer het ek gesondig
my humeur so erg verloor
my kop weggedraai
van die mens wat honger daar loop
hoeveel keer
het my lippe met n vloek daarop gestaan
en dan
wil ek u loof en prys
met dieselfde lippe vanaand
 
kniel ek voor die voete van my heer
en hoor die stem
dit is volbring
die bloed van Jesus
het my skuld betaal
vir my in helle-angs gedaal
deur sy kruisdood
vrygekoop
deur sy bloed
elke dag
n nuwe mens
 
© Heleen Malerbe
 
Die eindtelling van die like's :
 
Die Drie Gedigte wat 7 likes gekry het :
 
Heleen se Somtyds : Likes : 3
Willa se Vrysrpaak : Likes : 1
Eddie se Paasgesang : Likes 0
 
Al die gedigte se tellings in die order wat dit geplaas was:
 
Willa se Vrysrpaak : Likes : 7
Joan se Bloed van Golgotah : Likes 5
Heleen se Somtyds : Likes : 7
Eddie se Paasgesang : Likes 7
Joan se Vergifnis : Likes 5
Winefred se Ek is Dolleeg : Likes 6
Sandra se Telelestai : Likes 44
Zelna se Jesus Bloed Gestort : Likes 4
Adele se Ons gee als prys : Likes 4
Heleen se Die Ster : Likes 4
Sandra se Ooggetuike Likes 3
Mariette se Sy Bloed : Likes 3
Linda se Berou : likes 2
Amanda se Heealed likes 3
 
Hier is elke gedig weer, in die order wat dit oorsprongklik geplaas is.
Elkeen uniek en besonders in sy eie reg!
 
Vryspraak
 
die woorde klap heen en weer -
hol en leeg van muur tot muur,
dit val op horende dowe ore
en niemand kom stap na vore!
 
gevries in tyd kom lieg hulle :
kalvies is sieklik groot bulle
berge is nou net hope grond;
die waarheid heerlik afgerond!
 
maar ek's gevul met vuur en weier
om soos 'n arme oopgebreekte eier
gescramble te word in dit wat ek nie is -
dit wat ek nooit moes gewees het nie!
 
ek staan op in ons Vader se genade,
skud die gisters se griewe af van my;
laat dit maar daar by julle gevries bly -
oordeels dag kom en dan staan ons parade!
 
gaan jou gevriesde gister leuns jou vryspreek,
gaan jou vervromelde geld jou vrykoop,
gaan jou bemonsterede dade jou vrylaat,
gaan Sy bloed jou wee toemaak?
 
dis jou saak!
 
vergifnis het my kom vryspreek
Sy genade het my kom vrykoop
Sy liefde het my kom vrylaat
en Sy bloed bedek my siel
 
© Ah,Willa!
 
Bloed van Golgota
 
Die lug was rooigetint, met heilige bloed gekleur
donkernag toe die voorhangsel middeldeur skeur
God Sy oë moes sluit vir Sy Seun se sterwensuur
nie ‘n oomblik van Sy smartlike pyn kon verduur
 
‘n Stem het uitgeroep, in Hom het Ek welbehae
My Seun, wat die sonde van die wêreld moet dra
Hy was onskuldig toe Hy voor Pilatus moes staan
maar die menigte kies Barábbas, Hom teëgegaan
 
was net liefde vir Sy kinders, wat Hom hiertoe dring
smeekbede in Getsémane, droewige ure deurgebring
soos aasdiere Sy klere verdeel, lot gewerp daaroor
Hom gemartel met doringkroon, ook Sy sy deurboor
 
en in die lug het aasvoëls rondgedraai, afwagtend
op doodsbeendere van ‘n kruisdood só veragtend
maar duisternis het gekom en Sy liggaam goed bewaak
sou Hy opstaan, die wêreld ewig van sondelas vrymaak.
 
2011/12/05 © Joan Lotz
 
Somtyds
 
somtyds
as die skadu's daal
die son huiswaarts keer
staan ek peinsend
en wonder oor my weë
 
soveel keer het ek gesondig
my humeur so erg verloor
my kop weggedraai
van die mens wat honger daar loop
hoeveel keer
het my lippe met n vloek daarop gestaan
en dan
wil ek u loof en prys
met dieselfde lippe vanaand
 
kniel ek voor die voete van my heer
en hoor die stem
dit is volbring
die bloed van Jesus
het my skuld betaal
vir my in helle-angs gedaal
deur sy kruisdood
vrygekoop
deur sy bloed
elke dag
n nuwe mens
 
© Heleen Malerbe
 
 
PAASGESANG
 
O Here God
daar’s niks méér hier
wat ek liewer het
as net vir U -
my Redder
en my God
 
U het vir ons
onteenseglik kom toon
sigbaar gevlek
met doringkroon
en oopgesper
vir almal van ons
om duidelik te kan sien
wie U werklik is
 
U bloed is daar
die sy getuig
spykervoete
én handvergruis
hoe kan ons
nog twyfel
of self net wyfel
oor U groot gebaar
 
Dit sal nie wéér gebeur
hierdie demonstrasie, Heer
want volgende keer
sal wolke skeur
en U sal kom
soos die Son
en ewigdeur
alleen regeer
 
Ek buig voor U
nedrig neer
tot U diens
gerig na Bo
in geestesoog
soos wat U
van my vra
en hunkerend na smag
U te dank
met wederliefde
hoe gering ook ook
onophoudelik ...
 
o Heer, o Heer
ek het U
onvoorwaardelik lief
weet dit gewis
daar’s geen sweem
van twyfel meer
net één soos U
my hart se lied
 
Wanneer kom U
tog wéér
Heer?
 
© Eddie Davey 2012
 
 
Vergifnis.
 
Laat die een sonder sonde die eerste klip gooi!
so het Jesus die Skrifgeleerdes en Fariseërs genooi
 
en almal het omgedraai en stil weggegaan
en sy het alleen voor haar Meester bly staan.
 
sy kon dit nie glo, wat Hy toe aan haar sê,
want haar hele wese was voor Sy oë blootgelê.
 
hoe sy haar saak bepleit het Hy haar nie gevra,
want Hy het vir haar ook die kruis gedra.
 
Hy sê toe: "Gaan heen en sondig nie meer
Ek veroordeel jou nie! " en sy sê " Dankie, Heer"
 
met neergeslane oë het sy van Hom weggestap
wyl sy voel hoe die werklikheid haar terug klap
 
hoekom is dit dat sy nog so ontsteld is
en kwellende gedagtes binne haar bly twis?
 
ja, haar Vader was hartseer, kon sy dan nie weet,
want in een onbeheersde oomblik het sy Hom vergeet!
 
nou, na die vergifnis, kom die ontsaglike berou,
wyl jammerlike snikke haar liggaam ineen vou.
 
dan dink sy aan Sy woorde en die storms raak stil,
met geloof en vertroue, onderworpe aan Sy wil;
 
al sou elkander haar wil verwyt of verstoot,
sy weet God se liefde en vergifnis is groot.
 
"Kom, kind van ellende, kom skuil hier by My,
want My bloed aan die kruis, het jou bevry! "
 
1985, © Joan Lotz
 
Ek Is Dolleeg
 
U het my tot stilstand gedwing
My weer op my knieë gebring
Wat ek uitgegee het so gul
Het ek nie weer deur u laat hervul.
 
Nou is dit hierbinne my dolleeg
Ek het verraad teen myself gepleeg
Maar ek weet dat ek op U kan vertrou
Dat U my altyd in U arms sal toevou.
 
Ek slyk my dors by U fontein
Dit versterk my siel teen aanslae van pyn
Hierdie pyn wat ek vir my medemens voel
Het U op my geplaas met 'n doel.
 
Mag ek altyd ander eerste dien
Dit is wat U wou hê ek moet sien
U sal altyd vir my sorg
U bloed was my waarborg.
 
Ek het my keuse om U te dien gemaak
Dit is nog altyd my lewenstaak
Daar is die wat hulself verbly
As ander struikel, maar ek sal hulle nie vermy.
 
Elkeen van ons is U kind
Deur U bloed is ons aanmekaar verbind
Dankie vir U uitgestrekte hand
Ek neem dit en verstewig die band.
 
02/11/2012 Winefred Getruida Marx
 
TETELESTAI
 
Ek het vir God gevra
oor die ma van die geaborteerde kind
waar sal sy haar eendag bevind
was die Kruis ook vir haar gedra?
 
Toe antwoord Hy: Tetelestai
Dit is volbring
want sy het haar skuldlas gebring
vergifnis ontvang, dus: Tetelestai!
 
En Here, wat van die moordenaar
wat links en regs doodskiet
Hy hy enige vergifnis kom aanbied
sal hy ooit verwelkom word deur 'n engeleskaar?
 
Toe antwoord Hy: Tetelestai
Dit is volbring
Oor hom sal ook die engele sing
die saak is uitgeklaar, dus: Tetelestai!
 
Ek vra toe Here, hoe is dit moontlik
dat U vergifnis skenk
sommerso, in 'n oogwenk
aan sondaarskind met 'n sondeboek so dik?
 
En Hy antwoord: Tetelestai, my kind
dit is volbring.
geen sonde groot of gering
die prys is betaal, vir hul wat My vind.
 
Hy kyk toe teer na my
sien die ongeloof in my oë
en vra toe waarom ek nie kan glo
en my in Sy goedheid kan verbly.
 
Want, sê Hy: Tetelestai
die prys is volbring
vir elkeen is redding gebring
die kruis, die doringkroon sê: Tetelestai!
 
Ek vra Hom toe wat ek moet doen
wat dit is wat Hy soek
en Hy antwoord: Gee my jou sondeboek
Tetelestai - kom word met My versoen.
 
Want: Die prys is volbring
vir sondaars groot en klein
Oor jou was My bloed en pyn
Tetelestai: oor jou sal die engele sing!
 
© Sandra de Wet-van den Berg
 
Jesus Bloed Gestort
 
Hy was in 'n Stal gebore
om te kom red
die wat is verlore !
n Krip vir 'n Bed.
 
Hy het wonders gedoen,
mense genees en versoen.
Vir mense liefde betoon
maar hul het Hom Bespot
en Hom verloën.
 
Op hom was daar gespoeg
en geslaan….
Ek is seker Hy't gewroeg
Hy moes die houe verduur.
Wat 'n verskriklike seer Uur!
HY moes SY eie kruis dra
tot op Golgota!
 
Vas aan die kruis
het hul hom gebind
Met spykers word HY deurboor!
Deur sy hande en voete.
Dis een bloedspoor!
Jesus word vir ons vermoor !
Geen vryheid was te vind.
 
"Vader", vra HY later…
"Laat asb hierdie beker by
my verby gaan"?
Maar dit kannie,
Hy moet vir ons die pad baan!
Van sondeskuld moes hy
ons bevry.
Vir ons moes HY ly !
 
Sy Bloed vir ons gestort,
sodat ons niks sal kort!
Hy't ons duur gekoop !
Alles moes so verloop.
Want GOD het ons so lief!
 
Vir drie dae was HY in die graf.
Oooo die verskriklike straf
wat HY vir ons moes dra.
Wonder as dit ons was
wat Sy kruis moes dra,
sou ons dit doen of net kla?
 
Maar Jesus het gesterf aan die kruis
Sodat ons eendag saam Hom
kan gaan woon in SY huis.
Vry gekoop, vir my ?
Die gedagte laat my skoon stom !
 
Uit die dood het Jesus opgestaan.
Die steen is weggerol !
Nou kom maak SY Gees ons Vol.
Laat ons mekaar dan vermaan
om rein die pad te baan.
Sodat ons ook Hemel toe sal gaan.
 
Vry gekoop is ek nou
met Jesus Bloed !
HY ken my so goed.
met Sy Liefde so trou
hou HY my in SY hand
en sal ek nie my siel verpand.
vir Ewig is ek nou
n Koningskind
want ek het
Jesus gevind.
 
© Zelna Groenewald
 
Ons gee als prys
 
Ons staan in die Geregtigheid van God,
Christus het vir ons volbring, Sy Gebod.
Ons leef in vreugde onder sy Genade
en met vrede vermy ons die kwade.
Slawe van sonde is ons nie meer,
dit het ons gebreek, dit was so seer.
Nou kan ons nie anders, ons gee als prys,
ons loop sommer daarvan oor om almal te wys.
Hy is al in my lewe, my volle verlossing,
die Ewige Lewe het Hy, met sy Bloed, vir my gebring.
 
@Adéle
 
Die Ster
 
n ster het eenmaal
hoog geskyn
geskitter toe die Heer verskyn
in daardie nag
het eng'le kore
n blye tyding gebring
 
Jesus is gebore
om vir ons te sterf
met n riet en doringkroon
is Hy verag met smaad en hoon
 
Sy bloed het oor ons gevloei
ons sondes weggewas
Hy sit nou by sy vader
volmaak in heerlikheid
maar deur Sy Gees
is Hy ons lewe
tot in die ewigheid
 
© Heleen Malerbe
 
OOGGETUIE
 
op ‘n afstand
het ek Hom gevolg
toe Hy voortstrompel
met die sware houtkruis
op sy bebloede lyf
 
toe Hy struikel
wou ek nader gaan
my flessie water aanbied
maar ek was so bang
vir die soldate mag
 
my oë het soekend
oor die skare gegaan
na Maria, sy moeder
haar pyn en verdriet
lê rou in my gemoed
 
heelwat later
toe Hy vasgespyker hang
en druppels bloed
op die droë aarde tap
het dit gebreek in my
 
dit was asof
die spykers my koggel
en uitroep: “Dis jy wat
hier in Sy hande
en voete ingedryf is”
 
ek wou vlug
van hierdie verwronge
en pyngevulde beeld
my Jesus, onskuldig
aan ‘n kruishout gehang
 
toe ek omdraai
was daar wind en blitse
en duisternis om my heen
die skepping in rou
oor die bloed van Jesus
gestort, vir my en vir jou
13/12/12
 
© Sandra de Wet-van den Berg
 
 
SY Bloed
 
So dikwels het ek gestruikel
Maar dan het U gekom en gese
Vir jou maak ek vry
So dikwels het ek beskerming nodig gehad
U bloed was altyd daar vir my
U bloed het my verlos uit satans mag
Ek kon glo dat U slawe vrymaak
Ook vir my
In U bloed is ek gewas
eks nou witter as die sneeu
U het gese Eli Eli Sabagtani
Dit is volbring
Ek is VRY......
 
©  Mariette
 
BEROU
 
Na 'n dekade nog dieselfde storie
intussen moeisaam in die woestyn...aangestap
Het nie daarvoor gevra, maar word steeds gedra
en ag ek myself maar as ska...weer bloed getap
 
Was 'n afdraai-pad...geblinddoek gevat
in oomblik van swakheid
Gesystap...in oomblik gedryf deur passie
verduister in denke.......'n helse misstap
 
Vader wys grense en skade
onberekenbaar...mens bely...Jesus breek die vloek
Koning David het met owerspel-lewe
met sy kind...se lewe geboet
 
Vertroue sal dit ooit weer regtig herstel
gaan my beste probeer...want my bloed kry te seer
Bid die priesterlike seen oor hul lewe
en weet deur gehoorsaamheid,,,sal hul swewe
 
Dawid het nie gesterwe want hy berou en bely
toe is hy vergewe...en seen God...met nuwe lewe
Die seun Salomo as prins vol wysheid
mag hy ook die tempel bou en voorspoedig lewe.
 
© Linda Mans
 
 
Healed
 
People walk in and out of my heart.
Some build me up, some tear me apart.
Some leave scars that take time to heal.
Some teach me what it means to feel.
But all leave memories that are here to stay
Not even time can take them away
No wealth, no fame, no love of this world
Can mend the broken heart of a girl
 
Only Jesus can heal in the end
He knows what awaits you around that bend
His nail pierced hands are open wide
Close your eyes and allow Him to guide
 
People tramp on my heart and leave footprints.
Some touch my heart and leave fingerprints.
Some heal the scars that are made in the past.
Some walk in and walk out fast.
Some leave bruises on my skin.
Some leave fractures deep within.
 
But only God can heal in the end
He, the broken heart to mend
Hold Him close to your side and feel
That only by His blood can you ever be healed
 
Only Jesus can heal in the end
He knows what awaits you around that bend
His nail pierced hands are open wide
Close you eyes and allow Him to guide
 
Hold Him close to your side and feel
That only by His blood can you ever be healed
 
ⓒAmanda Adele Koker
 

Baie dankie vir die saam dig, saam lees en saam kies.
 
Willa Truter

Nota bene

Vir die wat graag ook aan julle werk laat skaaf en meer oor die skryfkuns wil leer - gaan sluit gerus aan by die Afrikaanse Forum.  Van ons Digters/skrywers is reeds daar - ek is ook daar.  Dis werklik 'n prag plek om te groei en te leer. 

Die link na die webtuiste: http://afrikaanseforum.co.za

Die link na die forum: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php

Sou jy wou deelneem, dan moet jy direk vir Petra Smit (bekend as PM/PietMagriet op http://www.woes.co.za) email vir 'n login username en password.  Die rede dat dit so geskied is om spam bots te block/keer uit die forum en net mense wat erenstig is oor deelname sal aansoek doen.
 
Email Petra by : pm@afrikaanseforum.co.za
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w