Author Topic: Tarzanelle  (Read 9969 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Tarzanelle
« on: May 23, 2011, 01:03:10 PM »
Ek plaas sommer die een net na die Villanelle omdat dit so naby daaraan is. Dit skryf bietjie makliker is die Villanelle

Tarzanelle:  A  Eerste  a
B  eerste  b
A  tweede  a

B  tweede  b
C  eerste  c
B  herhaal eerste  b

C  tweede  c
D  eerste  D
C  herhaal eerste  c

D  tweede  d
E  eerste  e
D  herhaal eerste  d

E  tweede  e
F  eerste  f
E  herhaal eerste  e

F  tweede  f
A  herhaal eerste  a
F  herhaal eerste  f
A  herhaal tweede  a

My voorbeeld opgedra aan PM se "Boude"

Jakkals se stert?
 
Soms lyk dinge so eenvoudig
tot iemand kom en vir jou wys
als is nie so rooskleurig
   
Jy lig jou stert om hom te prys
en leef in jou eie lof
tot iemand kom en vir jou wys

jou stert is ook maar dof
al swaai hy pragtig in die son
en leef in jou eie lof

ag as jy nou maar tog net kon
jou stert tussen jou bene trek
al swaai hy pragtig in die son

Jy, jou ego en jou bek
weet nou dit is waar
jou stert tussen jou bene trek.


Ja, jy sluk maar swaar.
Soms lyk dinge so eenvoudig,
weet nou dit is waar,
als is nie so rooskleurig.

Tarzanelle
Opgedra aan PM


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tarzanelle
« Reply #1 on: May 23, 2011, 01:15:22 PM »
Dankie Naas.  Hannes sal nou moet dubbeldeure laat insit!   :notworthy:

Moet ek nou 'n nuwe een skryf of kan ek 'n oue gaan uitgraaf iewers?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Tarzanelle
« Reply #2 on: May 23, 2011, 01:17:48 PM »
Ek glo die goeie oues is net so goed soos enige ander. Ek het ook al 'n paar gaan afstof TWV die boek.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Tarzanelle
« Reply #3 on: May 23, 2011, 01:32:36 PM »
Maar julle nê!

Ek sal nou moet begin skrywe  :read2:

Agterbly was nog nooit my voorland nie al is ek altyd die laaste een in die kraal. Of soms mis ek hom geheel-en-al.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tarzanelle
« Reply #4 on: May 23, 2011, 01:58:34 PM »
Hier is nog 'n oue.  Hierdie gedig het 11 lettergrepe in elke versreël. 

                   Ons jonk-wees dae.

A    Die deuntjie wat oor en oor in my kop sing...        (eerste a)
B    As ek terug dink aan ons jonk-wees dae...            (eerste b)
A    Dálk was dit net ‘n vlug van my verbeelding,         (tweede a)

B    of lê daar nog ‘n duisternis van vrae                      (tweede b)
C    wat verewig tog onbeantwoord sal bly                   (eerste c)
B    as ek terug dink aan ons jonk-wees dae...             (herhaal eerste b)

C    Daar is baie “sondes” wat ek kan bely                    (tweede c)         
D    oor wie wat waar en gesteelde soentjies, iets        (eerste d)
C    wat verewig nog onbeantwoord sal bly...               (herhaal eerste c)

D    Daar sit nog ‘n stoute laggie in my kies                   (tweede d)
E    as ek dink aan die dae toe ons jonk was,                 (eerste e)
D    oor wie, wat, waar en gesteelde soentjies, iets        (herhaal eerste d)

E    wat ek bêre, diep in my onthou se kas.                   (tweede e)
F    Dan raak ek skoon bewoë en stort ‘n traan              (eerste f)
E    as ek dink aan die dae toe ons jonk was.                 (herhaal eerste e)

F     Steeds het hierdie ou liedjie sy weg gebaan,           (tweede f)
A    ‘n deuntjie wat oor en oor in my kop sing…              (herhaal eerste a)
F    dan raak ek skoon bewoë en stort ‘n traan,             (herhaal eerste f)
A    dalk wás dit net ‘n vlug van my verbeelding.           (herhaal tweede a)   

 :bootyshake:
« Last Edit: May 23, 2011, 02:00:15 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.