Author Topic: OD: Opgepikte Definisies & Vergelykings  (Read 6340 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
OD: Opgepikte Definisies & Vergelykings
« on: December 14, 2012, 10:21:15 PM »
*Met dank aan AB vir die aandra en deel  :notworthy:

Wat is die definisie van 'n optimis?
Iemand wat die motorwerktuigkundige glo as hy sê die herstelwerk aan sy kar sal nie baie kos nie.

Wat is die definisie van 'n pessimis?
'n Optimis met ondervinding.

Wat is die definisie van 'n voetganger?
'n Man met twee seuns en een motor.

Wat is die definisie van 'n tiener?
Iemand wat alles weet van goed waaroor jy nie eksamen hoef te skryf nie.
Of iemand wat 'n stoel nader sleep as die telefoon lui.

Wat is die definisie van 'n idioot?
Iemand wat die diepte van water met altwee sy voete toets.

Wat is die definisie van 'n onderwyseres?
Iemand wat vroeër gedink het sy hou van kinders.

Wat is die definisie van 'n vis?
'n Dier wat dieselfde tyd as die meeste vissermanne gaan vakansie hou.

Wat is die definisie van 'n pou?
'n Hoenderhaan wat blom.

Wat is die definisie van 'n sebra?
'n Perd van 'n ander kleur.

Wat is die definisie van 'n wurm?
'n Insek waarvan die agterpote die voorpote gedurig inhaal.

Wat is die definisie van 'n eend?
'n Voel wat loop soos iemand wat heeldag perd gery het.

Wat is die definisie van etenstyd?
Die enigste tyd wanneer 'n kind nie eet nie.

Wat is die definisie van 'n plattelandse dorpie?
'n Plek waar 'n man met 'n blou-oog nie hoef te verduidelik hoe hy daaraan gekom het nie, almal weet!

Wat is die definisie van 'n tuiste?
'n Plek waar jy kan krap as dit jeuk - dit maak nie saak waar nie!

Wat is die definisie van teenspoed?
Wanneer 'n cool meisie met 'n bikini aan op die strand verbystap ... en die wind waai sand in jou oë.

Wat is die definisie van 'n telefoon?
'n Instrument wat toelaat dat ouens en meisies uitgaan sonder om handjies vas te hou.

*Van die poskoets afgeval:
So skaars soos 'n werksonderhoud.
So alleen soos Adam op moedersdag.
So raar soos 'n tiener sonder 'n selfoon.
So algemeen soos Starbucks.
« Last Edit: January 21, 2013, 02:05:20 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: OD: Opgepikte Definisies & Vergelykings
« Reply #1 on: August 26, 2015, 01:54:34 PM »
My studente is baie lief vir donker brille. Hoekom weet net Michael Jackson en hy gaan nie praat nie. Ek dink dit is om hulself in die donker te kamoefleer.
Ek se altyd vir hulle hulle lyk soos 'n brommer in paartyd met die brille op.
Haak een van die ander studente gister af. Daai ou met die donkerbril op is so seksie soos 'n vlieg op beesmis.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: OD: Opgepikte Definisies & Vergelykings
« Reply #2 on: August 26, 2015, 10:40:20 PM »
O hallie ha (mis ek nou vir mevrou Varkie ook skierlik)  :hello2: :notworthy: Mog ek nooit so seksie lyk nie. Dit laat mens voel daar moet nog 'n 's' agter seksie kom vir sies hehehehe.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: OD: Opgepikte Definisies & Vergelykings
« Reply #3 on: September 05, 2015, 07:36:42 PM »
Verloor ek sommer sumier die draad en skaar my by jou en mevrou Varkie!  O hallie ha!  Ek sal altyd aan haar dink met liefde!

Om te weet is om te verstaan.