Author Topic: Shokoladekoek  (Read 12386 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Shokoladekoek
« on: March 30, 2011, 05:05:23 AM »
Bestandele

2 koppies suiker
8 eiers
2 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels kakao
1 koppie kookwater
3/4(driekwart) koppie kookolie
1 knippie sout

Metode

Onthou om die oond op 180ºC aan te skakel.

Skei eierwit van geel.
Meng eiergeel en suiker en klits goed.
Meng water en olie by die suiker mengsel.
Sif die droë bestanddele bymekaar en voeg dan die nat bestandele by.
Klits baie goed.
Klop die eierwit tot styf en vou by die deeg in.

Oond 180ºC.

Bak in 'n ronde pan vir 30 minute, en in 'n vierkantige pan vir 45 minute. 
Hierdie is nogal 'n groterige koek, so 'n oondpan sal lekker werk.

Versiersel

Versier met 'n blikkie karamel kondensmelk wat jy eers met so 10ml melk geklits het. Die melk gee hom net daai ekstra bietjie romerigheid en maak dit makliker om te smeer.

Wenk:  Om te toets of die koek gaar is,  steek 'n tandestokkie in die koek na die gegewe baktyd.  As die stokkie skoon uitkom is die koek gaar.  As daar nog deeg aan is,  moet dit nog 'n paar minute bak. 

Wenk:  Die geklopte eierwit word in die deeg in gevou om dit veerlig te maak. 
« Last Edit: March 30, 2011, 05:07:10 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.