Author Topic: Ek beleef op net EEN dag...  (Read 3995 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ek beleef op net EEN dag...
« on: December 11, 2012, 07:15:44 PM »
Ek beleef op net EEN dag, vandag, die volgende:
Twee FB vriende vertel wat hulle vir ander gedoen het, sommer net omdat hulle kon.  Meneer No 1 het gister, terwyl sy buurman by die werk is, gery en rolle pyp en wat ookal nodig was, gekoop en 'n besproeiing-stelsel in die buurman se tuin aangebring.  Toe die buurman na werk by die huis kom, spuit die watertjies te lekker op die tuin. Hy kon net stotter oor die daad van 'n buurman.
Meneer No 2 het honderde $ spandeer om biltong en Mrs Balls en alle lekkernye vir sy kleinkinders in Kanada te koop en vir hulle gestuur sodat hulle 'n bietjie kan smaak van SA waar hul Oupa gewoon en gewerk het voordat hy na Amerika ge-emigreer het.  Dit het hom min geskeel dat hy $390 net vir die versending daarvan moes betaal.  Hy mis hulle baie.
Meneer No 3, en dit is my baas, het vandag 'n produk aan 'n pasient geskenk omdat sy dit nodig het en hulle, as pensioenarisse, dit nie kon bekostig nie.  Die produk kos R990.00.  En nog is dit het einde niet.  Hy verminder die prys van nog 'n pasient se voorskrif met R500 omdat hy dit nodig het en sy mediese fonds uitgeput is. 
En dit is die tendens in daardie praktyk.  Hulp aan die wat dit nodig het.
En dit alles op net EEN dag.
Pappa het gese, en hy is al 45jr gelede dood:  Gee, tot jy seerkry.  Menende dat jy nie jou hand moet toehou as jou naaste in nood is nie, al gaan jy dit aan jou sak voel.
En dit bly by my.  Altyd.  'n Oop hand is 'n vol hand.  Sowaar. 
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #1 on: December 11, 2012, 07:25:00 PM »
Gee wat gij heeft, maakt waardig dat gij leeft.

Hoop my Nederlands(spelling) laat my nie te veel in die steek.
Ek is veral bly dat jy 'n werk gekry het waar jy gelukkig gaan wees. Jy verdien dit.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #2 on: December 11, 2012, 08:47:40 PM »
Is geld en goed nie maar net aardse besittings nie?  Gee 'n mens nie omdat jy kan nie?  Maak dit jou spesiaal?  Ek glo nie.  Ek gee omdat ek kan en ek wil omdat ek graag wil deel.  Die grootste lekkerkry gee wat ek kan ondervind is om vir iemand iets te doen wat dit werklik waardeer.  So, wat doen ek?  Ek gee omdat dit my behaag.  Wat het ek nou gedoen?  Ek het myself plesier! 
Daar is niks so lekker as om te gee as jy kan nie!  Die groot harseer kom in as jy so graag wil gee maar jy het nie die vermoë nie.  Dit is nie so lekker nie!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #3 on: December 11, 2012, 08:47:41 PM »
Ek is beïndruk met die gawe gewers en baie dankbaar dat jy weer grond onder jou voete het.  Om te gee is een van die mees bevredigendste dinge in my lewe. Ouma Naas se gesig met die sak wolle onder die arm, sal my in der ewigheid bybly. Hoekom aan iets vasklou as iemand anders dit kan gebruik? Ek is nou so lus vir gee, ek gee julle sommer elkeen 'n vet (((druk))).

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #4 on: December 11, 2012, 08:53:36 PM »
O ja!  Daardie dag toe Ouma Naas by my geland het met hierdie sakke vol wol, sal ek nooit vergeet nie.  Sy was soos 'n stout kind wat die beste geskenk ooit gekry het.  Gawie, ek sal jou ewig dankbaar wees vir die groot vreugde wat jy in haar lewe gebring het. 
Ons het so pas met gaar gesels.  Sy sal 'n moedertjie vir my bly.  Baie dankie Gawie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #5 on: November 02, 2015, 06:36:30 AM »
En hier lees ek nou die skat van gee ook raak. Liewer laat as nooit. Dankie aan ons gas en dankie vir die deel Elle  :toothy4:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #6 on: November 02, 2015, 08:06:51 AM »
En nou het ek ook hier gelees. Baie dankie. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #7 on: December 09, 2015, 10:05:40 AM »
Wonderlike herinneringe van gister. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #8 on: December 09, 2015, 10:12:09 AM »
Bly steeds vir my 'n woordgeskenk as ek ons naamlose, besoekers se spore volg. Mag hulle nooit verdwyn nie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #9 on: December 09, 2015, 10:15:08 AM »
Jy is so reg Raaitjie.  Dit is ongelooflik frustrerend as 'n mens die forum oopmaak en jy wag en wag vir 'n possie om oop te maak.  Ek hoop regtig dit sal nou beter gaan.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek beleef op net EEN dag...
« Reply #10 on: December 09, 2015, 10:17:35 AM »
Weet wat jy bedoel matertjie. As ek op die plaas by Meisiekind is, gee ek baie gou moed op. Daai wieletjie wat so rol, rol, rol en niks gebeur nie, breek my moed net daar  :icon_bigsmurf: