Author Topic: Gatvry!  (Read 3761 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Gatvry!
« on: May 23, 2011, 12:25:32 PM »
Nee PM! :nono: :nono: Dis nie daai wat die mans doen nie. :nono: :nono:

‘n Handvol padgate uit die ou Transvaal.
‘n Handvol padgate en gebreekte bande.
Ryk was ek gister,
Nou is ek voetslaans.
Voetslaans en verdwaas,
voetslaans en verdwaas slinger ek rond,
slinger ek rondom die gate wat ek sien.
Arm as ek dink aan vervloeë tyd.
In my liewe, goeie gatvry wyk.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Gatvry!
« Reply #1 on: May 23, 2011, 12:34:59 PM »
 :laughing7: Moes ek nou lekker lag..

Daai gatvry wat nie so vry was nie, en wat Matysie so bietjie gevang het. Dan is van daai Gatvry nie so gatvry nie...en Ooms van die suutjiestrap ook nog op die pad eish dis nou vir jou 'n Kanarie met 'n P.  :coffee2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gatvry!
« Reply #2 on: May 23, 2011, 01:02:38 PM »
Hannes voel vandag nie so lekker nie, hy lê hier op die bank.  Toe ek kliphard uitbars van die lag vir die  :nono:  :nono: lyk dit of hy bietjie lewe kry!    :hello2:

Dit is nou daai lag wat die dokter voorgeskryf het!   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gatvry!
« Reply #3 on: May 23, 2011, 01:12:54 PM »
Siestog. Se daar vir Hannes die sieke aan die kant dink aan hom is sy droefgeestigheid
En spoedige herstel.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gatvry!
« Reply #4 on: May 23, 2011, 01:16:43 PM »
Dankie, ek sal hom so seg.  Ek dink nie hy is gatvry nie maar gatvol.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gatvry!
« Reply #5 on: May 23, 2011, 01:28:47 PM »
As die mislukte paliteite tog net die gate wil volmaak. Ek het jou nog nie eers vertel nie. Op pad terug het ek daar in Wolmaransgat/stad 'n pothole of twee ontdek tussen die vuilgoed in die hoofstraat. Van voor Kimberley af is dit so al of Maatjie bietjie sweef op die pad maar ek sien niks verkeerd nie en wil nie vir ouma ontstel nie. Ry toe maar aan. 30 km voor daai dorp duskant Beafortwes toe kom die agterband aan ouma se kant se loopvlag gedeeltelik los en slaan maatjie se hele agterbuffer in sy plastiek in. Ek wil spaarwiel opsit maar die wielsleutel pa nie op die wielmoere nie. Gelukkig het 'n parmantige sameritaan stilgehou en die wiel vir ons geruil met sy kruissleutel.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gatvry!
« Reply #6 on: May 23, 2011, 01:43:38 PM »
Ag dis erg!   :crybaby2:  Ouma het haar seker flou geskrik!  Arme Maatjie! 

My ander vriend het sy motor ingeneem vir 'n diens.  Twee dae later kry sy voertuig ook 'n pap wiel (gelukkig net aan die onderkant  :icon_biggrin: )  toe hy die band wou ruil is alles weg.  Spaarwiel en gereedskap!  Hy sweer dit was daar voordat hy die motor ingeneem het vir die diens en hulle sweer dit was nie daar nie! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gatvry!
« Reply #7 on: October 13, 2021, 08:48:02 AM »
Ek hoor uit 'n betroubare bron dat jy nou by jou plaaslike musliktepaliteit hengellisensies kan uitneem om in die padgate vis te vang.
Dit kos R50 per lisensie en die inkomste gaan aangewend word om die padgatstelsel van SA verder uit te brei.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gatvry!
« Reply #8 on: October 14, 2021, 08:44:57 PM »
Wat wo vis!  Hulle gaan net donkies vang met hangore. 
Om te weet is om te verstaan.