Voorstelle en klagtes > Baie geluk... Baie welkom

Hoekom lid word van 'n forum?

(1/5) > >>

PM:
Die afgelope 5 jaar is ek lid van 'n forum.  Ek het aangesluit omdat ek wou deelneem.  As 'n mens net wil lees hoef jy mos nie lid te word nie?
Hoekom sluit mense by 'n forum aan om nooit komtaar te los of saam te gesels nie?

Fransi:
 :hello:

Ek is skuldig hieraan. Ek het by 'n spesifieke forum aangesluit, omdat ek 'n groentjie met daardie onderwerp was en wou sien wat ander dink en beoefen en omdat ek gedink het ek moontlik iemand in my omgewing sou ontmoet wat dan dit saam met my kan beoefen. So vir kennis en a.g.v. eensaamheid. Gewoonlik kyk ek eers die kat uit die boom, voordat ek regtig begin om kommentaar te lewer. Ek het egter met tyd besef dat alhoewel ek met baie saamstem, ek 'n plek soek wat meer eklekties glo en doen. En verkieslik in my eie taal, sodat ek nie myself te erg hoef te bekommer oor grammer en tenses ens. nie.  Die spesifieke forum het egter 'n winkeltjie wat voorwerpe aanhou wat ek soms benodig en om te kan koop moet jy 'n lid wees. Ek het darem intussentyd 'n ander plek ontdek wat meer 'n sambreelterm behels en in Afrikaans is by Facebook. Dit is nog in die begin-dae vir my daar, so ek sê maar min en luister/lees meer.

Fransi:
 :icon_biggrin: Ek het nadat ek hier gelees het so skuldig gevoel, omdat ek stom by daardie forum is en ewe skielik uit die bloute het iemand by die spesifieke forum vandag vir my 'n boodskap gestuur. Nou het ek darem 'n ietsie gedeel daar. :-)

PM:
 :icon_biggrin: Goed vir jou Fransi. 
Ek het maar net gewonder, (toe gaan die son onder  :angel4: )  ek het ook al by 'n ander forum aangesluit met die doel om aktief te wees, maar daar sit ek toe weke en wag en niemand gesels met my nie.  (Ook nie met mekaar nie)
As iets fout gaan (of ek dink daar is fout) dan steek ek altyd eerste hand in eie boesem om seker te maak ek self is nie die oorsaak nie.
So het ek al 'n paar boodskappies gestuur maar net drie briefies terug ontvang wat sê hulle is net toegegooi onder ander verplingtinge.  Dit kan ek verstaan.
Die laaste ses weke het ek self baie gesukkel met swak seine, dit verstaan ek ook.
Ek sit dikwels en wonder of die ouens nie verveeld raak met die onderwerpe nie, maar die teendeel is ook van toepassing.  Hoekom begin hulle nie onderwerpe wat hulle graag wil bespreek nie. 
'n Mens se gemoedstoestand het dalk ook baie daarmee te doen.  Ons weet almal as die "storms" in die Ooste opsteek vlug die muse Westekant toe, raak verdwaald en kom nie maklik terug nie.   :icon_biggrin:
Dalk kan iemand aan nog 'n rede dink oor hoekom mense lid wil wees van 'n forum, maar nooit deelneem nie. 


Fransi:
As ek te veel van 'n leek voel, bly ek gewoonlik ook stil, totdat ek genoeg geleer het om darem 'n bydrae te kan lewer. Die internet voel soms bietjie vir my intimiderend. In die regte lewe kan jy nie-verbaal wys dat jy luister, saamstem ens. maar hier moet jy gesels- wat moeilik is as jou rol gewoonlik die van luisteraar is. Dan is daar ook die ding van as jy iets geskryf het, het jy dit geskryf en ieder en elk kan dit lees. 'n Mens moet dus mooi dink met elke ding wat jy skryf en soms is dit dan makliker om eerder net te lees.
Dan is daar ook die tyd-ding. Ek sal eerder aan slegs enkele forums behoort as om aan talle te behoort, want dit vreet wel baie tyd om kommentaar te lewer- vir my in elk geval. Dit sluit seker by bogenoemde aan. Soms lag jy uit jou maag uit vir die dinge wat jy lees, maar jy is nie self "witty" nie, so dan bly jy ook maar by die lees-deel.
Hmm, probeer nou aan nog redes dink, maar kry nie nog nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version