Author Topic: Woorde wat treur...  (Read 1721 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Woorde wat treur...
« on: December 06, 2012, 01:46:36 AM »
Mefri:
My siel lê verlam
uitgestrek
op die koue vloer
my smart-deurdrenkte vingers
soekend
tussen die vlymskerp rotsskeure
van my hart
na druppelsbloed van jou
maar, al wat ek kan vind
is skaduwees
van gister se onthou

©

gisteraand het ek die moeder van ontnugtering se beker leeg gedrink
gisteraand het ek elke druppel klammigheid van die wrang vloeistof van die wande afgelek
totdat net my spoeg die beker geheel en al bedek
nou is my siel verstik versmoor
"ek is niks van jou nie maar jy is alles van my "
lê die vlerke van my liefde geknak gebreek in ʼn bloed plas

©

SueEe:
Met haar hart seil
sy sirkels om die maan
met gedagtes wat steel
en woorde wat skrik,
kan sy nou in gebed ontvlug
en vra; Here, ag help tog weer?

©

Sussa:
Tussen borriegeel blaaie van ou-onthou
het wegsteekwoorde weer oopgevou…
Ek't diep in die loep van jou lag loop lê,
jou blink, blink blymaakgoed hoor sê!
My gisters was grou en grys gekleur:
Waarom sou ek my nou daaraan steur?
Ons lewe 'n stormsee van branders wat breek,
malgasse wat skree en dorings wat steek
en eendag het ons lewensskip gesink:
vier kinders het byna verdrink…..

©

Goselyn:
Die diep, diep seer
van 'n hart, gebroke.
Bly, agter toe oë,
eenvoudig nie verborge.

©



« Last Edit: December 06, 2012, 03:01:24 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woorde wat treur...
« Reply #1 on: December 06, 2012, 01:54:51 AM »
*Hierdie lyne was van die eerste praglyne wat ek gaan oes het April 22, 2008 en plaas dit nou weer as eerbewys aan ons ABC matertjie.

Sonica:

Tussen die tente van Kedar het ek penne ingeslaan - maar saans alleen by my vuur gestaan ...

Neem my op die voetpad van stilwees ...

Iewers waar ek die donker kan aflaai ....

Laat jou rinkellag die tyd vashou - voor die donker kom wat siele skend...

Hoe vergeet mens, Here, as dit skerwe van jou siel is ...

As die dag met wintertraagheid - koud aan die ruite klop ...

En ek agterbly - met verdwaasdheid in my oë en jou bont flennieslaapbroek ...

Jy mag nou bakhand voor die lewe staan - maar jy sál die pad na beter gaan ...

Vir laas weerklink die hol klank van my treë deur die stil, leë vertrekke ...

Somber verlate te midde van ‘n spatsel geel ...

Vasgevang in my eie wag-‘n-bietjiebos ...

Het ek saam met jou vandag op die kruin van hoop gery en môre soutwater van wanhoop gesluk ...

‘n Era in my lewe het afgesluit met die klik van ‘n slot ...

* Sonica (Sonja) was 'n diabeet, sy het spierdistrofie gehad en sy was gehoorgestremd. Haar lewe was 'n straf. 'n Briljante brein met 'n liggaam wat as tronk gedien het. Sy wou graag gaan, vry wees, heel wees, normaal wees. Nou is sy daar! Spierdistrofie het haar lewe geneem, sy kon nie meer asemhaal nie...





« Last Edit: December 06, 2012, 02:31:41 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woorde wat treur...
« Reply #2 on: December 06, 2012, 02:32:02 AM »
Aspoesterjie:

Hartseer
Kwaad
Selfverwyt
Maalkolk emosies
Deel van my grootword proses.
Waar is Pa?

My steunpilaar
Opgelos deur partytjiesap
Onbeantwoorde vrae
Liefde
Toenadering
Waar is Pa?

Mansfiguur vervaag
Verwerping fokus
Soos nuwe vrou
Al jou aandag eis
Waar is pa?

Liefdesbande skeur
Lewensbote dobber
Al verder uit mekaar
Verlange seer
Bloedbande nie sterk genoeg
Waar is Pa?

Alleen word ek vrou
Sonder jou steun
Wat nou
Onvoorwaardelik
Aan getroude familie hoort
Waar is pa?

As ek jou nou
Op ‘n afstand
Saam met hulle sien
Is daar net vae seer
Want pa is jy,
Vir my nie meer.

©

Annie: Verby
In die dofverligte hoekie
oorspoel met 'n soet
geur en rook,
vind hy 'n bondeltjie
menswees
eens geken, en
aan 'n geliefde
ouerpaar
moet hy gaan vertel . . .

Hoe?

©


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woorde wat treur...
« Reply #3 on: December 06, 2012, 02:37:47 AM »
amilinda:

* My hart lyk soos die wrakstukke agtergelaat nadat ‘n eeue oue oorlog sy pad gevind het ...

* deur die ruïnes van vorige beskawings geletselde mense lank reeds vergete ...

* ‘n handgranaat ontplof deur my menswees met die krag van ‘n duisend branders ...

* enigkeer en elke keer verskyn jou verwonde gesig in die kruisvuur van my gedagtes ...

* jou hand reik uit na my soos die bang hande van soldate ...

* gevange in loopgrawe van smart wanhopig opsoek na ‘n laaste greep op die lewe ...

* en wanneer die rook en as uitgesak het en jy is steeds myle ver van die huis sal jou glimlagte my verbygaan...

©

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woorde wat treur...
« Reply #4 on: December 06, 2012, 02:44:35 AM »
Charl Bezuidenhout:

ʼn traan daal en alle planne faal

om hart gedagtes te behou ...

die lem roep,

roep ...

die tou – uitgerafel

die pillehouers,

dolleeg

Die polse het geen plek

(almal dink dis gek)

die lewe aan ʼn draad

al moeg vir nuttelose raad

die bloed kalmeer,

sny vir sny

sluk vir sluk

©