Author Topic: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies  (Read 14392 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« on: December 06, 2012, 01:19:44 AM »
*Met dank aan Piet Magriet vir die voorstel en aandra van die eerste bydrae vir hierdie afdeling

1) Liefde gewen en suksesse bereik kan slegs staande bly as jy dit met verantwoordelikheid koester.

2) Liefde, menslikheid, gebed en gesprek kan alle probleme oplos.

3) ‘n Mens bereik nie altyd sukses nie, maar as jy ‘n les daaruit geleer het, het jy nie gefaal nie.

4) Menswaardigheid word gebou deur selfrespek, respek vir ander en ‘n sin vir verantwoordelikheid.

5) Volwassenheid kan gemeet word aan die verantwoordelikheid wat jy aan die dag lê.

6) Maak seker dat dit waarvoor jy vra, dít is wat jy graag wil hê.

7) Maak seker van wat sê die wet, as jy die reëls verbreek moet jy sterk genoeg wees om die nagevolge te dra.

8) ‘n Goeie vriendskap is meer werd as ‘n klein geskilletjie. (By BB geleer.)

9) Moet nooit te groot in jouself wees om te erken as jy ‘n fout gemaak het nie.

10) Jy as mens, is geregtig op ‘n paar oomblikke per dag, net vir jouself.

11) Jou afhanklikes en geliefdes, het die reg om aanspraak te maak op ‘n deel van jou tyd.

12) Die lewe is ‘n gawe, lewe ten volle deur aandag te skenk aan dit wat regtig saakmaak.

13) Wees oop vir veranderings maar, moet nooit jou eie normes en standaarde prysgee nie. (By Vossie geleer)

14) Soms is stilbly die beste antwoord. (Anders as stilbly is ook ‘n antwoord.)

15) Lewe ‘n eerbare lewe, en jy sal nooit beskaamd staan voor jouself nie.

16) ‘n Liefdevolle atmosfeer in jou huis is die beste nalatingskap vir jou kinders.

17) As jy in ‘n argument met iemand betrokke is, moenie ou koeie uit die sloot grawe nie, dit stink.

18) Deel jou kennis, dit is jou kinders se erfporsie. of

19) Deel jou kennis, dit is jou nalatenskap.

20) Be-oordeel jou sukses aan dit wat jy daarvoor moes opoffer. (Het dit wat jy in die proses verloor het, jou sukses die moeite werd gemaak.)

21) Ek sit terug en ek sien ek het iemand se lewe positief verander en dit bring groot vreugde en vrede in my hart. (Naas, ek kan nie help om aan jou te dink nie.)

22) Jy sal slegs vind waarna jy soek. (As jy slegs die kwaad wil raaksien, sal jy net die kwaad vind.)

23) Ek hoef nie na iets te soek om my dankbaar te maak nie, ek luister net na die voëlgesang in die oggend.

24) Die lewe is ‘n lied, jy moet net die wysie ken om saam te sing.

25) As iemand se hande swart is, beteken dit nie dat dit vuil is nie.

26) ‘n Swart vel beteken nie ‘n swart hart nie.

27) Lojaliteit het niks met kleur te doen nie.

28) Liefde oorskry alle grense.

29) Liefde het geen grense nie.

Om te weet is om te verstaan! As jy die persoon ken, sy ervarings meegemaak het, sal jy verstaan hoekom hy dink soos hy dink, doen soos hy doen.

Om 'n saak van alle kante af te kan insien, is 'n goeie teken van volwassenheid. (Of is dit sommer net gewone intelligensie?)

*******************************

« Last Edit: December 06, 2012, 03:09:43 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« Reply #1 on: December 06, 2012, 01:20:36 AM »
Oorlewingsbrokkies van PM
* Ek glo in die goedheid van die mens soos wat ek glo in die vier seisoene van die lewe.

* Ons het almal die gawe om die mense om ons gelukkig te maak. Dalk net met ‘n skewe glimlaggie of ‘n sagte woord.

* Ek glo dat tyd alle wonde genees, ons moet net vir ou Vader Tyd, tyd gee.

* Moenie dat die lewe soos ‘n mallemeule by jou verbyswiep nie. Sien dit eerder as ‘n bootjie waarin jy op die lewensrivier vaar, en onthou, ons is maar almal in dieselfde bootjie.

* Jy ken nie my laste nie, en ek ken nie jou nie, laat ons mekaar nie veroordeel nie.

* As ons in liefde kan handevat en verdraagsaam wees teenoor mekaar, elkeen die vryheid gee om sy eie besluite te neem, sonder om ‘n oordeel uit te spreek, is dit waar die hemel en aarde mekaar aanraak. Dit is waar vrede lê.

* Ons moet besef dat die lewe ‘n leerskool is. As dinge verkeerd geloop het, plaas dit onder ‘n vergrootglas en ontleed en ondersoek dit, lig die probleme uit en leer uit jou foute.

* Plaas dit in die verlede en pak die toekoms met moed en durf aan. Dit wat ons uit ons foute leer is van onskatbare waarde, dit is ook waar ervaring vandaan kom.

* Die lewe is te kort om stil te staan by haat en selfverwyte.

* Vergewe almal en alles, en dit sluit jouself en jou eie foute in. Moenie ‘n nuwe dag met gister se skerwe begin nie. Gister is verby en ons kan dit nie verander nie.

* Maak vrede met jou verlede sodat dit nie ‘n donker skaduwee oor jou dag en jou toekoms gooi nie, dit is ook verby en jy kan dit ook nie verander nie.

* Raak ontslae van alles wat nie bruikbaar is nie, wat nie vir jou vreugde inhou nie. Gooi dit weg en plaas ‘n slot aan daardie deurtjie wat jou sal verhoed om weer daaroor te tob. Dit is makliker as wat jy dink. As jy aan die deur vat dan sê jy net vir jouself, die deur is gesluit, en maak die deur oop waar die son skyn.

* ‘n Mens kan jou gedagtes leer om in die rigting te gaan waar jy hulle wil hê.

* Tyd is nie ‘n snelweg tussen die wieg en die graf nie. Neem elke dag ‘n rukkie vir jouself, droom ‘n bietjie terwyl jy wakker is.

* Tyd is ‘n “ruimte”. ‘n Ruimte waarin ons gelukkig kan wees. Maak elke dag tyd om iemand te laat lag. Dit sal jou ook laat lag.

* Ons kan self kies of ons onder allerhande onplesierige of negatiewe gedagtes en selfbejammering gebuk wil gaan, en of ons self iets aan ons geestestoestand wil doen. Ware vryheid is geestelike vryheid.

* Wat ander mense van jou dink is nie jou besigheid nie. Jy weet mos wie en wat jy is en dit is in elk geval meer werd as besittings.

* As jy een vriend het is dit soos kaas en wyn en as jy nie wyn drink nie, soos koffie en beskuit!

* Geniet die lewe, jy is dit deur en deur werd. Jy is dit aan die mense om jou, EN aan jouself verskuldig.

My gewete is my beste vriend in tye van voorspoed, maar my grootste vyand in tye van nood.

As dit goed gaan dan skaar hy hom aan my kant, as dit sleg gaan dan draai hy teen my.




« Last Edit: December 06, 2012, 03:10:15 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« Reply #2 on: December 06, 2012, 03:10:30 AM »
Naas:
Ek het geleer jy kan nie iemand dwing om jou lief te hê nie, al wat jy kan doen is om hulle te”stalk” en dan te hoop dat hulle so paniekerig sal raak dat hulle later sal ingee.

Ek het ook geleer - 'n mes sny veldiep maar woorde sny waar selfs 'n disprin nie kan bykom nie.

Ek het geleer, dit maak nie saak hoeveel jy omgee nie, sommige mense bly maar esels.

Ek het geleer dat dit jare vat om vertroue te bou maar dat dit net agterdog, en nie feitlike bewyse nie, vat om dit te vernietig.

Ek het geleer dat jy met sjarme net tien minute kan wegkom, daarna moet jy goed bedeeld wees om te oorleef.

Ek het geleer om nie myself met ander te vergelyk, hulle is meeste van die tyd nog meer deurmekaar as ek.

Ek het geleer dat jy kan aanhou kots lank nadat jy gedink het jy kan nie meer nie.

Ek het geleer dat jy verantwoordelik is vir jou dade, tensy jy ‘n hooggeplaaste is.

Ek het geleer dat dit nie saak maak hoe passievol ‘n verhouding begin nie, wanneer die passie vervaag beter daar genoeg geld wees om te kompenseer.

Ek het geleer dat wanneer iets in die huis nie meer werk nie dit 99% van die tyd die kinders se skuld is.

OP ERNSTIGER NOOT:

Ek het geleer dat die mense vir wie jy die meeste omgee in jou lewe altyd vroeg weggevat word.

Die woordjie "jammer" is een van daai goed wat net nooit betyds is nie.

Jammer is die pleister op 'n onbesonne seer.

Passop wat jy sê: Vergeet kom met tyd maar vergewe is 'n lewenslange letsel.

Woorde is soos tandepaste. As dit eers uit die buisie is kan geen mens dit weer terugsit nie. Daar waar woorde val sal rowe bedek, maar die letsels sit verewig.

Die lewe is 'n lied. Maar die woorde word nie deur ander mense geskrywe nie. Elke outjie skryf sy eie lewenslied

Ek wens dat die lewe anders was. Dat mens die wysheid van 40 kan besit wanneer jy op 20 jouself in die huwelik bevestig.

Wyse Waarhede oor selfmoord:

Selfmoord is ‘n lafhartige daad maar dit kos ‘n man op ‘n perd en nie ‘n lafaard op ‘n vark nie, om selfmoord te pleeg.

Selfmoord neem al jou probleme en verantwoordelikhede van jou af weg, vermenigvuldig dit met ‘n duisend, en verdeel dit dan onder jou naasbestaandes in die vorm van onbeantwoorde vrae, selfverwyt en sielkundige marteling vir die res van hulle lewens.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« Reply #3 on: December 06, 2012, 03:11:54 AM »
bertha badprop:
* leef altyd so dat die negatiewe dinge wat ander van jou sê nie waar is nie

* ryk na die sterre, maar raak 'n hart hier

* bring 'n glimlag vir iemand anders, want dan kan jy dit nie van jouself weerhou nie

* doen alles in die oortreffende trap, veral lag, speel en leef

* gee meer en verwag minder

* vul jou dag met dinge wat jou lewe verryk, alles anders stem mens net morbied

* wees lief sodat ander jou kan liefhê

* respek is 'n boemerang vir mense wat dit gooi, maar 'n stok vir mense wat dit ignoreer

* glimlag vir die suurknolle, die ander glimlag reeds

* gee jouself 'n drukkie - net omdat jy kan

* gee 'n feitlike eerlike antwoord en hou jou opinie vir jouself

* haat is 'n kanker, maar liefde laat blomme groei

* geloof in die goeie maak drome realiteit

* bring lag vir die wêreld, daar is meer as genoeg fronse

* gee sonder om terug te verwag, want dan ontvang jy meer - jy ontvang dankbaarheid


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« Reply #4 on: December 06, 2012, 03:20:57 AM »
Bart:
* As jy jouself nie ken nie, wie sal?

* Jy kan dink wat jy wil, want niemand kan dit sien nie.

* Bêre jou geheime in jou kop, dis veilig daar.

* Neem ‘n foto van die lewe en probeer dit lewendig maak.

* Jy is wat jy is deur ander.

* As jy jouself verwyt, sal ander ook.

* Wees eers vir jouself lief en dan vir ander.

* Jy leef nie toevallig nie, want toeval bestaan nie.

* Deel liefde uit, want dit groei elke dag net sterker.

* Moenie liefde in ‘n kombers toedraai nie, liefde is warm en nie koud nie.

* Vergewe jouself want niemand anders sal dit vir jou doen nie.

* Maak jou beker gereeld leeg, as jy dit nie doen nie kan die inhoud dalk suur word.

* As jy niks het om te gee nie, gee iets van jouself.

* Praat soos 'n wenner, want dit laat jou in jouself glo.

* Moet nooit 70% van die waarheid vertel nie, want dan is dit nie die volle waarheid nie.

* Die sin van die lewe word nie gemeet aan geld en aansien nie, al dink ons so.

* Ek weet nie of ek ryk of arm is nie, want dit is realitief.

* Geld maak die lewe soms net meer geriefliker.

* Wanneer ek gee aan die wat dit nodig het, het ek ‘n vrede ontvang wat my elke dag staande hou.

* Is ek dalk so besig dat ek vergeet het hoekom ek hier en nou leef?

* 'n Klippie skaaf en dit word later 'n rouplek.

* Die sin van die lewe word nie gemeet aan geld en aansien nie, al dink ons so. Dit word gemeet aan dit wat jy en ek aan die lewe teruggee.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« Reply #5 on: December 06, 2012, 03:24:11 AM »
:love7: Kikkin: Hoe om die liefde te bewaar
 

* Luister, as sy jou iets vertel - speel haar spel, al moet jy soms tot tien op jou vingers tel.

* Fluister in haar oor, wat sy graag wil hoor dan kan jy met haar toor.

* Wys haar sy's 'n spesiale maatjie - dan is jou vaatjie, net `n six pack in `n groter laaitjie.

* Laat sy jou vertel, van dinge wat haar kwel.

* Gee haar nie verkeerde raad - wys haar jy`s nie kwaad.

* As sy begin smelt en vou, gebruik jou arms om haar toe te vou.

* Vertel haar terwyl jy haar so hou, sy`s die pragtigste vrou.

* Dan bly sy in jou kou want sy voel en hoor, waarvan sy hou.


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« Reply #6 on: December 06, 2012, 12:08:11 PM »
Besonders. Baie dinge hier wat 'n mens ter harte kan neem en in jou lewe toepas.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« Reply #7 on: May 08, 2016, 02:03:38 AM »
Elkeen was en is vir my nog steeds ook kosbaar liefste vriendin! Watter vreugde was dit nie om met die mandjie tussen lyne van geliefde maters te dwaal en met 'n ryke woordoes, skuur toe verkas vir die uitstal. Vandag kom ek weer 'n bietjie afstof en vertroetel elkeen in my hart.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wyse Waarhede & Oorlewings Brokkies
« Reply #8 on: July 22, 2016, 06:35:27 PM »
Dit is pragtig Raaitjie.  Ek sal jou altyd sien as die meisie met die mandjie om die woordblommetjies te oes en uit te deel, of is dit nou uit te stal sodat elkeen wat wil geniet, kan kom geniet. 

Om te weet is om te verstaan.