Author Topic: Die Kroeg se Tjoek  (Read 34405 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #45 on: May 30, 2018, 08:11:02 AM »
Ag nee, my maters, ver en wyd
Nou hou ek eensaam hier jolyt
Bring nou die vleis, maak hoog die vuur
Dan tel ons gou wie is al hier

Moet nou nie weer sag hier wegsluip
Naas, sit nou neer jou daggapyp!
PM sal jy die storie bring
As haasdas sesuur begin sing?

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #46 on: May 30, 2018, 09:44:33 AM »
Ek glimlag wyd
en pleit skuldig
my versies het algar gewyk
vermoed dit saam met daglig
oor die horison gekwyn
en voor die ouvrou kon dink aan dig
met 'n ietsie wat wou rym
was my liggie gedim
snik snik

 :icon_bigsmurf:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #47 on: June 10, 2018, 10:58:36 PM »
:munky2:
:crybaby2:
:dontknow:

En hier sit ek stoksielalleen
op 'n Maandagoggend
hou ek plek vir nog een

:icon_scratch:
:coffee2:
:hello:

 





Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #48 on: June 11, 2018, 05:30:01 AM »
Skuif op, skuif op, suster van ver!
En skop daai radio aan die bler!
Hier gaan dit algou vrolik
Vergeet ons Maandag se bloue olik!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #49 on: June 12, 2018, 02:50:16 PM »
Data is n probleem
Windows update het my geseën. :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #50 on: June 12, 2018, 10:14:13 PM »
O aarde, data kan rerig lol
Voor jy jou oë knip is daar ... f..sweet blow all!
Gaan sit dan maar eers in die hoek
En lees jou interessante boek

En skermpies wat opgradeer
Laat ek jou nou'n lessie leer:
Order jou blikbrein in die nag
Dan hoef jy nie in die hoek te wag!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #51 on: June 12, 2018, 11:48:54 PM »
Oi joi joi
geen data
no joy
 :crybaby2:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #52 on: June 16, 2018, 10:52:43 PM »
Anastasie, my liewe vriendin, baie dankie vir jou deelname.  Ek waardeer die lewe wat jy in die forum kom blaas het en my liefste forum vriende wat 'n groot aandeel daaraan het.  Jammer dat my lewe weereens 'n krom draai kom maak het, maar ek vertrou dat dit binnekort weer reg sal draai.  Dit doen mos maar altyd!

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #53 on: June 17, 2018, 07:39:49 AM »
Sie blikbrein het gebewe
'n blikbrein sonder lewe...
nou al oor 'n week later
en dis geen flater
het oom Naas
al honderde rande geblaas
windows10 , moet jy weet,
het al meer as 11 Gigabyte geeet.
Dag of nag dit maak net nie saak
as Naas aan sy rekenaar raak
Awol al sy data inderhaas
voor hy 'n kommentaar kan plaas.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #54 on: June 17, 2018, 05:05:25 PM »
Hoe lekker klap ek handjies saam
Soos Noorderliggie mos betaam
Want PM het hier in kom loer
En hoop ons gou sal sy hier boer

Ai Naas, jou beursie klink al leeg
Kom vat maar gou 'n vinnige teug
Van godenektar uit die glas
'n Woordecocktail net van pas

So sal ons sorge saam verdrink
En lekker leeglê en rinkink
So tussen petrolprys en las
Van data styg ons uit die as
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #55 on: June 20, 2018, 04:40:50 AM »
Julle ouens het nou my dag gemaak.  Ek het elke lyntjie ingeslurp en tot oorgawe geniet.  Ek hoop my krisis is nou oor.  Dan kan ek kom saam kuier. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #56 on: August 03, 2018, 01:47:47 AM »
PM, ons wag jou hoor! Ek sien daar dwaal twee siele deur die forumgang op die oomblik saam met my .... ek het solank drie glase afgestof en neergesit. Net vir ingeval iemand ook 'n versterking nodig het soos ek.

Dit is weer steek-en-wag-dag diekant van die aardbol. Niks te doen met 'warmbloedigheid' nie hoor!  :icon_bigsmurf:

Ek kom bietjie keelnatmaak en moed bymekaar skraap om pad te vat. Die ou tantetjie by die lab het die bewe-siekte aan haar maar weier om af te tree en sy steek vir jou voos voor sy 'n aar kry. Ek is nie die braafste oumens op sulke dae nie
:icon_bigsmurf:  :munky2: :snorting:
« Last Edit: August 03, 2018, 01:59:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #57 on: August 03, 2018, 04:34:15 PM »
Ag toggie Raaitjie, ek hoop dit is nou al verby.  Hannes sê hy het alle simpatie met jou, want hy was ook pimpel en pers gesteek om 'n drup aan te kry.  Hulle moes toe 'n drup in sy nek plaas.  (Onder narkose) 
Hier is vir jou 'n spens-siale drukkie vir jou matertjie. 
Ek is seker bietjie laat maar drink solank 'n wyntjie namens jou.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #58 on: August 04, 2018, 01:10:04 AM »
Ek het gou my wyn kom sluk. Dankie so baie PM  :love7: Ek verdrink vandag my sorge hier (in die gees lol) so pas 'n boodskap uit SA gekry dat my sus se kanker versprei het na haar bene en heupe. Hulle probeer nou reel om penne in te plant want anders gaan dit breek  se die spesialis.  Ons is almal bitter weens die feit dat die onkoloog openlik leuens vertel het oor haar tellings. Hoekom haar nie voorberei eerder op wat wag? Laat ek vir my nog 'n glasie gooi. Nee wag, ek vat sommer die bottel.
« Last Edit: August 04, 2018, 03:46:19 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #59 on: August 04, 2018, 02:12:04 AM »
Ek het nou 'n hele opstel getik van bedonnerdheid. Toe weer alles uitgevee.
Sterkte Ta Raaitjie... vir jou... en jou suster... en almal in hierdie wêreld wat help om, met hul laaste baklei om te lewe, 'n (on)gesonde mediese bedryf ekonomies te onderhou.
En daarmee moet ek myself dwing om my bek te hou.

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: August 04, 2018, 02:15:35 AM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.