Author Topic: Die Kroeg se Tjoek  (Read 34406 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #30 on: July 03, 2015, 11:57:46 AM »
Knyp ek myself
kan nie glo dat ek weer kan delf
tussen lyne en verse
van maters geliefd.
 :notworthy:

As jy hier lees en niks maak sin nie
druk asseblief weer die knoppie
dit is die woordkroeg, wat het jy verwag?
Hier strompel die abc tussen lyntjies lol.
« Last Edit: July 03, 2015, 12:00:31 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #31 on: July 03, 2015, 03:37:12 PM »
Ja, ek speel ook weer lekker met my  verbeeldingsmaatjies  :bunny: 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #32 on: May 28, 2018, 08:22:06 AM »
Ai, julle.  Maak hierdie lawwe versgesprekke my sommer vandag verdrietig!  Ons het darem deur die jare soveel lief en leed gedeel.  Dit was so 'n belangrike deel van my ...

Ek kom vandag weer hier vertoef
Die kroegdeur swaai oop ... sloef, doem sloef
Die woorde-eggos hang nog hier
Die glas getuig nog van sy bier

Nostalgie is 'n rare ding
Dit laat jou siel weer begin sing
Die was ons eie kleine 'Cheers"
Dit was ons kerk, ons kroeg ons 'wees'

"Where everybody knows your name"
En wat sal nou hiermee kan rym?
'n Frasier, Becca, Woody, Norm
Dit was ons plek om heen te kom

Stof af die toonbank, skink die bier
Ek hoop jul is gou almal hier
Om weer lighartig saam te lag
Met woordedisse in vol prag

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #33 on: May 28, 2018, 08:49:02 AM »
Nostalgie - praat jy wat tweetalig toor met die ABC. Ek knyp myself pimpel en pers, kan skaars glo ons vergaar weer in die forumkroeg se tjoek. Agter hierdie tralies is soveel lief en leed kreatief gedeel tussen lyne, dink ons verdien 'n oscar. Ek lig my glasie hoog en skrou onvroulik: Cheers vir nog meer sulke kuiers!
 :`ip2: :notworthy: :icon_salut:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #34 on: May 28, 2018, 08:52:17 AM »
En dan dink ek, moet een van ons nie die inisiatief neem en 'n boek saamstel waarin die goed kan verewig word in 'n nie-tegnologiese vorm, wat mens aan kan vat, op die boekrak sien, afstof, blaai, ruik, beleef nie?  En vir nageslagte nalaat nie?  Ek voel dit opbruis in my, die idee, die wens, die genooptheid, jong
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #35 on: May 28, 2018, 09:27:03 AM »
PM het mos lankal geskimp vir boek 3 en gese ons moet begin skryf. Oe wereld, hier kom 'n ding. Ek sal bitter graag betrokke wil wees by so erfenis. :hello2:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #36 on: May 28, 2018, 09:47:51 AM »
Ek sal in so boek wou fokus op die menslike aspek, die 'saamhoort' en die lewens petrol wat so 'n forum aan mens gebied het, met stukke daaruit.  Verskeie hoofstukke, elke 'n eie faset van die diamant (Ai, waar is Diamantjie en die Dief tog heen).  En 'n lighartige deel, die dieper deel, die bekgevegte ens.  My gedagtes en idees is op 'n oop galop
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #37 on: May 28, 2018, 09:54:59 AM »
Hou jou glasie dan skink ek vir ons nog 'n dop.... sien Naas dwaal ook deur die gange. Dalk steel hy gou 'n oomblik of twee en kom loer in.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #38 on: May 28, 2018, 10:00:16 AM »
Kom ek no hier aan in die kroeg se tjoek
Sien die mense praat hier van n boek
Maar hul het blykbaar vergeet
Hier kry ons jou beet
As jy versuim om te rym
.....
O vrek. daar verdwyn my rym
Al suig ek aan my duim.
Sal maar kyk
of jul rym of wyk...  :nono: :wave: :wave: :wave:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #39 on: May 28, 2018, 10:09:27 AM »
Ek probeer my lyntjies skommel en weer inspan
in rympies maar smaak my nie die ABC gaan saam speel
vanaand nie, so die uwe pleit skuldig en in die proses stof ek gou
'n glasie af en lig hom hoog op vriendskappe, kosbaarder as goud,
silwer en koraal. Cheers. Laat hy val tussen blaaie van nog 'n beplande boek
« Last Edit: May 28, 2018, 11:01:08 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #40 on: May 28, 2018, 10:10:32 AM »
Naas, ek's 'n meisie van my woord
Die liggie van die Helder Noord
'n Diamant wat helder blink
Nou toe, dis tyd dat jy sal skink!

Nou waar was ek nou-weer gewees?
O, ja!  Vir rym het ek geen vrees
Die woorde sal ek hier kom string
En hoop dat almal saam kom sing

Hier in die tjoekie-kroeg sal ons
Die nonsies-praat weer hoog laat bons
Hoog tyd, hoog tyd, lig hoog die glas
PM kom wys weer gou jou bas!   :pottytrain2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #41 on: May 28, 2018, 11:09:08 AM »
WHA HA HA HA
laat jy my lag voorwa...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #42 on: May 28, 2018, 12:22:24 PM »
Jy KROEK mos naas die smurf
Om net twee lyne aan te durf!
En hierdie ryme onder dwang
Word dalk jou laaste swanesang!

Perdalks voel jy iets aan jou kragie
Nog voor die bier val in jou magie
En word jy dalk hier uitgesmyt
En mis so al die groot jolyt

Komaan, jy sal moet beter vaar
Maak gou, 'happy hour' is amper daar
Ek wag hier in die hoekie
Op die groot rymdwanger kroekie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #43 on: May 28, 2018, 02:16:36 PM »
Ek sal nie moeilikheid soek nie
want ek issie 'n kroek nie
Sal maar my martelgat jas
om my groot maag pas
en mooi verskoning vra,
myself gedra
en wag vir daardie lekker dop
want dan is ek weereens uit die sop.


 :icon_bigsmurf:



Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #44 on: May 28, 2018, 02:46:51 PM »
Ou Naas, jy is vergewe
(jou size maak my broekie bewe)
Hou maar jou keel die heeltyd nat
Dan rym ons die meerkat uit die gat

En so van 'uit die gat' gepraat
Het jy dalk vir my bietjie raad:
Hoe kry ons al ons maatjies hier?
Miskien perdalks 'n gratis bier? :occasion14:

« Last Edit: May 28, 2018, 02:50:41 PM by Anastasia »
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!