Woordskuur > Dol Definisies

Idiotiese aanmerkings uit die IT bedryf

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
*Vanuit vraestelle:

'n Laserdrukker werk met bliksemstrale.

'n Muis is amper soos 'n joysticker net helemal anders.

'n Hacker is iemand wat in die skrum speel en 'n cracker is 'n soort koekie

Netiket beteken hou jou virusse vir jouself.

Videokonferensie beteken jy kan jou testament van onder af beheer as jy dood is.

'n Skootrekenaar is iets wat 'n sakeman saamvat as hy gaan piekniek hou.

'n Voordeel van die internet is dat 'n mens kan geld steel uit iemand anders se rekening

'n Nadeel van die Internet is dat mense sonder jou toestemming jou klere kan uittrek.

'n Monochroom-skerm vertoon swart en wit, of ook aambei.

'n Raaksensitiewe skerm is baie sensueel.

Die Y2K-probleem behels dat al die rekenaars sou mal word.

PM:
Dit is nou pret.  Ek is so bly ek het hierop afgekom. 
Soms plaas 'n mens iets en niemand antwoord daarby nie.  Kyk nou net, 6 jaar later, hier ontkiem dit nou.   :hello2:   Dit het ook al meer as 1000 blare.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Vir my maak die vreugde om te deel op vir die gebrek aan kommentaar. As niemand reageer nie wys die leserstal darem daar was spookspore op die erf getrap PM  :icon_biggrin:

PM:
Ek verstaan dat dit frustrerend is, maar asseblief, hier is 'n paar van ons wat al die bydraes baie waardeer. 
Ek sĂȘ dit weer, as jy nie woorde het nie, gooi net die handjie wat groet, dan weet ons jy was hier.   :wave:

Naas:
Ek het op 'n stadium by 'n groot lewensversekering maatskappy gewerk. Het IT ondersteuning landswyd gedoen. Telefonies.
Hier volg 'n paar "blapse"

Vrou bel my uit Transkei uit. Sy is die vloerondersteuner en hulle het 'n rekenaar wat nie wil werk nie. Ek vra of sy voor die rekenaar is.
Nee. Maar ek moet aanhou sy sit my deur en dan sal sy na die rekenaar gaan.
Ek wag 30 minute. Toe log ek maar die oproep en sit neer.
Twee ure later bel sy weer. Selfde storie. Na 20 minute gee ek op want sy mors ander mense se tyd.
Moedeloos verby bel ek die plaaslike IT maatskappy wat vir ons daat diens doen om te gaan kyk wat gaan aan.
Hulle rapporteer terug. Die kantore waar die probleem voorkom is amper twee kilometer uitmekaar. Sy bel my van kantoor 1, sit my deur na kantoor 2 en slaan dan voet daarheen. En soos dit in Afrika gaan groet en kuier sy eers met elkeen langs die pad

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version