Woordskuur > Dol Definisies

Dowwe Slimmighede

(1/6) > >>

Meraai vannie Baai:
Naas:
Wiskunde: PA/MA = BA²

Tuinslang: Dis 'n lang slap gat met 'n stuk rubber om.
Maak 'n sin met tuinslang. "My pa vang 'n tuinslang in die tuin en slaat hom met die hosepipe dood."

'n Viool is 'n klein kitaartjie wat met 'n stok gespeel word.

Klassieke musiek is die geraas wat die kondukteur se stok maak.

Musiek sal elektronies gemaak word want rekenaars het meer verstand en ritme as mense.

'n Strykinstrument is iets wat my ma gebruik om die klere plat te laat lê.

'n Slaginstrument kry jy in 'n slaghuis en is baie skerp.

Kleinboetie van die krokodil is die likkewaan.

Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies.

Die moffie broer van die krokodil is die daffodil.

En dan het die krokodil nog ‘n dooie boetie die frikkedil.

‘n Krokodil sonder ‘n stert noem ons ‘n rotweiler.

Baie ou krokodille suig die mense en bokke wat hulle vang dood. As jy hom eet, is hy ‘n krokosatie.

Studentemotor: 'n Kommando roeskolle wat in geslote formasie teen 'n slakkepas voortbeweeg.
"Nou wat prgaat djy nog. Mhy pa het 'n mini mette vee eight engin in. Elke tweede nawiek is die engin wee eit."

Koo Les Ter Hol voeltjies: As jy voëltjies varkvet voer het jy een van die dae 'n nuwe spesie van voëls op die plaas. Hulle is gewoonlik maklik om op te spoor. Volg net al die gebreekte boomtakke. Ek waarborg jou, hulle gaan diep spore in jou lewe trap.

Hakiesdraad: Dit is 'n ligte witblits wat jy in die drankwinkels te koop kry. Die bottel is maklik uitkenbaar omdat hulle 'n stuk hakiesdraad om die bottel gedraai het.

Annie:
Spesialis: 'n Spesialis is iemand wat al hoe meer van al hoe minder weet, tot hy later alles van niks af weet

bertha badprop:
Vergaderings: Die enigste plek waar sekondes vir ure lank op minutes (notules) vasgevang kan word.

Juenka:
Huweliksertifikaat - ‘n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk;

Vleisbraai - ‘n Partytjie waar die kos so in bietjie rou is en die gaste so ‘n bietjie gaar is

Baba - ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word;

Dieet - ‘n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word;

Gewete - Iets wat pla as alles baie lekker gaan;

Gesinsvakansie - Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom

Predikant - Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar;

Universiteitsgraad - Kwotansie wat ‘n kind ontvang vir die rekening wat Pa betaal het

Piet Magriet:
'n Babawaentjie: Verlede jaar se pret op wiele

Etenstyd: Die enigste tyd wat kinders nie wil eet nie.

Ouderdom : As jy jou emosies vir simptome verruil.

Wat is 'n gewete? Iets wat pla as dit baie lekker gaan. Myne is vertraag, dit pla eers as al die lekker verby is!

Uit die oude doos - 'n laatlammetjie!!!

Hoe kaler jonker... hoe stouter in die donker!

Meraai vannie Baai:
*Van die poskoets afgeval

William Shakespeare: Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf.

Peter Stuyvesant is ’n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook

Louis Pasteur het ’n manier uitgevind om dol honde gesond te maak

Enige meisie kan bekoorlik wees. Al wat sy moet doen, is om stil te staan en onnosel lyk.

Waar 'n (mooi) vrou is, is daar altyd moeilikheid.

Vroue is slimmer as mans; hulle weet minder, maar openbaar meer begrip.

As 'n man 'n katastrofe op sy pad teëkom, kyk hy in sy beursie; 'n vrou kyk in die spieël.

Die moeilikste ding in die lewe is om jouself te ken.

'n Man moet 'n sekere moerigheid in hom hê.

'n Man wat graag wil trou, moet of alles weet of niks.

Van al die wilde diere is 'n seun die moeilikste om te hanteer.

Kroeë is 'n plek waar malheid per bottel verkoop word.

Elke mens kan 'n fout maak, maar net 'n gek volhard daarmee.

Mislukking is 'n gebeurtenis, nooit 'n persoon nie.

Meraai vannie Baai:
FEITE (van die poskoets afgeval):
* As 'n onderwyser 'n fout maak, vee hy dit uit.

* As 'n tandarts 'n fout maak, trek hy dit uit.

* As 'n dokter 'n fout maak, begrawe hy dit.

* As 'n regter 'n fout maak, word dit wet.

* As 'n skoolkind 'n fout maak, kom hy volgende jaar terug

HASIE
Wat noem jy 'n deurskynende hasie? Spasie!

Wat noem jy 'n hasie in 'n pyp? Blokhasie

Hasie in die tuimeldroër? Spinhasie

Wat noem jy 'n hasie ini hospitaal? Operhasie!

En 'n hasie ini spur? Inspirhasie!

En hasies wat paar? Vibrhasie!

Wat noem mens 'n hasie met GPS? Navighasie

Wat noem mens 'n rugby hasie? Paashasie

'n Halwe hasie? 'n Sie

'n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? Oksidhasie

'n Walt Disney Hasie? Animhasie

'n Vuvuzela Hasie? Gerhasie

Wat noem 'n mens 'n hasie op 'n telefoon? Kommunikhasie

Wat noem 'n mens 'n losbandige hasie? 'n Flirthasie

Wat noem 'n mens 'n hasie wat preek? 'n Kanselhasie!!!!

Wat noem jy 'n ryk hasie? Inflhasie!!

'n Hasie wat Boer? Plasie...

Wat noem mens 'n siek hasie? Inflamhasie

Wat noem jy 'n hasie wat oorsee gaan?.... Immigrhasie

Wat noem jy 'n hasie met spuitpoep? Purghasie!

Iemand wat heeltyd hasie grappies aanstuur? Irrithasie

Meraai vannie Baai:
Naas
Hoe weet 'n mens (beide geslagte) as jy die stryd teen gravitasie verloor het?
* Jou dubbelken hang op jou borste

* Jou borste hang op jou maag

* Jou maag hang ook oor iets

* Daai iets hang op jou knieë

* Jou knieë hang op jou enkels

* En jou enkels? Hulle sleep oppie grond.

Dus, solank jou enkels nie deursleep oppie grond nie is jy nog reg!

Juenka:
Wat is 'n senuweewrak? 'n Man met 'n huispaaiement, 'n motorpaaiement, 'n vrou en 'n skelmpie –
EN ALMAL IS 'N MAAND LAAT!!

:toothy4: Parodie vir die ou en nuwe Suid Afrika:
Kabouterland word : African village.

Goue Lokkies word : Dreadlocks.

Hansie & Grietjie word : Sipho & Thandi.

Jan En Die Boontjierank word : Mugabe En Die Daggabos.

Liewe Heksie word : Lovely Felicity.

Rooikappie word : Swartkappie.

Die Wolf word : Thôkeloshi.

Die 3 Varkies word : Goodness, Gift en Precious.

Barbie word : Modjadji.

Little Mermaid word : Little Maid.

Die Smurfies word : Die freedom-fighters.

Die Kabouters word : The Youth League.

Feetjieland word : Little Soweto

Fransi:
 :icon_biggrin: Ek het my nou gate uit geniet.  :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version