Author Topic: MUSKIETE JAG  (Read 2181 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
MUSKIETE JAG
« on: November 12, 2021, 04:37:43 AM »
MUSKIETE JAG
A.D. Keet
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net ‘n bloedkol bly
Hier teen my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.
 
Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
Jy moet tog ééndag sterwe.
 
Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nòg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie...
 
Hoe sedig sit hy, o die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nòu gaan die vabond sterwe.....
Pardoef! Dis mis! daar gaan hy weer!
Maar dóód sal hy, sowaar ek sweer -
My naam is van der Merwe.
« Last Edit: November 12, 2021, 04:40:58 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: MUSKIETE JAG
« Reply #1 on: November 12, 2021, 04:43:19 AM »
Die vervlakste muskiete het my opgevreet.  Dit was half drie vanoggend. Ek moes opstaan en weghol voordat hulle my by die deur uitdra en buite heeltemal opvreet.  Toe kom kuier ek maar hier op die forum. 
Watter gedig is meer van pas as AD Keet se Muskiete Jag?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: MUSKIETE JAG
« Reply #2 on: November 12, 2021, 10:29:05 AM »
Ek verbeel my (of dit is die 2de glasie vog) dat Naas iewers ook iets Langenhoven-styl kwytgeraak het oor muskiete??  :dontknow:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: MUSKIETE JAG
« Reply #3 on: November 12, 2021, 10:49:12 AM »
Ek het nou deur al 6 bladsye van Naas se titels geblaai en kon niks sien nie.  Naas!!!  Naaaaaas!  Naaaasssssss!





Om te weet is om te verstaan.