Author Topic: My hart - Suid-Afrika  (Read 8705 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
My hart - Suid-Afrika
« on: December 04, 2012, 10:07:13 AM »
Vier seisoene     wat kontrasterend teen mekaar afspeel
wat verandering     'n gegewe maak.
Die dissa en kraanvoël     ook die blom
proteas teen die berg se hang
haak en steek en kremetart in die veld
doringbome op die vlaktes,
en wilgers op die rivier se oewer,
kleimure en dekgras, 
berge     valeie     heuwels
see en woestyn.
Sonsopkoms en weer onderdergaan,
skemer- en oggendlig,
aand- en môrester,
die melkweg     die suiderkruis     suikerbosrand
en die maan. 
Die springbok     koedoe     bosbok en eland,
volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.
Dan wil ek ook onthou-
die roep van Piet my Vrou.
Vetkoek     pannekoek
koesusters     mosbeskuit     biltong en boeretroos. 
Dit is my hart     my land     my Suid-Afrika. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #1 on: December 04, 2012, 04:36:38 PM »
Pragtig geskryf. Soveel mooi rondom ons en soveel kosbare herinneringe.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #2 on: December 04, 2012, 08:49:57 PM »
dit roep pragtige beelde op   :hello2: 

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #3 on: December 04, 2012, 09:30:20 PM »
Dit is so eie, so Suid-Afrka!  So kontrasterend!  Ek lief my land en sy mense! 
« Last Edit: December 05, 2012, 08:20:45 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #4 on: December 04, 2012, 11:55:20 PM »
Ekke kom nederig 'n kroon op hierdie lyne plaas matertjie!!!! Lief dit. Jy het werklik die witspasie skryftegniek, vervolmaak!!  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #5 on: December 05, 2012, 08:24:03 AM »
Dankie Raaitjie.  Hierdie woorde het sommer net gevloei sonder om te dink of 'n jota of titel te verander.  Dalk kort dit 'n bietjie "spoegies".
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #6 on: December 05, 2012, 08:46:51 AM »
Not te tiekie kort dit ietsie! Lief hom soos hy uit jou pen gevloei het  :notworthy: :icon_salut:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #7 on: December 09, 2012, 12:21:29 AM »
Dis prag verby na heelmooi-se-mooiste-mooi! 

ek wonder net hoekom:

"volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal."

het jy Jannietjie fiksaal met 'n hoofletter .. maar arme volstrus en patrys, troupant en fsiant en die rooikophoutkapper in nederigheid behou met klein letters


maar ek lief die gedig ... en selfs ek kon die witspasies LEES en VOEL ... of jy het gegroei of ek het geleer ... of dalk altwee  :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #8 on: December 09, 2012, 07:09:59 AM »
Ek het gedink Jannietjie is 'n naam, dink julle dit moet 'n kleinletter wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #9 on: January 23, 2013, 09:47:45 AM »
Dit is 'n naam en ek dink hoofletter is dus gepas!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #10 on: February 02, 2013, 05:22:34 PM »
Hierdie bly vir my 'n pragwerk. Net weer kom lees. :-)

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #11 on: February 02, 2013, 06:30:01 PM »
Natuurlik is dit gepas ...
net gedink Volstruis is Volstruis se naam
en Patrys is Patrys se naam soos
Jannietjie fiskaal se naam is .... maar dis reg

ek lief die gedig nes dit is ... ek het ook weer gelees  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #12 on: February 03, 2013, 08:16:27 AM »
Dankie Fransi. 
Ek hoop ek is reg Willa, die slimmes moet maar kom praat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #13 on: February 03, 2013, 08:33:36 AM »
.....
Die springbok     koedoe     bosbok en eland,
volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.

ek dink die kleinletters is reg want onthou, jou reel begin met 'Die' en eindig dan net met een spesie wat 'n regte naam het en dit mooi afsluit.

kyk ook hierna...

"haak-en-steek" moet dalk strepies kry anders beteken dit niks want dit lyk asof dit ook twee begrippe moet wees? ook "Piet-my-Vrou"

"Sonsopkoms en weer onderdergaan,"

"koesusters"  moet wees koesisters.

en ek hou net meer van jou gedig, sou sommer met 'n ! eindig.


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My hart - Suid-Afrika
« Reply #14 on: February 03, 2013, 08:45:17 AM »
 :hello2:  Baie dankie Adéle!  Ek lief jou.  Gaan gou die nodige veranderinge aanbring en dit dan weer kom plaas.  Baie dankie matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.